{"title":"BINNEKORT","description":"","products":[{"product_id":"9780798186094","title":"Die storie van Noag se ark","description":"\u003cp\u003eHerontdek die tydlose verhaal van Noag se ark!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer God vir Noag vra om 'n reusagtige ark te bou, maak Noag diere van regoor die wêreld bymekaar. Wanneer die groot vloed kom, skuil mens en dier veilig binne die skip, maar sal hulle ooit weer droë grond sien? En watter teken sal God vir hulle van Sy belofte stuur?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie klassieke storievertelling met opwiptonele sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor God se liefde en wat dit beteken om jou geloof uit te leef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+North+Parade+Publishing\" class=\"contributor-link\"\u003eNorth Parade Publishing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"North Parade Publishing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584922402979,"sku":"9780798186094","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186094_5191abd0-7e29-4d45-ad68-c0f0b7598177.jpg?v=1776803592"},{"product_id":"9780798186117","title":"Helde van die bybel","description":"\u003cp\u003eHerontdek die legendariese stories van ses Bybelse helde!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer jong Dawid teen Goliat te staan kom, wanneer Simson sy ongelooflike krag wys, en wanneer ander helde op God vertrou, ontvou wonderlike avonture wat met pragtige opwiptonele en illustrasies lewendig word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLees hoe Josua en Gideon die Israeliete lei en vreeslose Daniël 'n nag saam met die leeus spandeer. Sal ons helde die krag vind om onmoontlike uitdagings te oorkom?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eElke bladsy is 'n nuwe avontuur met opwiptonele wat jong lesers sal boei terwyl hulle leer wat dit beteken om werklik op God te vertrou.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+North+Parade+Publishing\" class=\"contributor-link\"\u003eNorth Parade Publishing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"North Parade Publishing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584922566819,"sku":"9780798186117","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186117_fbbe1a2c-14a6-4a4d-ac05-04726ad9b96b.jpg?v=1776803597"},{"product_id":"9780796323699","title":"Meer van U, Heer","description":"\u003cp\u003eOns almal soek na 'n anker vir ons siel in hierdie wêreld wat konstant om ons aandag meeding, waar die geraas van die alledaagse lewe ons gees oorweldig en waar onseker tye ons hart met vrese vul.\u003cbr\u003eMeer van U, Heer deur Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai en 'n bekende smaakmaker, is 'n reisgenoot wat jou sal lei op 'n transformerende reis van geloof, vertroue en geestelike groei.\u003cbr\u003eFarren ondersoek dinge wat vroue se harte aanraak en hul daaglikse lewe beïnvloed. Elke dag bevat 'n Skrifgedeelte om te lees, 'n oordenking en 'n gebed wat saamwerk om jou hart te vorm en jou geloof te versterk.\u003cbr\u003eBegin vandag jou reis. Laat hierdie boek jou lei van onsekerheid na vertroue, van vrees na geloof, van inwaartse fokus na uitwaartse sending.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Farren+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eFarren Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Farren Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979982499,"sku":"9780796323699","price":234.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780796323699_426c681c-1b8d-4e7b-b576-96c33f9b1b10.jpg?v=1777753910"},{"product_id":"9780798186209","title":"Donkerhart","description":"\u003cp\u003eNá haar tweejarige dogter, Mia, se raaiselagtige verdwyning ses jaar gelede, worstel Tilla Allers steeds met erge PTSS. Die veroordeelde reeksmoordenaar Ricky Erwee is agter tralies, maar klein Mia se oorskot is nooit gevind nie.\u003cbr\u003eTilla het haar veeartsenypraktyk prysgegee en haar tienerdogter, Petra, by haar eksman Altus en sy nuwe vrou agtergelaat om 'n kluisenaarsbestaan op die familieplaas naby Bremel in die Vrystaat te voer.\u003cbr\u003eWanneer Jonker Cloete, 'n jong filmmaker van Nieu-Seeland, sy opwagting op Bremel maak om 'n dokumentêr oor Mia se verdwyning te vervaardig, begin die dorpenaars hul herinneringe opdiep en spekuleer oor wat presies in 2019 gebeur het.