{"title":"Biografie \u0026 Outobiografie","description":"","products":[{"product_id":"9780796321152","title":"In Mamelodi het ek my God gevind","description":"\u003cp\u003eIn hierdie boek vertel ek die verhaal van hoe dit genadiglik aan my en my vrou gegun is om as twee wit Afrikaners tot die ontvangkant van apartheid toe te tree. Hoe weinig het ons van dié ontvangkant geweet! Vir ons was die wêreld agter die apartheidsmuur, soos vir bykans alle Afrikaners, ŉ ander wêreld waar vreemde volke met wie ons geen bande gehad het nie, geleef het. Dit was ŉ wêreld wat vir hulle geskep is deur ŉ “Christelike” regering, en daarom sou dit uit die aard van die saak die “beste wêreld” wees wat deur die wit Christelike regering aan hulle toegewys is. Ons as wit Suid-Afrikaners het nie nodig gehad om ons enigsins oor die lot van ons gekleurde landgenote te bekommer nie. Ons het geglo ons wit regering weet wat die beste is vir hulle, en uiteindelik sou hulle ook die vrugte pluk van ŉ beleid wat vir hulle miskien eers tydelike ongerief veroorsaak het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir die geleentheid wat my gegun is om diep betrokke te raak by die lotgevalle van swartes gedurende die laaste fase van die “onmenslike beleid”, soos oudpres. FW de Klerk dit later self voor ŉ uitgelese universiteitsgehoor in Brittanje genoem het, is ek diep dankbaar. Weinig van my wit landgenote het dié voorreg gehad. Dié pad was nie met rose besaai nie. Dit was ŉ eensame pad in die sin dat daar nie ander wit Suid-Afrikaners was wat dit saam met my geloop het nie. Ek moes maar so voel-voel my weg vind op die vir my totaal onbekende weë in die swart township.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerugskouend het die lewe agter die apartheidsmuur van Suid-Afrika my lewe oneindig verryk en my naby aan die hartklop van Afrika gebring. Niks kan meer verrykend vir enige mens se lewe wees as om toe te tree tot die denke en lewenswyse van mense wat so anders is as jou eie nie. Dat die mense van Afrika my toegelaat het in hulle wêreld, sal my altyd met dankbaarheid teenoor hulle vervul.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nico++Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eNico  Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nico Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376605184163,"sku":"9780796321152","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796321152_64125413-a98c-4ebc-9b39-0bab1e7c8970.jpg?v=1776500180"},{"product_id":"9780796322180","title":"Die verlore seun vannie Gaatjie","description":"\u003cp\u003eDie verlore seun vannie Gaatjie deur Ivor Swartz\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIvor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, ‘n plek dikwels sonder hoop. Sy pa is reeds vroeg dood en sy ma maak die kinders alleen groot. Sy oudste broer, hulle selfaangestelde “oppasser”, terroriseer die gesin. \u003cbr\u003eEen aand kan Ivor net nie meer nie. Hy en sy vriend neem ‘n vreeslike besluit wat hul lewe ingrypend verander. Hierdie aangrypende verhaal, eerlik vertel deur Ivor self, sal jou aan die hart ruk en met verwondering oor God se genade los.\u003cbr\u003eIvor is deesdae ‘n jeugdominee in Pretoria met 'n passie vir die Here wat sy storie gebruik om ander te inspireer.\u003cbr\u003e’n Storie van die verlore seun wat huis toe kom. \u003cbr\u003e“Vanaf gesoek tot gevind: Welkom in die lewensveranderende verhaal van Ivor Swartz, energieke navolger van Jesus en kreatiewe storieverteller!” – Stephan Joubert\u003cbr\u003e“Ivor wei sy lewe toe aan God se hart en liefde vir mense.” – Bouwer Bosch\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ivor+Swartz\" class=\"contributor-link\"\u003eIvor Swartz\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ivor Swartz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376776069283,"sku":"9780796322180","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322180_81674cab-7070-4458-8276-5d1fe08cf036.jpg?v=1776500312"},{"product_id":"9780637003438","title":"Sy is veilig","description":"\u003cp\u003eEmma van der Walt is 'n pastor, 'n ma en eggenoot, en 'n vrou van God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, BRAVE TO LOVE.\u003cbr\u003eDaagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van dié euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding 'n nuwe begin gebied.\u003cbr\u003eEmma en haar span werk sy aan sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding oop wat agter toe deure plaasvind.\u003cbr\u003eHierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy is veilig word nie aanbeveek vir sensitiewe lesers nie.