{"title":"Algemeen - Christelik Kinders","description":"","products":[{"product_id":"9781431622511","title":"77 Verse om te onthou vir kinders","description":"\u003cp\u003eKinders tussen 5 en 8 jaar sal dit geniet om op hierdie prettige manier 77 sleutelteksverse in die Bybel te memoriseer. Hulle lees eers die teksvers, dan skryf hulle dit neer en daarna kleur hulle die pragtig ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te saai. Ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+CUM\" class=\"contributor-link\"\u003eCUM\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"CUM","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377254809763,"sku":"9781431622511","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431622511_32f7eb93-991f-4861-ae44-701cb3fcc181.jpg?v=1776536701"},{"product_id":"9781431625079","title":"Bybelvrae En Antwoorde Vir Kinders","description":"\u003cp\u003eKinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom moet ek bid?\u003cbr\u003eDit is soms moeilik om te antwoord op eerlike soos dié. Bybelvrae en antwoorde vir kinders is 'n handige hulpmiddel vir saamlees of selflees. Dave Strehler, 'n gerespekteerde skrywer met jare lange ervaring in kinderbediening, gee toepaslike Bybelgebaseerde antwoorde op meer as 80 vrae wat kinders vra oor God, geloof en die Bybel.\u003cbr\u003eElke vraag bevat genoegsame Skrifverwysings, ŉ kort bespreking asook ŉ interessante veelkeuse-vraag wat kinders self kan antwoord. Twee woordraaisels is ingesluit wat kinders uitdaag om al die name van die boeke in die Ou en Nuwe Testament op te spoor. Daar is ook 'n afdeling met kort opsommings van elke boek van die Bybel, met sleutelverse uit die boek wat gememoriseer kan word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dave+Strehler\" class=\"contributor-link\"\u003eDave Strehler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dave Strehler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379525599395,"sku":"9781431625079","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625079_2e629d53-e368-4986-b84b-4d8f09cf77e6.jpg?v=1776536857"},{"product_id":"9781431625949","title":"Die krag van 'n biddende meisie","description":"\u003cp\u003eDeur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag gebedstryders leer hoe om met God te praat. In Die krag van ’n biddende meisie ontdek ampertiener-meisies tussen 8 en 12 méér as net hoe om met God te kommunikeer. Hulle sal ontdek hoe lief God hulle het, wat hulle ware geestelike identiteit is, wie Jesus is en hoe hulle Hom as hulle Verlosser kan aanvaar. Elke hoofstuk het eenvoudige vrae om meisies in hulle geloof te help groei, met plek om hulle antwoorde neer te skryf. Vat hande met Stormie en help ampertiener-meisies om die lewensveranderende krag van gebed te ontsluit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stormie+Omartian\" class=\"contributor-link\"\u003eStormie Omartian\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stormie Omartian","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380091175075,"sku":"9781431625949","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625949_66e83cfc-8022-4c2e-bcf9-833954e661c9.jpg?v=1776536921"},{"product_id":"9781776355129","title":"Engele om ons Joernaal","description":"\u003cp\u003e“Engele is oral om ons, altyd, selfs in ons asem.” - Eileen Elias Freeman\u003cbr\u003e'n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders (veral meisies) bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is 'n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur 'n pragtige bladuitleg en illustrasies.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wendy+Maartens\" class=\"contributor-link\"\u003eWendy Maartens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wendy Maartens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380318847139,"sku":"9781776355129","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776355129_978ff7bc-38a3-4e32-a7f9-d0cf69b945d4.jpg?v=1776583324"},{"product_id":"9781776351596","title":"Koningsdogters (1) : Ragab","description":"\u003cp\u003eVan kleins af weet Ragab sy is anders. Terwyl die stad om haar vol geweld en sonde is, hoor sy die God van Israel se stem en sy weet sy is geroep om deel van Sy volk te wees. Maar niemand wil haar glo nie, en haar ouers raak net kwaad as sy met hulle daaroor praat. Selfs toe sy grootword en as ’n gesellin in die stad moet werk terwyl oorlog broei, hou sy vas aan die belofte dat die God van Israel haar gaan red. Toe twee Israelitiese spioene eendag in Jerigo opdaag weet sy dis die antwoord op haar gebed, maar daar wag nog ’n groter toets van haar geloof.\u003cbr\u003eHierdie pragtig geïllustreerde hervertelling van die storie van Ragab is vol hoop en inspirasie vir meisies, in die styl van 'n grafiese roman. Dit is die eerste boek in ’n nuwe reeks oor vroue van die Bybel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anzil+Kulsen\" class=\"contributor-link\"\u003eAnzil Kulsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Alistair+Ackermann\" class=\"contributor-link\"\u003eAlistair Ackermann\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anzil Kulsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380555071651,"sku":"9781776351596","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351596_cb6e4292-4796-4538-a713-f4c59d9486de.jpg?v=1776582661"},{"product_id":"9780796323552","title":"Eendag is te ver","description":"\u003cp\u003eJonkwees is 'n superpower.\u003cbr\u003eDwarsdeur die geskiedenis was dit dikwels juis jongmense wat die groot verskil gemaak het.\u003cbr\u003eJesus het nie vir kinders gesê word groot nie, Hy het vir grootmense gesê word klein. En dis goeie nuus. Ook vir tieners en studente wie se bydrae tot die samelewing vandag dikwels onderskat word. Te veel jongmense glo die leuen dat jy eers klaar moet wees met skool - en verkieslik 'n graad moet hê voor jy aan die groter gesprekke kan deelneem en 'n verskil kan maak.\u003cbr\u003eVra nou al groot vrae, leer die belangrikste geloofsgewoontes aan, sien die die misterie van God se teenwoordigheid op nuwe plekke raak en neem deel aan Jesus se rewolusie van hoop.\u003cbr\u003eDaar is voordele aan jonkwees, tyd is kosbaar en eendag is eenvoudig te ver!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Strydom\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Strydom\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Strydom","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382645538979,"sku":"9780796323552","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323552_059cb4d6-577d-4575-a8fb-4190de5f27d2.jpg?v=1776500578"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/algemeen-christelik-kinders.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}