\u003cbr\u003eTilla se grootste vrees is dat haar kind se oorskot wel gevind sal word en haar sorgvuldig gekonstrueerde lewe inmekaar sal laat tuimel indien sekere verborge familiegeheime aan die lig kom.\u003cbr\u003eDonkerhart is 'n onthutsende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Henda+Olivier\" class=\"contributor-link\"\u003eHenda Olivier\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Henda Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620980015267,"sku":"9780798186209","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798186209_cc03b9ea-9877-41d3-b99d-43a67227dcde.jpg?v=1777753898"},{"product_id":"9780798186353","title":"Opwipsprokie: Raponsie","description":"\u003cp\u003eRaponsie woon hoog bo in 'n heks se toring. Sy ken geen ander lewe nie—totdat sy 'n goedhartige prins ontmoet wat haar wys hoe vryheid lyk.\u003cbr\u003eIn hierdie vertelling van die immergroen sprokiesverhaal vou die tonele voor jou in 3D oop. Elke bladsy is 'n nuwe avontuur met illustrasies wat jong lesers sal boei.\u003cbr\u003eVerken die afgeleë toring, die digte woud en Raponsie en die prins se gelukkige einde in hierdie geliefde toevoeging tot die bekende Opwipsprokie-reeks.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+North+Parade+Publishing\" class=\"contributor-link\"\u003eNorth Parade Publishing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"North Parade Publishing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620980113571,"sku":"9780798186353","price":239.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798186353_56c86e03-07ec-4d2a-8310-fdd418adbfcd.jpg?v=1777753868"},{"product_id":"9780798186360","title":"Die storie van Moses","description":"\u003cp\u003eVolg Moses se lewe van die oomblik toe hy as baba in die rivier gevind is tot waar hy oor die Beloofde Land uitkyk, met tonele wat voor jou in 3D oopvou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eElke bladsy is 'n nuwe avontuur, met illustrasies wat jong lesers sal boei. Hierdie toevoeging tot die Bybelopwip-reeks sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor die profeet wat van aangesig tot aangesig met God gepraat het—en wat dit beteken om jou geloof uit te leef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+North+Parade+Publishing\" class=\"contributor-link\"\u003eNorth Parade Publishing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"North Parade Publishing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620980080803,"sku":"9780798186360","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798186360_d5c05582-a1be-4749-b16e-09015989d041.jpg?v=1777753846"},{"product_id":"9780798186131","title":"My eerste klanke: Diere","description":"\u003cp\u003eOntdek die diereryk met regte dieregeluide!\u003cbr\u003eVyf pragtige geluide vang die diversiteit van die wêreld se diere vas. Van olifante wat trompetter en leeus wat brul tot papegaaie wat raas - jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.\u003cbr\u003eMet foto's en eenvoudige feite oor apies, verkleurmannetjies, luidiere en meer, moedig hierdie boek visuele en ouditiewe leer aan. Dis perfek om kinders se woordeskat uit te brei en 'n egte liefde vir die natuur te bevorder.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+North+Parade+Publishing\" class=\"contributor-link\"\u003eNorth Parade Publishing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"North Parade Publishing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47624375763107,"sku":"9780798186131","price":257.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798186131_c8498cf0-3ba1-4fa0-951e-224b7457a572.jpg?v=1777925084"},{"product_id":"9780798186155","title":"My eerste klanke: Die see","description":"\u003cp\u003eOntdek die see met regte dieregeluide!\u003cbr\u003eBring die see huis toe met vyf pragtige geluide wat die klanke van die see vasvang. Van walvisse wat sing en pikkewyne wat plons, tot seemeeue wat raas - jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.\u003cbr\u003eMet foto's en fassinerende feite oor seeskilpaaie, jellievisse, seekatte en meer, moedig hierdie boek beide visuele en ouditiewe leer aan. Dis perfek om kinders se woordeskat uit te brei en 'n egte liefde vir die see te bevorder.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+North+Parade+Publishing\" class=\"contributor-link\"\u003eNorth Parade Publishing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"North Parade Publishing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47624375828643,"sku":"9780798186155","price":257.