{"title":"Christelike Fiksie","description":"","products":[{"product_id":"9780796318879","title":"Granate bloei in Jerusalem","description":"\u003cp\u003eBoek 1\u003cbr\u003eMarc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd - bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef - al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle (met hul uiteenlopende kulturele, politieke en godsdienstige agtergrond) 'n toekoms saam? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marzanne+Leroux-Van+der+Boon\" class=\"contributor-link\"\u003eMarzanne Leroux-Van der Boon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375511978147,"sku":"9780796318879","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796318879_29b15104-38bb-4095-bfd2-f08ffe0a5606.jpg?v=1776499839"},{"product_id":"9781779880963","title":"Die dogters van Casalina","description":"\u003cp\u003eCiska Luckhoff, 'n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met 'n lewensbedreigende siekte. \u003cbr\u003eGedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer. Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook 'n hegte vriendin. \u003cbr\u003e'n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na 'n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld. Maar die teenwoordigheid van 'n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. \u003cbr\u003eTydens Kerstyd by Casalina ontvou 'n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met 'n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in 'n sirkel van genade kan terugkeer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rina+Cilliers\" class=\"contributor-link\"\u003eRina Cilliers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rina Cilliers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375613657251,"sku":"9781779880963","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880963_f940864b-af6e-4757-afc4-40cb98f7bf76.jpg?v=1776585876"},{"product_id":"9781431604722","title":"Verlos deur die liefde","description":"\u003cp\u003eFrancine Rivers is 'n roman skrywer van formaat. Verlos deur die liefde is 'n vertaling van haar boeiende liefdesverhaal gebaseer op die lewe van die Bybelfiguur Hosea.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Rivers\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Rivers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375620047011,"sku":"9781431604722","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431604722_ddd591d2-56d3-45f9-9194-98056c9bfa4a.jpg?v=1776536615"},{"product_id":"9781779881021","title":"Ter wille van","description":"\u003cp\u003eDie man met wie Danika vir 'n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in 'n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en jare later worstel sy steeds om te herstel. Sy skryf jeugboeke en doen vrywillige werk by die neonatale afdeling van 'n hospitaal om die honger na haar eie kind te stil.\u003cbr\u003eMalan verloor sy swanger vrou in 'n motorongeluk. Die medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir haar nie. Hy verkeer in skok en dat hy nou alleen na sy pasgebore babas moet omsien voel vir hom onwerklik. Maar hy sien hoe liefdevol Danika die babas by die hospitaal behandel en vra haar om hom met die versorging van sy dogtertjies te help. Sy verloor haar hart op hulle en toe Malan se skoonouers dreig om voogdyskap oor die kinders te verkry, stel Malan se prokureurvriend 'n gerieflikheidshuwelik voor ter wille van die kinders.\u003cbr\u003eMaar Danika sukkel om weer 'n man in haar hart en lewe toe te laat, en Malan voel dat hy ontrou aan sy oorlede vrou is. En toe Danika se eks in die tronk vermoor word, word sy van die moord verdink wat dinge verder kompliseer. Hul beste vriende vind na twintig jaar weer geluk, maar kan Danika en Malan hulle verlede ontsnap en hierdie tweede kans op geluk aangryp?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madelie+Human\" class=\"contributor-link\"\u003eMadelie Human\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Madelie Human","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375680864419,"sku":"9781779881021","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779881021_d593dcd0-c13e-4511-9de5-6a483416c893.jpg?v=1776585881"},{"product_id":"9781431617401","title":"Die Meesterstuk","description":"\u003cp\u003eRoman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ŉ groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.\u003cbr\u003eMaar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.\u003cbr\u003eSoos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik  onherroeplik\u003cbr\u003everander.\u003cbr\u003eDie meesterstuk is ŉ splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Rivers\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Rivers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375740305571,"sku":"9781431617401","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431617401_37f2d42d-2336-49e9-be14-274f59525d76.jpg?v=1776536659"},{"product_id":"9780796323002","title":"Kanaän","description":"\u003cp\u003eKanaän ​is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof. Dit word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Barend+Vos\" class=\"contributor-link\"\u003eBarend Vos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Barend Vos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375836053667,"sku":"9780796323002","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323002_22890665-2024-484e-9a9f-ce3b1e4525df.jpg?v=1776500455"},{"product_id":"9780796320841","title":"Ter wille van die vaders (Zechut Avot)","description":"\u003cp\u003eBoek 10.\u003cbr\u003eHenok kry 'n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat  Re'uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marzanne+Leroux-Van+der+Boon\" class=\"contributor-link\"\u003eMarzanne Leroux-Van der Boon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376532734115,"sku":"9780796320841","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796320841_3d68cc82-1b43-4ed7-9b4a-9402d40e335c.jpg?v=1776500143"},{"product_id":"9781868299621","title":"Die begenadigdes","description":"\u003cp\u003eDie vroue in die geslagsregister van Jesus Christus was dapper, het risiko's geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wereld voort te bring. Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Hierdie vroue kan vir ons die weg wys. Die lesse wat ons by hulle kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het. Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus in nou in een titel beskikbaar. Tamar was 'n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeewenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wereld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jou insluit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Rivers\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Rivers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376943972515,"sku":"9781868299621","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868299621_41ac1239-03ad-4d95-a56b-10c2af2613d7.jpg?v=1776603403"},{"product_id":"9781770004665","title":"Manne wat bemoedig","description":"\u003cp\u003eAgter elke man wat gehelp het om die geskiedenis te vorm, staan die helde wat dit vir altyd verander het. Soos net Francine Rivers dit kan doen, vertel sy die verhale van vyf sulke geloofsmanne wat getrou na God se stem geluister het in die skadu van die leiers wat Hy uitverkies het:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e-          Aäron wat ons Ewige Hoëpriester simboliseer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e-          Kaleb wie se toewyding mense gedring het om hulle geloof in dade om te sit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e-          Jonatan wie se nederigheid gelei het tot 'n vriend­-skap met die man wat in sy plek sou koning word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e-          Amos wat ten spyte van heftige teenkanting die Israeliete gewaarsku het oor die naderende oor­log wat hulle sou vernietig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e-          Silas wat die apostels se woorde op skrif gestel het sodat dit vir die geslagte behoue kon bly.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeur Francine se meesterlike vertelvermoë en aan­grypende karaktersketse sal lesers elkeen van hier­die manne op 'n besondere wyse leer ken.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Rivers\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Rivers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377119969443,"sku":"9781770004665","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770004665_47a1af7b-e085-4603-be7a-4453d47373de.jpg?v=1776569758"},{"product_id":"9780796321428","title":"Papierblomme","description":"\u003cp\u003eSoos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg…\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJanine was sewe jaar oud toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet, want sy was 'n soet kind, oupa Koen en ouma Leen se trots. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie seer in haar was haar eie en sy wou nie bejammer word nie, sy het haar skoolwerk gedoen en presteer, maats gekies wat haar grootouers goedgekeur het, maar wat saam met haar langs die rand van die afgrond geloop het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar geken het en baie van die oumense, ook die wat sy bewonder het, met hul eie mislukkings geworstel het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar kans het gekom toe Greg Walker die Engelsklas by mister Barlow-Jones oorneem. Met drome in haar oë en haar bruidsruiker in haar hande is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe gemaak het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377189339299,"sku":"9780796321428","price":179.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796321428_ac13a7b6-5bfa-478f-8c68-b8f103a171ca.jpg?v=1776500219"},{"product_id":"9780620795944","title":"Aangeraak","description":"\u003cp\u003eDaar was baie gewone mense wat meegewerk het om die profesieë oor Jesus se kruisiging te vervul … en tog, het van hierdie mense vergete geraak. Wat kon geword het van die wag wat sy hand teen Jesus gelig het? Die vroue? Hierdie mense se verhale oor hoe Jesus hul kon aangeraak het gaan jou in verwondering laat. Jy sal die boek weer en weer wil lees en daaroor gesels.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jopie+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eJopie Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jopie Coetzee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377446764707,"sku":"9780620795944","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620795944_249e143c-1498-4db8-bb7a-4ba1713f0b66.jpg?v=1776477171"},{"product_id":"9780639605111","title":"Ware Noord","description":"\u003cp\u003eDie noodlot het ander planne vir die twee van hulle ...\nEvan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot die dag wat sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is die intense skuldgevoel, die\nwoede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. En Evan weet: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. \nTeen die agtergrond van die werklike gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes, word Christenskap en liefde tussen jong mense pragtig verbeeld.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377528815779,"sku":"9780639605111","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639605111_1d1331be-89ba-4302-857d-b8430ffe029e.jpg?v=1776491362"},{"product_id":"9781779880307","title":"Vroue met vlerke","description":"\u003cp\u003eEmma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha. \u003cbr\u003eDis 'n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar 'n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek? As 'n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. \u003cbr\u003eEn as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos 'n engel, eintlik meer soos 'n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra. Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378242338979,"sku":"9781779880307","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880307_0434eff8-6fb4-4692-b731-aae384b0675a.jpg?v=1776585775"},{"product_id":"9780796323446","title":"Weskus-omnibus 2","description":"\u003cp\u003e'n Omnibus met twee topverkoper inspirerende romans.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTer wille van Talita\u003cbr\u003eDie storie van die Van den Heevers, 'n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon. Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan 'n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met 'n ysterhand regeer. Theuns is 'n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seerkry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel. Die titel kom vanuit Markus 5:41 waar Jesus vir die dogtertjie sê: “Talita, staan op!” Dit word simbolies gebruik as prentjie van die ontwaking van 'n kind, maar ook 'n sigbare teken van 'n kind wat volwasse word en haar eie identiteit moet vestig, weg van die beskerming van haar ouers. Sy moet as 't ware opstaan en op haar eie kan staan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar ma se kind\u003cbr\u003eJo-Anne Stals woon in Londen. Sy besluit om die leuen waarmee sy al so lank leef uit die weg te ruim. Dit raak egter haar ouers en veral haar ma, Dora en ook haar dogter, Dania. Sy weet nie of sy die regte ding doen nie. Dalk doen sy eindelik die regte ding, maar op die verkeerde tyd? Dora is 'n steunpilaar in die gemeenskap, maar as gevolg van haar werk as verpleegsuster en liefdesdade as kerksuster is sy op die rand van ineenstorting. Sal sy Jo-Anne se aksie oorleef?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378252824739,"sku":"9780796323446","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323446_2e6c3539-e124-4f4d-8e5c-2e9a67ddd8d0.jpg?v=1776500551"},{"product_id":"9780639605494","title":"Om weer te droom","description":"\u003cp\u003eNagmerries word soms mooi drome.\u003cbr\u003eLizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm haar broer Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ŉ donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie inspirerende verhaal ondersoek die impak van trauma en beklemtoon die belangrikheid van hoop en drome. Dit is die tweede titel in die reeks en word voorafgegaan deur Ware noord.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378285232291,"sku":"9780639605494","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639605494_2fac3f90-4a67-41a6-9959-a0dcae69ee40.jpg?v=1776491434"},{"product_id":"9781779880628","title":"Die eilandbruid se sluier","description":"\u003cp\u003eChrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die verlede en verwerping agter haar te los. \u003cbr\u003eAs 'n grootwithaainavorser is sy gewoond aan die wêreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan. Nadat sy as voog van haar broerskind aangestel is, bevind sy haar op 'n nuwe lewenspad wat haar terugneem na die afgeleë dorp, Albatroshoek. \u003cbr\u003eHiér het sy en haar kleintydvriendinne, Reinet en Essie, saam grootgeword en trauma beleef. Wanneer 'n moordwalvis sy weg na Albatroshoek vind, bring hy verandering saam, en alles wat Chrisanne geglo het oor die balans van die see en haar eie lewe, word op die proef gestel. \u003cbr\u003eDie kluisenaar van Atlaseiland, Ben Benade, lei haar op 'n reis van onthullings, en saam baklei hulle teen die uitbuiting van seebronne. Maar Chrisanne moet al hoe meer gewigtige keuses maak ... Wat gebeur met 'n vrou wat nie net haar mense verloor het nie, maar ook haar plek in die wêreld, en haar eie geloof betwyfel? Soos 'n sluier wat stadig gelig word, ontsluit haar verhouding met die eilandkluisenaar al hoe meer van haarself. \u003cbr\u003eSaam soek sy en haar vriendinne oplossings vir hul kleintydtrauma terwyl die geheime van die dorp ontrafel. En die vraag bly: Is jy die som van jou verlede en jou pyn, of is jy wie God sê jy is? Geroep, gesalf, geliefd.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elize+Parker\" class=\"contributor-link\"\u003eElize Parker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elize Parker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378598199459,"sku":"9781779880628","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880628_45ab07b3-34c3-412b-b840-e6dbd9cfb476.jpg?v=1776805058"},{"product_id":"9780637000741","title":"Grietjie se loutering","description":"\u003cp\u003e'Gelukkig is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien' - Matt 5:8\u003cbr\u003eGrietjie kniel langs haar bed met die gestreepte grys deken. Netso op haar knieё lees sy die Bybel. Dan bid sy. “Ag, Here, dra my deur hierdie dag. Help my. Sit ’n wag voor my mond, maak elke woord uit my mond sag en soet.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGrietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar, asook haar innige liefde vir haar kinders, Lienkie en Heinie. \u003cbr\u003eWanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGrietjie se geloof word egter getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie sentrale temas in hierdie boek is verhoudings tussen ouers en kinders, verhoudings tussen werkgewers en werknemers, en ’n verhouding met God wanneer dinge nie goed gaan nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie bedrieglik eenvoudige verhaal sal lank in die leser se hart vertoef. Bettina kry dit reg om 'n roman te skryf oor dinge wat elke dag met baie mense gebeur, maar tog die leser op so 'n wyse vasvang dat die karakters byna tasbaar word in hul menslikheid. Bettina se debuutroman, Troos vir die gebrokenes, is in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bettina+Wyngaard\" class=\"contributor-link\"\u003eBettina Wyngaard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bettina Wyngaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378627068067,"sku":"9780637000741","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637000741_60b9252f-aec0-4e08-9e38-2820168ce75e.jpg?v=1776488281"},{"product_id":"9780637000765","title":"Verbly julle in die hoop","description":"\u003cp\u003eVerbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met 'n jong Andreas is in Geloof soos 'n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede.\u003cbr\u003eDit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na 'n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is die tweede verhaal in die geloof, hoop en liefde reeks van die immergewilde skrywer, Helena Hugo, en die opvolg op die topverkoper, Geloof soos 'n mosterdsaadjie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378628706467,"sku":"9780637000765","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637000765_3f361b19-e39c-48f5-913f-13229bfadb74.jpg?v=1776488286"},{"product_id":"9780637003599","title":"Wanneer skaduwees kantel","description":"\u003cp\u003ePatriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe 'n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met 'n mynbaas saamspan om 'n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere. Die drie Van der Walt-niggies - Lenore, Tarien en Bella - word meegesleur\u003cbr\u003ein die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar 'n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel. Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word 'n toevlug toe 'n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer skaduwees kantel word voorafgegaan deur die topverkoper Stil vloei die Komati waar temas soos renosterstroping en mensehandel aangespreek word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elize+Parker\" class=\"contributor-link\"\u003eElize Parker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Laeveld+Drieluik\" class=\"contributor-link\"\u003eLaeveld Drieluik\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elize Parker,Laeveld Drieluik","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378721767587,"sku":"9780637003599","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637003599_3dc92990-78c6-4d23-9423-9bd31bbc8136.jpg?v=1776488795"},{"product_id":"9781431620197","title":"Merk van die leeu-reeks (combo)","description":"\u003cp\u003eReis saam na eerste-eeuse Rome en ontdek hoekom hierdie klassieke reeks miljoene lesers oor die wêreld heen geïnspireer het. Die drie boeke in die Merk van die Leeu-reeks word as ’n spesiale geskenkstel aangebied. \u003cbr\u003e*’n Stem in die wind is die eerste boek in die reeks. Dit vertel die verhaal van Hadassa, ’n jong Joodse meisie wat as slaaf weggevoer is, maar steeds vashou aan haar geloof in God. Al voel sy verskeur deur haar liefde vir ’n aantreklike jong edelman, word Hadassa ’n baken van hoop en lig te midde van die duisternis en verval rondom haar. \u003cbr\u003e*’n Eggo in die duisternis vertel die verhaal van Markus, ’n welgestelde Romeinse edelman. Diep geraak deur Hadassa se opregte geloof, begin hy wonder of daar nie méér in die lewe is nie. In sy soeke na betekenis en geloof, word hy gelei deur ’n sagte fluistering uit die verlede wat hom kan bevry van die duisternis in sy siel.\u003cbr\u003e* Die trilogie sluit af met So seker as wat die dag breek. Dit vertel die verhaal van Atretes, ’n Germaanse stamleier wat sy vryheid as gladiator verdien het. Atretes wil saam met sy babaseun teruggaan na Germanië, maar wat van Rispa, die gelowige weduwee wat sedert sy geboorte vir die seun gesorg het?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Rivers\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Rivers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378819711139,"sku":"9781431620197","price":569.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431620197_60b795c6-e59f-4aac-9a25-0cff58d7902e.jpg?v=1776536685"},{"product_id":"9780639607139","title":"Arendsvlerke vir Siebert","description":"\u003cp\u003eLiewe Here, ek verstaan nie. Help my.\u003cbr\u003eTerwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eArendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eArendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378822856867,"sku":"9780639607139","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607139_0f6690d7-ecc1-471a-ac55-7437beec3282.jpg?v=1776491641"},{"product_id":"9780639607153","title":"Stil vloei die Komati","description":"\u003cp\u003e’n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou. Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig. \nStil vloei die Komati is ’n meesleurende verhaal waarin die leuens en misleiding rondom ’n noodlotskoeël drie niggies se lewens onherroeplik verander.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elize+Parker\" class=\"contributor-link\"\u003eElize Parker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Laeveld+Drieluik\" class=\"contributor-link\"\u003eLaeveld Drieluik\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elize Parker,Laeveld Drieluik","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378871287971,"sku":"9780639607153","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607153_261cac51-9290-4336-a5af-7105aa9aa08f.jpg?v=1776491646"},{"product_id":"9780796322753","title":"Die ompad terug","description":"\u003cp\u003eDie lewe loop wye draaie met Janine van die Weskusdorpie af, eers Londen toe saam Greg Walker en nou weer in Roodepoort. Frustrasies bring versoekings, en sy wil bietjie uitkom, maar as ma kom sy tot die besef dat haar dogters nie net haar verantwoordelikheid is nie, maar ook haar grootste vreugde. Om terug te gaan dorp toe en 'n gesin te begin saam met haar ou liefde wat haar onvoorwaardelik vergewe het, is per slot van sake nie 'n verpligting nie, maar God se antwoord op haar gebede.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379347177635,"sku":"9780796322753","price":245.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322753_3ad0e9ac-4427-4262-95ac-679d3c289df1.jpg?v=1776500408"},{"product_id":"9780796322715","title":"Israel-reeks Omnibus 2","description":"\u003cp\u003eShomer Yisra'el\u003cbr\u003eTiferet Yisra'el\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eShomer Yisra'el\u003cbr\u003eDis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit.\u003cbr\u003eMarc, Rivkah en hul babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. As die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar ofte nie, beslis opgeroep sal word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is. En terwyl die oorlog rondom hulle woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan:\u003cbr\u003eHoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van dié belydenis wees?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTiferet Yisra'el\u003cbr\u003eAan die drama van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc weer opgeroep word, hierdie keer vir militêre diens in Gasa , sy ma 'n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld - die misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet.\u003cbr\u003eBoonop maak Henok Kabungu 'n verrassende ontdekkin wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, 'n Holocaust-oorlewende, se skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef waarom die Israeli's so verbete vasklou aan hulle 'beloofde land'.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marzanne+Leroux-Van+der+Boon\" class=\"contributor-link\"\u003eMarzanne Leroux-Van der Boon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524290953379,"sku":"9780796322715","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322715_e3f38075-a476-4f74-8df4-b711a980fb71.jpg?v=1776500403"},{"product_id":"9781776351237","title":"Klankgrens","description":"\u003cp\u003eJy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, was pap en swaar, 'n dronk pateet. Die Weermag, die noodlot, die sisteem — het 'n man en beskermer, 'n mens wat 'n morele leier kon gewees het, van my gesteel. Die man op ons dubbelbed kon enigiets gewees het, enigiets. Maar jy moes drink om die oorlog in jou kop beëindig te kry. Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe.\u003cbr\u003eMaretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maretha+Maartens\" class=\"contributor-link\"\u003eMaretha Maartens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Magda+Slabbert\" class=\"contributor-link\"\u003eMagda Slabbert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Maretha Maartens,Magda Slabbert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379506593955,"sku":"9781776351237","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351237_02664c16-860b-41b6-8d0e-206038f5c829.jpg?v=1776582585"},{"product_id":"9781431625895","title":"Sy Is Myne","description":"\u003cp\u003e1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om 'n erflating te kom opeis van 'n oom wat sy nooit geken het nie: 'n klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van 'n dorpie vol bordele en kroeë, en 'n skynbaar waardelose myn.\u003cbr\u003eKathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in 'n storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê - en skryf - waarin sy glo.\u003cbr\u003eMatthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak ...\u003cbr\u003eDie aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: 'n dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is 'n liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Rivers\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Rivers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379657228451,"sku":"9781431625895","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625895_1186e86a-2460-4114-8dd8-85e99752c7b3.jpg?v=1776536904"},{"product_id":"9781776351299","title":"Geloof soos 'n mosterdsaadjie","description":"\u003cp\u003eGeloof soos 'n mosterdsaadjie is die eerste van 'n drieluik wat die boeiende verhaal van Andreas Beyers en Estie Wolmarans vertel. Die temas is geloof, hoop en liefde. Die drieluik skop af in Andreas se kinderjare, waar 'n tragedie sy lewe onherroeplik verander en hy gewikkel raak in die stryd en konflik tussen goed en kwaad. Hierdie eerste boek fokus op geloof en die stryd om die lewe te aanvaar as mens met die dood gekonfronteer word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAndreas dink as afgetrede predikant terug aan sy lewe - dit is soos om 'n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af - van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met 'n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders 'n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.\u003cbr\u003eHy en Stephan, het in 'n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou 'n tuisgeboorte wees, 'n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis.\u003cbr\u003eVan kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos 'n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379690946723,"sku":"9781776351299","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351299_e04ce571-9e29-40de-ba26-d271a45ee8a1.jpg?v=1776582598"},{"product_id":"9781776351473","title":"Die vroue van Kosmoslaan","description":"\u003cp\u003eDis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan.\u003cbr\u003eDie vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380187152547,"sku":"9781776351473","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351473_d161a42d-4e7c-4cda-9f23-c2230ddf3156.jpg?v=1776582635"},{"product_id":"9781776351510","title":"Aurora","description":"\u003cp\u003e'Dawid Uys, 'n jong dominee op die platteland, word gekonfronteer met vrae oor sy herkoms en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses\u003cbr\u003ewanneer hy 'n onverwagse oproep van 'n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met 'n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en ook moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se\u003cbr\u003edogter. Daar is ook 'n nuwe intrekker op die dorp, 'n beeldskone enkelma met 'n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op 'n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.\u003cbr\u003eAurora is 'n eietydse roman, oor gewone mense in gewone situasies. Belangrike temas soos menswees, geestelike groei en geloof word aangespreek.'\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tertius+Janse+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eTertius Janse van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tertius Janse van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380398276771,"sku":"9781776351510","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351510_609f08d4-9f4d-411e-a328-e13913273344.jpg?v=1776582644"},{"product_id":"9780637000796","title":"Die Galilieërs","description":"\u003cp\u003eIn die stad Magdala, aan die oewers van die See van Galilea, woon ’n hegte gesin wat gerugte hoor van ’n nuwe profeet. Die Israeliete word toenemend deur die Romeine onderdruk en hulle dorpe en stede is onder beleg. Onskuldiges sterf en die Jode raak al hoe meer opstandig. Gerugte begin die rondte doen van ’n nuwe leier wat die volk gaan verlos van die Romeinse juk. Wie is hierdie nuwe profeet van wie almal praat? Die Jode in Magdala gaan hulle gang te midde van al hierdie onrustigheid. Ook húlle is bewus van die gerugte van ’n nuwe profeet en verlosser. Op soek na die waarheid, onderneem die vader van hierdie gesin en sy oudste seun ’n pelgrimstog na die Tempel in Jerusalem. Hierdie besluit hou egter verreikende gevolge vir die gesin in en hulle lewens word onherroeplik verander deur die onvoorsiene gebeure in Jerusalem …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal is fiksie losweg gebaseer op gebeurtenisse in die Bybel met spesifiek Lukas 13:1 as uitgangspunt, naamlik die moord op die Galileërs en die nagevolge daarvan op die lede van ’n gewone hardwerkende gesin woonagtig in Magdala naby die See van Galilea.