{"title":"Bybelstudie","description":"","products":[{"product_id":"9781770006997","title":"Die Bybellennium Eenvolumekommentaar","description":"\u003cp\u003eDie Bybellennium - 'n Eenvolumekommentaar is 'n projek deur kenners van die Ou en Nuwe Testament. Met die Nuwe Lewende Vertaling as grondslag is hierdie boek geskryf in maklik leesbare, eietydse taal sonder ingewikkelde redenasies en terminologie.\u003cbr\u003eDie bundel is 'n bekostigbare verklaring van die hele Bybel vir predikante, studente en ernstige Bybellesers.\u003cbr\u003eGelowiges wat meer van die Bybel wil weet, sal deur dié bundel 'n wyer insig van die Bybel verkry, sowel as die wêreld waarin dit afspeel en die betekenis daarvan vir vandag. Die Bybellennium - 'n Eenvolumekommentaar ontsluit vir hedendaagse gelowiges wat die Bybel vandag nog vir ons wil sê.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fika+Janse+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eFika Janse van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marius+Nel\" class=\"contributor-link\"\u003eMarius Nel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fika Janse van Rensburg,Marius Nel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375591112867,"sku":"9781770006997","price":849.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770006997_79f29914-dad2-4eb5-8b11-d699de3586c4.jpg?v=1776569762"},{"product_id":"9781431617456","title":"Die Goeie Boek","description":"\u003cp\u003eOntdek en leef die 40 grootste lewensveranderende waarhede in die Bybel.\u003cbr\u003eIs daar 'n boek wat vir ons kan sê wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan? \u003cbr\u003eIn Die Goeie Boek bespreek Deron Spoo sleutel-BybelÂ-hoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewensÂ-verandeÂ-rende waarheid van God en sluit af met 'n 'om te oordink'-gedeelte wat jou sal help om daardie waarÂ-heid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks).\u003cbr\u003eDie Goeie Boek sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Deron+Spoo\" class=\"contributor-link\"\u003eDeron Spoo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Deron Spoo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375776841891,"sku":"9781431617456","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431617456_04a2c4d0-c814-4927-bbd6-d1387153f662.jpg?v=1776536664"},{"product_id":"9781431607235","title":"Openbaring Ontsluit","description":"\u003cp\u003eHoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: “Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?”\u003cbr\u003e     Riekert kyk in  Openbaring ontsluit  na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:\u003cbr\u003e• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?\u003cbr\u003e• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?\u003cbr\u003e• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek? \u003cbr\u003e• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?\u003cbr\u003e     Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.\u003cbr\u003e      Openbaring ontsluit  bied 'n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat 'n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Riekert+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eRiekert Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riekert Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376480239779,"sku":"9781431607235","price":179.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431607235_9163d0ef-f370-4359-93c6-3b56d6bfc19a.jpg?v=1776536627"},{"product_id":"9781431624997","title":"12 Sleutels tot geestelike groei","description":"\u003cp\u003eBaie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se geloofslewe moet lê:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Geloofsekerheid\u003cbr\u003e• Groei\u003cbr\u003e• Gehoorsaam\u003cbr\u003e• Groepe\u003cbr\u003e• Gawes\u003cbr\u003e• Getuig\u003cbr\u003e• Genade\u003cbr\u003e• Gebed\u003cbr\u003e• Gaan\u003cbr\u003e• Gee\u003cbr\u003e• Genesing\u003cbr\u003e• Gesin\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n handboek gebruik word vir kleingroepe.\u003cbr\u003eMet die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dirkie+Van+Der+Spuy\" class=\"contributor-link\"\u003eDirkie Van Der Spuy\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stephan+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eStephan Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bennie+Mostert\" class=\"contributor-link\"\u003eBennie Mostert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dirkie Van Der Spuy,Stephan Joubert,Bennie Mostert,Johan Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379493093539,"sku":"9781431624997","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431624997_bc277e5c-8b69-453e-898b-86e2db673abe.jpg?v=1776536849"},{"product_id":"9781431618583","title":"Die wapenrusting van God","description":"\u003cp\u003eDaar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Onwrikbare, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang. In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is.\u003cbr\u003eDie wapenrusting van God is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Priscilla+Shirer\" class=\"contributor-link\"\u003ePriscilla Shirer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Priscilla Shirer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380094976163,"sku":"9781431618583","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431618583_5d285b72-76cd-4cfb-b6ed-1122da3cabad.jpg?v=1776536676"},{"product_id":"9781776172030","title":"Die Bybel: Woord van God?","description":"\u003cp\u003eDIE BYBEL: WOORD VAN GOD?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Kritiese evaluering van die Bybel as die Woord van God al dan nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOf mens die Bybel letterlik kan opneem en of dit werklik die onfeilbare Woord\u003cbr\u003evan God kan wees, is 'n baie aktuele en sensitiewe onderwerp waarop gelowiges doodeenvoudig net nie klinkklare antwoorde kan kry nie.\u003cbr\u003eHierdie boek spreek nou hierdie probleem aan met feite wat uit die Bybel self kom.\u003cbr\u003eDit is gewis 'n boek met talle onthullings. Die skrywer voorsien dat die moderne mens sal aanhou bevraagteken en nie meer alles goedsmoeds net sal aanvaar nie.