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798186155_f0192f72-b0c7-449f-ac6b-b17e2bc58523.jpg?v=1777925062"},{"product_id":"9781779881182","title":"My hart klop so","description":"\u003cp\u003eRachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish!, waar sy kykers se harte verower het. In haar boek My hart klop so deel sy haar besondere lewensverhaal en haar pad van geloof, roeping en identiteit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn haar vroeë twintigs moes Rachelle 'n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met 'n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as 'n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rachelle+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eRachelle Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rachelle Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47739761524899,"sku":"9781779881182","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780008810139_ba46561c-d6d3-46a1-a081-73caf73893cb.jpg?v=1780638719"},{"product_id":"9781779860606","title":"Jagspinnekop","description":"\u003cp\u003eMoeg vir 'n koue bed? Ons ken net die plek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSmooch is 'n gewilde platform vir mense opsoek na ... meer. Daar kan jy wees net wie jy wil. Sê net wat jy wil. Flankeer met wie jy wil.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar Suzette Fourie weet daar is 'n donker kant aan hierdie interaksies. As profileerder weet sy van die moorde. Vrouens uit die voorstede van Kaapstad. Elkeen ongelukkig met hulle liefdeslewe. Elkeen vermoor en gevind in 'n veld. Elkeen gemerk met die grillerige kenteken van die moordenaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie media noem hom die Jagspinnekop. En Suzette weet hy gebruik hierdie platforms as sy jagveld. Dis waar hy weerlose vrouens opspoor. En sy aptyt blyk eindeloos. Nou moet sy hom plattrek voor hy sy tande in die volgende slagoffer kan slaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJagspinnekop is 'n...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Erla+Diedericks\" class=\"contributor-link\"\u003eErla Diedericks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Erla Diedericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47777646280867,"sku":"9781779860606","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/rn-image_picker_lib_temp_58965c67-8c76-47df-af4b-e77a7b8a6471.png?v=1781725861"},{"product_id":"9780637009560","title":"Maleierkind: Stories uit die Bo-Kaap","description":"\u003cp\u003eMaleierkind is 'n bundel van verhale wat die geskiedenis, mites, legendes en volksverhale van die Bo-Kaap vertel. Die stories gee erkenning aan die slawe en hul afstammelinge wat vanuit die Ooste na die Kaap gebring is en later 'n groot bydrae tot Afrikaans en Suid-Afrikaanse kultuur gemaak het.\u003cbr\u003eDie boek sluit bekende verhale in soos: 'Gadiza en die waterprinses'\u003cbr\u003e'Doederomandro'\u003cbr\u003e'Die drie broers en die blou voëltjie'\u003cbr\u003e'Kasim en die mensvreter'\u003cbr\u003e'Boer en Jakkals'\u003cbr\u003e'Die prinses en die goue vis'\u003cbr\u003eElke storie vertel 'n unieke verhaal van dapperheid, eerlikheid, liefde en hoop.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wendy+Maartens\" class=\"contributor-link\"\u003eWendy Maartens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wendy Maartens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47807183454371,"sku":"9780637009560","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780637009560.jpg?v=1782391890"},{"product_id":"9780798185448","title":"Van man tot man","description":"\u003cp\u003e\u003cem\u003e\u003cstrong\u003eFrom Man to Man\u003c\/strong\u003e\u003c\/em\u003e word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, onder meer een deur Dorothy Driver, met 'n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié meesterstuk van Schreiner versorg en verwerk, en self 'n gepaste slothoofstuk geskryf.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cem\u003e\u003cstrong\u003eVan man tot man\u003c\/strong\u003e\u003c\/em\u003e is 'n besonder leesbare roman, en 'n belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse letterkunde. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van 'n kontemporêre roman, en nie van een wat sy aanvang reeds in 1873 gehad het nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit speel af in die 1860's en handel oor twee susters wat groot word op 'n plaas in die Groot-Karoo.