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alexa+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eAlexa Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alexa Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380677263523,"sku":"9780637000796","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637000796_16a811a3-dc38-437d-8231-26235c06974f.jpg?v=1776488290"},{"product_id":"9780796323262","title":"Weskus-omnibus 1","description":"\u003cp\u003eTwee gewilde Weskus-romans in een. Haar naam is Ragel: Die verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Sy ontmoet ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos. Marta: Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Haar geloof verval in roetinewerk, en sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380788445347,"sku":"9780796323262","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323262_0aead54a-660d-4bff-8e66-ad1d171acc07.jpg?v=1776500515"},{"product_id":"9781779880109","title":"Die grootste hiervan is die liefde","description":"\u003cp\u003eEsther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is 'n deernisvolle, diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde is sy 'n oujongnooi in wording. Estie, soos Andreas haar noem, is een van die min mense wat die hart en rede van haar verbitterde vader, Jacob Wolmarans, ken. Sy is die lig in sy lewe. Andreas voel met die eerste aanblik aangetrokke tot haar maar die paartjie moet haar pa se toestemming met moeite verkry om uiteindelik te trou. Sal Estie ná baie trane en groot opofferings haar plek as predikantsvrou kan vind in die gemeente waar die Wolmarans-gesin dikwels die middelpunt van die dorp se skinderstories is? Andreas worstel ook met 'n ander probleem. Hy sien diskriminasie raak en kritiseer die apartheid wat in die kerk toegepas word, en dit word ook onder die vaandel van die liefde van God in die verhaal uitgebeeld. In Die grootste hiervan is die liefde ervaar ons God se liefde wat vergestalting vind in Andreas en Estie se huwelik en hul bediening as predikantspaar. Hierdie deernisvolle verhaal fokus op die spesiale liefde tussen man en vrou, tussen Christene onder mekaar en hul naastes.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381063499939,"sku":"9781779880109","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880109_44e13d2c-4df9-44fc-8706-86693a7efffe.jpg?v=1776585739"},{"product_id":"9781779880062","title":"Engele In Kosmoslaan","description":"\u003cp\u003eDis twee jaar ná 'n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. 'n Knorrige man met 'n fyn meisiekind en 'n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor 'n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos 'n ou en halwe vrou na 'n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na 'n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos 'n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter 'n onverwagse band met 'n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381235073187,"sku":"9781779880062","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880062_19f3808a-f4d2-4069-af5b-3a56a7abd356.jpg?v=1776585729"},{"product_id":"9781779880529","title":"Stryd vir liefde","description":"\u003cp\u003eLija is 'n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. \u003cbr\u003eSy bevind haar in 'n gereëlde verlowing met Silva, 'n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar. \u003cbr\u003eTot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ... Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. \u003cbr\u003eLija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en 'n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit 'n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. \u003cbr\u003eSy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lija se hoop - die messias - kruisig. \u003cbr\u003eAlbei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle lê aan skerwe.\u003cbr\u003e Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frenette+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eFrenette van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381473984675,"sku":"9781779880529","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880529_7e310fac-b044-47ca-9cc0-8b4ea88ca327.jpg?v=1776585806"},{"product_id":"9780796323576","title":"Bybelvroue omnibus Sara \u0026 Hanna","description":"\u003cp\u003eSARA\u003cbr\u003eTien dae lank praat Sara nou al met God, die Almagtige.  Hiervoor het sy haar donkie opgesaal nadat Abraham met hulle enigste kind, twee slawe en 'n bondel vuurmaakhout op 'n pakdonkie in die verte verdwyn het.  Met die sluier oor haar gesig is sy vrou-alleen by almal in die kamp verby, die woestyn in om met die onsigbare God te praat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHANNA\u003cbr\u003eHanna is kinderloos.  Haar man moet seuns he om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en na nege jaar trou Elkana weer.  Peninna skenk die lewe aan die een kind na die ander.  Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid in haar huis.  Boonop praat die mense.  Is haar kinderloosheid die Here se straf vir iets wat sy gesondig het?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maretha+Maartens\" class=\"contributor-link\"\u003eMaretha Maartens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Maretha Maartens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381494759587,"sku":"9780796323576","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323576_3b46f842-34ee-46c5-ac73-f1ac4771eca2.jpg?v=1776500582"},{"product_id":"9780796323330","title":"Blomme vir Berdine","description":"\u003cp\u003eBoek 03.\u003cbr\u003eBerdine se Karoo is asvaal.  Die wind waai stofwolke los wat soos reen teen die ruite tik.  Dis hoogsomer, plaasdamme en waterpanne is aan die opdroog en die boere berei hulle voor op nog 'n droe seisoen met min hoop op reen in die lente.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTe midde van die mismoedigheid, veg 'n begeesterde groepie onder leiding van Berdine en Melanie Botes vir die herstel van die dorp en gemeenskap.  Die skuiling open amptelik, die kerkskool kort onderwysers, Huis Herfsblare soek 'n dokter en die kinders van Blikkiesdorp moet versorg word.  Berdine neem hulle gereeld Kraankuil toe vir uitstappies in die veld. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis waar Dieter Daneel ook betrokke raak en hulle mekaar beter leer ken.  Sy hou van Dieter, hoewel hy volgens haar ma 'n donker verlede het.  Na drie jaar weet die dorpsbewoners ook nog maar bitter min van hom.  Tog is Dieter as veearts gewild onder die boere,  bedrywig by die kerk en betrokke by die mense en diere van Blikkiesdorp. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMoet Berdine blom waar sy geplant is of liewer maak dat sy wegkom?  Maar wat dan van Kraankuil en Melanie en Kobussie en almal wat op haar reken?  Is dit die Here se wil dat sy haar beloftes nakom,  al is dit ook hoe moeilik?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBlomme vir Berdine is die meesterlike afsluiting van die Berdine-reeks.  