\u003cbr\u003eDis relevante leesstof vir mense wat rondom die kwessies antwoorde soek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePierre Grigor: Die beste boek wat ek nog gelees het wat deur 'n nie-teoloog oor teologiese aspekte geskryf is … Hierdie boek getuig duidelik van jarelange worsteling\u003cbr\u003een goeie navorsing. Ek wil die skrywer gelukwens met hierdie uitnemende werk. [Voormalige NG predikant wat historiese geskrifte ondersoek]\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJurie van den Heever (Dr.): Die skrywer beskik oor 'n goeie kennis van die Bybel en sit dit duidelik en breedvoerig uiteen met baie relevante voorbeelde daarby … daar\u003cbr\u003eis baie gelowiges wat al oor hierdie vrae gewonder het, maar nie vermoë of dryfkrag gehad het om iets daaraan te doen nie. [Bekende persoonlikheid vir sy deelname aan openbare besprekings oor kwelvrae op teologiese gebied.]\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mike+Reyneke\" class=\"contributor-link\"\u003eMike Reyneke\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mike Reyneke","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380971716771,"sku":"9781776172030","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172030_09852a9b-76f5-463c-aec0-2efa5a96c655.jpg?v=1776580537"},{"product_id":"9780638008562","title":"Perspektief Op Die Heilige Gees","description":"\u003cp\u003eKom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit 'n waarlik Geesvervulde lewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders van die Gees vestig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eElk van die 10 studies sluit af met 'n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePerspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of groepstudie en sal lesers lei tot 'n Geesvervulde lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stephan+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eStephan Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stephan Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381450850467,"sku":"9780638008562","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638008562_f47d542e-4f08-4f28-b673-9ca30974a6d6.jpg?v=1776490192"},{"product_id":"9780638009729","title":"Ontsluit die Bybel","description":"\u003cp\u003eOntsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en\/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOntsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBybelstudie ideaal vir groepe of individue.\u003cbr\u003e160 studies oor die Ou en Nuwe Testament\u003cbr\u003eFokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en\/of hooftemas van elke boek\u003cbr\u003eOntsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stephan+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eStephan Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leonard+Mare\" class=\"contributor-link\"\u003eLeonard Mare\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stephan Joubert,Leonard Mare","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381493285027,"sku":"9780638009729","price":599.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009729_ce61b906-778b-4756-a270-0e99ed355d2b.jpg?v=1776803348"},{"product_id":"9780796139306","title":"Hoe om te navigeer deur die eindtyd","description":"\u003cp\u003eDr. Raymond se topverkoper is nou nog beter as tevore. Met meer as 40 nuwe bladsye met opgedateerde verwysings en uitgebreide insigte maak dit 'n ongelooflike boek om alles te leer oor hoe om deur die eindtyd te navigeer. Meer as 360 vraag-en-antwoorde en splinternuwe inleidende video's vir elke hoofstuk maak dit so maklik om God se tydlyn in hierdie boek te volg.\u003cbr\u003eHierdie boek, HOE OM TE NAVIGEER DEUR DIE EINDTYD, verduidelik in vraag- en antwoordformaat hoe die toekoms in die vervulling van Bybelprofesie daarna uitsien.\u003cbr\u003eMeer as 360 vrae oor die eindtyd en toekomstige gebeure word helder en duidelik met Skrifbewyse uit die Bybel beantwoord.\u003cbr\u003e- Wat is die tekens van die eindtyd?\u003cbr\u003e- Wat is die Wegraping van die Kerk?\u003cbr\u003e- Wat is die Groot Verdrukking?\u003cbr\u003e- Wie is die 144 000 van Openbaring 7?\u003cbr\u003e- Wat is die gruwel van die verwoesting?\u003cbr\u003e- Wat is die verskil tussen die Wegraping en die sigbare wederkoms van Christus?\u003cbr\u003e- Wie is die Antichris en valse profeet in die eindtyd?\u003cbr\u003e- Wat is die getal 666 in Openbaring 13?\u003cbr\u003e- Wie is die twee getuies van Openbaring 11?\u003cbr\u003e- Wat is Israel se rol in eindtydgebeure?\u003cbr\u003e- Wat beteken die getalle sewentig sewes en 1335 dae in die boek Daniel?\u003cbr\u003e- Hoe moet ons die lsrael-Palestynse kwessie verstaan?\u003cbr\u003e- Hoe kan ek my geestelik voorberei op die Wegraping?\u003cbr\u003e- Waar is die Paradys nou geleë?\u003cbr\u003e- Wat gebeur tydens die regterstoel van Christus en die groot wit troon oordeel?\u003cbr\u003e- Wie is die mense wat buite die nuwe Jerusalem op die nuwe aarde woon?\u003cbr\u003eEN NOG VELE MEER....\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Raymond+Lombard\" class=\"contributor-link\"\u003eRaymond Lombard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Raymond Lombard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382597828771,"sku":"9780796139306","price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796139306_02c10d4e-541f-4ed1-ba91-27145ba73ea0.jpg?v=1776498217"},{"product_id":"9781431626663","title":"Vroue Van Die Bybel Bybelstudie","description":"\u003cp\u003eHoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die Ou en Nuwe Testament te kyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora, Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue gevra word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die Here wil ontwikkel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e12 weke met studies vir 5 dae van die week.\u003cbr\u003e’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike punte inkorporeer.\u003cbr\u003eDit bied ’n historiese perspektief op die karakters.\u003cbr\u003eDit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wayne+Barber\" class=\"contributor-link\"\u003eWayne Barber\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eddie+Rasnake\" class=\"contributor-link\"\u003eEddie Rasnake\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Richard+Shepherd\" class=\"contributor-link\"\u003eRichard Shepherd\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wayne Barber,Eddie Rasnake,Richard Shepherd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47676528754851,"sku":"9781431626663","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781431626663_b8415fcb-049f-44a7-9654-444f7c4a9016.jpg?v=1778973885"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/bybelstudie.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}