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie roman is uit Engels vertaal deur die bekroonde digter \u003cem\u003e\u003cstrong\u003eAntjie Krog\u003c\/strong\u003e\u003c\/em\u003e.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Olive+Schreiner\" class=\"contributor-link\"\u003eOlive Schreiner\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Olive Schreiner","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47807184011427,"sku":"9780798185448","price":342.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779992116.jpg?v=1782391986"},{"product_id":"9780624096580","title":"Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie","description":"\u003cp\u003eTerwyl Ali, Mieke en Lena lourierblare teen Tafelberg se hange soek, kom hulle op ŉ gloeiende oranje klippie af. Nooit sou hulle kon raai tot watter kaskenades dit sou lei nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar hoog bo Kaapstad ontmoet hulle vir BOBBOB, en so begin ŉ opwindende avontuur deur die Moederstad. Tussen klippies, blomme en speserye ontdek BOBBOB nóg vreemde gewoontes van die aardbewoners.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar dan is daar 'n glipsie in die Bo-Kaap . . . iets wat met enige robot kan gebeur. En hulle sit met 'n baksel bobotie wat warmer is as ŉ kaboem-krater!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBOBBOB en die kinders is vasgevang in ŉ vuurwarm brandbekkompetisie wat lesers se oë gaan laat traan van die lag.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marion+Erskine\" class=\"contributor-link\"\u003eMarion Erskine\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hel%C3%A9ne+de+Clercq\" class=\"contributor-link\"\u003eHeléne de Clercq\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bobbob\" class=\"contributor-link\"\u003eBobbob\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Bernard+de+Jager\" class=\"contributor-link\"\u003eBernard de Jager\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marion Erskine,Heléne de Clercq,Bobbob","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830981116067,"sku":"9780624096580","price":167.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624096580.jpg?v=1782996816"},{"product_id":"9780624096641","title":"Waar die teerpad ophou","description":"\u003cp\u003e'n Eerlike en meesleurende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande per motorfiets deur Afrika ry, van Pretoria tot Spanje.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat as 'n avontuur begin, ontwikkel vinnig tot 'n diepgaande reis deur uiteenlopende landskappe, geskiedenisse en menslike ervarings. Die tog is vol fisieke uitdagings - diksand, reënstorms, grensposte, tegniese probleme en onvoorspelbare paaie - maar ook oomblikke van gasvryheid en menslikheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeur Namibië se stilte en Angola se wonde word die skoonheid en pyn van die kontinent sigbaar. Terselfdertyd ontvou Cooper se innerlike reis. In die middel van 'n midlife-krisis bevraagteken hy sy identiteit, sy huwelik, begeertes en werk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl die vriende saam val, lag en volhard, word hulle gedwing om nie net Afrika nie, maar ook hulself en mekaar opnuut te leer ken.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jean+Cooper\" class=\"contributor-link\"\u003eJean Cooper\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jean Cooper","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830981345443,"sku":"9780624096641","price":306.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624096641.jpg?v=1782997196"},{"product_id":"9780796324023","title":"Uit die Beek 2027","description":"\u003cp\u003eHy dra ons altyd. Elke dag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Uit die Beek* bied al generasies lank geestelike leiding en inspirasie vir gelowiges. Hierdie jaar is ons tweede jaar in die reis van vier jaar wat ons deur die Bybel lees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie uitgawe lees ons uit Eksodus, die Psalms, Spreuke, Rigters, Job, Amos en Jeremia. In die Nuwe Testament lees ons uit Matteus, Hebreërs, Efesiërs, Jakobus, 2 Korintiërs en Filemon.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoos gewoonlik word die belangrikste seisoene van die kerkjaar in ag geneem met 'n spesiale boodskap vir Lydenstyd, Paasfees, Pinkster, Koninkrykstyd, Advent en Kersfees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMag jy, liewe leser, vanjaar opnuut hoor dat jy aan Jesus Christus behoort, dat die Here by jou is, dat sy genade vir jou genoeg is en dat Hy jou dra.