\u003cbr\u003eDie boek is ook beskikbaar en Engels as She is safe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Emma+van+der+Walt\" class=\"contributor-link\"\u003eEmma van der Walt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Emma van der Walt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378256855203,"sku":"9780637003438","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637003438_1e2ef43d-535b-431d-b6d3-08498fcbccfa.jpg?v=1777188269"},{"product_id":"9780639607559","title":"Ina 'n Verhaal van genade en genesing","description":"\u003cp\u003eHierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het.\u003cbr\u003eIna 'n Verhaal van genade en genesing, is die merkwaardige verhaal van 'n oorwinnaar, 'n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.\u003cbr\u003eHierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ina+Bonnette\" class=\"contributor-link\"\u003eIna Bonnette\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ina Bonnette","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379398295715,"sku":"9780639607559","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607559_866c3dd9-10cd-4fcf-90c6-b76ecc4575a3.jpg?v=1776491719"},{"product_id":"9781431625000","title":"Geloof soos aartappels","description":"\u003cp\u003eGeloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra.\u003cbr\u003eNadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies.\u003cbr\u003eHierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Angus+Buchan\" class=\"contributor-link\"\u003eAngus Buchan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Angus Buchan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379492995235,"sku":"9781431625000","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625000_ddb3f83a-129c-4ea0-bf73-3413a29fb494.jpg?v=1776536853"},{"product_id":"9780796323484","title":"Geroep vir 'n tyd soos hierdie","description":"\u003cp\u003eFarren Cloete is die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai en ook 'n bekende TikTok-ster en smaakmaker. Sy vertel op haar eie kaalvuismanier van die soet en die suur van haar lewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFarren is geroep vir 'n tyd soos hierdie, maar wys vir jou op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir 'n tyd soos hierdie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Farren+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eFarren Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Farren Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381335867555,"sku":"9780796323484","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323484_fca8e1ea-7592-415e-a4ea-6ce4ad60f98b.jpg?v=1776500561"},{"product_id":"9780796323385","title":"Nogtans geloof","description":"\u003cp\u003eAl sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.\u003cbr\u003e-\tHABAKUK 3:17-18 Afrikaans 1983\u003cbr\u003eHoe hou ek vas aan God terwyl my en ander se ervaringe nie hoop weerspieël nie?\u003cbr\u003eIvor Swartz bekende jeugpredikant van Pretoria lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk 'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die uitkoms.\u003cbr\u003eIvor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas, deur te kies: Kies om te lewe vir wat ewigheidswaarde dra, kies om ons perspektief te verander na nogtans-geloof in tyd van krisis en om te reageer op 'n nogtans-manier. \u003cbr\u003e'n Inspirerende boek wat hoop gee.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ivor+Swartz\" class=\"contributor-link\"\u003eIvor Swartz\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ivor Swartz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381408350371,"sku":"9780796323385","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323385_377e7e27-7a40-4e02-8b70-a0351793396f.jpg?v=1776500542"},{"product_id":"9781779881182","title":"My hart klop so","description":"\u003cp\u003eRachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish!, waar sy kykers se harte verower het. In haar boek My hart klop so deel sy haar besondere lewensverhaal en haar pad van geloof, roeping en identiteit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn haar vroeë twintigs moes Rachelle 'n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met 'n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as 'n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rachelle+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eRachelle Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rachelle Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47739761524899,"sku":"9781779881182","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780008810139_ba46561c-d6d3-46a1-a081-73caf73893cb.jpg?v=1780638719"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/biografie-outobiografie.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}