Dit volg op  Die lewe wat ek jou gegee het en Die skuiling.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Berdine+Reeks\" class=\"contributor-link\"\u003eBerdine Reeks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo,Berdine Reeks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381659680931,"sku":"9780796323330","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323330_be31e156-764e-4e72-840d-6e3dc06c29c1.jpg?v=1776500534"},{"product_id":"9781779880949","title":"Die Vrywilligers","description":"\u003cp\u003eMet die uitbreek van die Boereoorlog besluit dokter Robert Campbell en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, om 'n ambulans na die gevegsfront te stuur.\u003cbr\u003eDie vrywillige verpleegsters is Robert en Thomas se dogters, Eleanor en Mary, en die Campbells se buurdogter, Martha. Martha se ouer broer, Jakkie, gaan ook saam om by die Pretoria Kommando aan te sluit.\u003cbr\u003eVan al die vrywilligers het slegs die sestienjarige Eleanor mediese ondervinding aangesien haar ma 'n vroedvrou is en sy soms assisteer. Dokter Campbell se seun, Rory, studeer medies in Edinburgh maar onderbreek sy studies om by die ambulans aan te sluit. Gedurende sy reis terug ontmoet hy drie Russe wat aan die Boerekant kom veg en hulle raak vriende. Een van hulle is luitenant Ivan Mikhailov van Sint Petersburg.\u003cbr\u003eDie Fraser \u0026amp; Campbell-ambulans reis per trein na die Natalse gevegsfront om by die ander ambulanse aan te sluit naby Ladysmith, waar hulle die Pretorius-tweeling ontmoet. Maar die Boere ly 'n groot nederlaag by die Slag van Elandslaagte en die gruwels van die oorlog laat Eleanor se geloof wankel. Hoe kan God soveel ellende toelaat? Tydens die geveg word Ivan gewond en Eleanor help om hom te verpleeg. 'n Kakie, luitenant Desmond Evans, is ook een van die gewondes wat deur die ambulans opgetel en verpleeg word.\u003cbr\u003eEleanor en Ivan se paaie bly kruis en hulle band raak al hoe hegter totdat sy eendag ontstellende nuus ontvang...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Malene+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eMalene Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381749334179,"sku":"9781779880949","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880949_9b85a789-21b5-4af7-b5c7-a093de715ad3.jpg?v=1776585870"},{"product_id":"9781779880161","title":"Waar die doringbome sing","description":"\u003cp\u003eWaar die doringbome sing is die finale boek in Elize Parker se Laeveld-drieluik en word voorafgegaan deur die topverkopers Stil vloei die Komati (2021) en Wanneer skaduwees kantel (2023).\u003cbr\u003eDie drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na die onlangse warrelwind van gebeure. Lenore worstel met 'n groot persoonlike verlies. Die kringloop van haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating wat sy al in kleintyd ontwikkel het, net verder verdiep. Maar noudat sy self 'n ma is, besef sy dat sy haarself hiervan sal moet bevry om 'n standvastige ouer vir haar kinders te wees. Hulle oupa Tjaart se visie vir Bateleur-reservaat rus ook op haar skouers, en sy dra swaar daaraan om getrou hieraan te bly. Bella, wat al in haar tienerjare wees gelaat is ná haar ouers se selfvernietigende besluite, begeer 'n familie van haar eie. \u003cbr\u003eNá haar broer, Jaco, se hartseer dood in 'n skiettragedie, het sy in haar alleenheid die ideaal van 'n perfekte familie nagejaag. Maar miskien is daar tog 'n hegte kring van liefde vir Bella bedoel wat nie uit die standaard definisie van die perfekte familie bestaan nie, maar eerder in die warm koestering van 'n laslap familie. Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar toewyding aan die Here en die opofferings wat sy in haar diens aan Hom maak, dat sy nie besef haar sendeling bestaan het 'n selfopgelegde prys geëis wat die Vader nooit van haar gevra het nie. Haar ma is sterwend en Tarien begin wonder oor haar im-pulsiewe, romantiese uitkyk op die lewe en hoe dit haarself en haar naastes benadeel. Sy begin twyfel of dit ooit só moes wees. Miskien lê die antwoorde op haar vrae en brose behoeftes op haar grootwordplaas.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elize+Parker\" class=\"contributor-link\"\u003eElize Parker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Laeveld+Drieluik\" class=\"contributor-link\"\u003eLaeveld Drieluik\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elize Parker,Laeveld Drieluik","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382499819683,"sku":"9781779880161","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880161_2f254a70-33c0-4423-9018-1748265f649b.jpg?v=1776585748"},{"product_id":"9781779880185","title":"Toevlug","description":"\u003cp\u003eTydens 'n staatsgreep in die Kongo, val 'n ekstremis en sy handlangers 'n sendingstasie aan met gruwelike gevolge. Een van die oorlewendes vlug vir haar lewe deur die reënwoud by die kuslyn af tot haar paaie haar terug lei na Suid Afrika. Petro beland by Toevlug - 'n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer, ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan, 'n dominee wat hom oor haar ontferm, maar Petro wil niks weet van 'n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie. 'n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers 'n verrassende vonds by 'n ou, versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem. \u003cbr\u003eDie een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hart wonde weer gesond maak? Wat maak 'n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ... “U is 'n toevlug … 'n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur, ongelooflike verlies en lyding, en die verbete houe van die noodlot, vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louise+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eLouise Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louise Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382521708707,"sku":"9781779880185","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880185_8d146187-4815-427e-b727-a90792f17930.jpg?v=1776585753"},{"product_id":"9781779880543","title":"Die jare tussen ons","description":"\u003cp\u003eElaine vlug weg van haar verloofde, Alex, sonder enige verduideliking. Haar geheim bly haar eie want sy glo as Alex ooit moet uitvind sal dit sy lewe ruïneer, en daarvoor het sy hom té lief. Sy het geen keuse as om Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, se aanbod te aanvaar nie ... Die jare wat volg is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in 'n liefdevolle God en dit is net haar ongesonde verhouding met wyn wat haar help om soms van al die seer in haar binneste te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly 'n brandende vuur wat nie geblus kan word nie. Skielik, ná soveel jaar, staan Alex weer voor haar en begin sy weer glo dat God dalk alles tog ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy hom aangedoen het?