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Uit die Beek 2027* is the 102nd edition of this well-loved devotional. We have 365 daily devotionals by well known and respected theologian Stephan Joubert. 2027 is the 2nd year of the four-year Bible reading plan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stephan+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eStephan Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stephan Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830981476515,"sku":"9780796324023","price":252.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780796324023.jpg?v=1782997132"},{"product_id":"9780798185875","title":"Rillers: Omnibus 2: Donkerwoud + Hospitaaltyd","description":"\u003cp\u003eOntdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is, met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn **Hospitaaltyd** word Rudi deur 'n geheimsinnige brief in 'n lokval gelei. Daar is al drie kinders van sy skool deur 'n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Maar hoekom tree die kinders so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? En nou is Rudi dalk die volgende slagoffer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn **Donkerwoud** kom die tweelingbroers Tiaan en Rolf gou agter die woud rondom hul eksentrieke Tante Olga se huis steek 'n donker geheim weg, wanneer grieselrige stemme uit die bome begin roep . . . 'n Geheimsinnige meisie lok Tiaan tydens 'n hewige storm tussen die digte bome in, en wanneer hy spoorloos verdwyn, moet sy familie die spookagtige bos trotseer om hom te vind voordat dit te laat is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn as 'n ekstra bonus is daar 'n skakel na twee splinternuwe, gratis luisterstories!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830981640355,"sku":"9780798185875","price":198.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798185875_38f0cb9a-0feb-4db7-ad64-3801c79fd962.jpg?v=1782996977"},{"product_id":"9780798186278","title":"Karoowildsvleis","description":"\u003cp\u003eWanneer wildsvleis reg verwerk word, is dit van die smaaklikste dinge wat jy op jou bord kan hê. En wie kan nou 'n sappige stukkie Karoowild weerstaan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn dié boek neem Annatjie, huishoudkundige en Karookind, en Lynne jou op 'n wildsreis en wys jou al die truuks - van verwerking en bevriesing tot gaarmaakmetodes.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek is ingedeel volgens snitte, met lipafleklekker resepte vir elk. Geroosterde steakblokkies met knoffelsous, biltonghappies, ontbeende wildsbladrol, gerookte wors, Karookerrie en selfs bobotie en lewerkoekies staan hul plek vol. En natuurlik wildspastei - almal se gunsteling.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy sal alles en nog meer in dié boek kry, van die klassieke treffers tot dié met 'n lekker twist.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek hoort in elke kombuis, so kry jou voorskoot en beïndruk jou gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lynne+Minnaar\" class=\"contributor-link\"\u003eLynne Minnaar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annatjie+Reynolds\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnatjie Reynolds\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lynne Minnaar,Annatjie Reynolds","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830981673123,"sku":"9780798186278","price":351.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798186278.jpg?v=1782997068"},{"product_id":"9781779881762","title":"My gunsteling gebedsjoernaal","description":"\u003cp\u003eMy gunsteling gebedsjoernaal is 'n pragtige metgesel vir jou stiltetyd, met handige notas oor gebed gebaseer op die Woord. Hierdie joernaal moedig nadenke oor dankbaarheid, voorbidding, gebedsversoeke en Bybelverse aan om die leser tot 'n dieper verhouding met die Here te lei.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet elegante blomontwerpe, 'n SOS Skrifgids, 'n lys van gebede uit die Bybel en plek om beantwoorde gebede aan te teken, sal hierdie kreatiewe joernaal gelowiges inspireer en motiveer in hul daaglikse gesprekke met God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBeleef hernude hoop, vrede en doelgerigtheid terwyl jy jou gebedslewe verkwik en die herstellende krag van gebed ervaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie joernaal is die ideale geskenk vir jouself of 'n geliefde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” - Jeremia 29:12-13\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+LUCA\" class=\"contributor-link\"\u003eLUCA\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"LUCA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830987341987,"sku":"9781779881762","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779881762.jpg?v=1782997371"},{"product_id":"9781991257956","title":"101 Bybel Avonture, Ontdek en Verken, Geloof-in-Aksie","description":"\u003cp\u003eDuik in die aksie en avontuur van die Bybel! 101 van die mees epiese stories in die Bybel word hier hervertel met asemrowende kunswerk en 'n vinnige, opwindende vertelling. Dramatiese illustrasies word gekombineer met 'n eenvoudige hervertelling van klassieke Bybelverhale om 'n lewenslange liefde vir God se Woord aan te wakker!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSommige van die verhale wat jy in hierdie epiese boek sal vind:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie groot vloed\u003cbr\u003e'n Baba in 'n mandjie\u003cbr\u003eDie mure van Jerigo\u003cbr\u003eDawid en Goliat\u003cbr\u003eJona en die vis\u003cbr\u003eDaniël en die leeus\u003cbr\u003eDie barmhartige Samaritaan\u003cbr\u003eDie gelykenis van die verlore seun\u003cbr\u003eDie stilmaak van die storm\u003cbr\u003eDie voeding van die skare\u003cbr\u003eJesus loop op die water\u003cbr\u003eSaggeus die tollenaar\u003cbr\u003eJesus het opgestaan!\u003cbr\u003eSaul sien die lig\u003cbr\u003eBevry deur 'n engel\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+CMP\" class=\"contributor-link\"\u003eCMP\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"CMP","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830994157731,"sku":"9781991257956","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781991257956.jpg?v=1782997446"},{"product_id":"9781997476405","title":"In Memoriam Johann de Lange","description":"\u003cp\u003eEn nou woon jy tussen die sterre\u003cbr\u003ein daardie ballingskap\u003cbr\u003ebuite woorde of taalsisteme, soekend na die stil punt van die aarde.\u003cbr\u003e(Joan Hambidge)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn memoriam Johann de Lange verskyn 'n jaar na die dood van Johann de Lange, een van Afrikaans se grootste digters. Dit is 'n hibriede boek: in prosa en poësie bring twee van De Lange se jarelange vriende op unieke wyse aan hom hulde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Op pad met Johann de Lange neem Johann Lodewyk Marais sy jarelange vriendskap met De Lange in oënskou. 'n Relatief onbekende kant van die digter word in enkele essays en korter stukke geskets. Interessante feite oor digtersvriende en -kennisse wat in sy lewe 'n rol gespeel het, soos Koos Prinsloo, Harry Kalmer, Theunis Engelbrecht, Sheila Cussons en Wilma Stockenström, verruim die teks. Eenvoudig dog aangrypend roep Marais hulle gesprekke oor bykans 'n leeftyd in herinnering - oor die digkuns, die letterkunde en veral De Lange se invloed op sy eie poëtika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie afdeling Orfeus in die buitenste ruim bevat 42 elegiese gedigte deur Joan Hambidge - soms diep emosioneel, soms besinnend en ontstellend, geskoei op belewenisse, boeke, films, plekke en gebeure wat hulle saam geniet het. Haar gedigte is ryk aan simboliek, metafore en intertekste van veral De Lange en Van Wyk Louw.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohann de Lange was “gheselscap goet ende fijn”, so beskryf Johann Lodewyk Marais via die elegiese Egidiuslied sy gestorwe vriend.\u003cbr\u003e(Marlies Taljard)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johann+Lodewyk+Marais\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann Lodewyk Marais\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joan+Hambidge\" class=\"contributor-link\"\u003eJoan Hambidge\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johann Lodewyk Marais,Joan Hambidge","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830996123811,"sku":"9781997476405","price":248.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781997476405.jpg?v=1782997316"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/binnekort-coming-soon.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}