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jozine+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eJozine Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jozine Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382525214883,"sku":"9781779880543","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880543_8db9c684-1a03-40e8-9feb-ab09f0ea2f3a.jpg?v=1776585810"},{"product_id":"9781779880826","title":"Die huis op die hoek","description":"\u003cp\u003eDit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, 'n jong entoesiastiese navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa en sy tweede vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere, die geskiedenis van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want Leah wil gesels oor die Messias wie sy leer ken het in haar studies, en haar Joodse gesin is nie ontvanklik daarvoor nie. Diverse kultuur- en geloofsgroepe en na-oorlogse politieke kwessies skep ook probleme vir die Abrams-gesin en hul tuisdorp. \u003cbr\u003e'n Sluipmoordaanval krap wonde en geheime in die dorp en Leah se gesin oop en die plaaslike polisie se vooroordele help nie die ondersoek na die skuldige aan nie … Leah is oorweldig deur seer en onsekerheid. Maar sy begin stadig maar seker by mense wie sy nooit sou verwag het leer dat vergifnis, verhoudings en liefde die dinge is wat mense bymekaar bring, ongeag van hulle stand of kultuur. Sy besef ook met die hulp van ander dat God nie tussen die blaaie van 'n boek leef nie, maar in jou hart. Dalk het die Here nog heeltyd 'n ander plan gehad vir die mense in Die huis op die hoek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madeleine+Louw+Blignault\" class=\"contributor-link\"\u003eMadeleine Louw Blignault\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Madeleine Louw Blignault","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382587670691,"sku":"9781779880826","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880826_5648afb8-d75e-4c03-9ac5-5dff6b63f80b.jpg?v=1776585851"},{"product_id":"9781779880802","title":"Die boekengel","description":"\u003cp\u003eMara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop 'n boekwinkel en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel. Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en kollegas wat soos familie vir haar raak. Maar alles is nie idillies nie. Mara sukkel om haarself en haar geloof weer te vind ná alles wat in haar huwelik gebeur het. En sy maak boonop onverwagse vyande … \u003cbr\u003eSoos boeke wat een vir een van 'n lendelam boekrak aftuimel begin Mara en die mense om haar se omstandighede hulle inhaal. En dan is daar Bart, die professor met die goeie siel en sagte oë wat in haar hart en boekwinkel kom rondkrap. Miskien kan hy vir Mara wys daar is meer vir haar bestem hier en by hom as wat sy in haar verlede agtergelaat het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Malene+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eMalene Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382665920675,"sku":"9781779880802","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880802_345294c5-647f-4d6a-943a-587ca643ab9d.jpg?v=1776585846"},{"product_id":"9780796323675","title":"Cara","description":"\u003cp\u003eWat het die nag van 29 Januarie 1943 met Cara en haar hartsmense gebeur?\u003cbr\u003eDit is die jaar 1947. Cara is vier-en-vyftig, 'n weduwee wat haar man, kinders en kleinkinders in een nag verloor het.\u003cbr\u003eIn die voorportaal van haar aanneemouers se huis word sy gekonfronteer deur portrette uit haar verlede. Sy is nie meer die gelukkig getroude vrou van destyds nie; sy is n weduwee-ouma wat oor haar dooie kinders treur, terug uit 'n oorlogverskeurde Europa wat diep letsels op haar gelaat het. Cara maak wel nuwe vriende - dit blyk dat sy `n perfekte Swartwoudkoek kan bak - maar sy praat nie uit nie en vermy gesprekke oor haarself en haar familie.\u003cbr\u003eHang genesing af van openhartigheid, wonder sy. Sy weet nie of sy kans sien om alles vir almal te vertel nie tot 'n vriendin vir haar n brief skryf, met n slotnota wat sy soos 'n nagedagte aangelas het. In trane besef Cara dat sy nie alleen is nie.\u003cbr\u003eSy moet vergewe om te kan genees, maar hoe ver werk sy die grootste verlies van haar lewe?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382902571171,"sku":"9780796323675","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323675_47ba8ecf-b96b-402a-b3ce-37a8e178bac6.jpg?v=1776500610"},{"product_id":"9781779880840","title":"Om weer te dans","description":"\u003cp\u003eZivah werk op Ezra se plaas in Galilea waar sy geurige olies leer meng en parfuum maak. Sy dra swaar aan 'n verlore liefde en is 'n gevangene van 'n donker geheim uit haar verlede, maar hoop dat haar stukkende emosies heel sal word terwyl sy haar passie uitleef. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBarabbas met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturiersgees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en geluk waarna sy verlang. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onderdrukking te bevry dryf hom al dieper die verderf in en verder van Zivah af weg. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEzra ontferm hom al hoe meer oor Zivah, maar sy is vasgevang in haar pyn en hoop vir 'n tweede kans met Barabbas toe Pontius Pilatus hom vrylaat in plaas van die misterieuse Messias-man wie sy ontmoet het ... Maar dit verander steeds nie Barabbas se verterende haat, wraaksug en begeerte om vir sy mense 'n held te wees nie. In 'n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en 'n tweede kans. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHul paaie kruis telkens in liefde en pyn, maar net God se belofte van herstel - om weer te dans - kan hulle ware vryheid bring. Sal Sy liefde genoeg wees om twee gebroke siele te heel en hul verledes in hoop te omskep? Slegs die tyd sal leer of Zivah haar uitdagings hierdie keer in die gesig sal staar en Barrabas kan leer om die skynbaar onvergeeflike te vergeef vir hul liefde om seë te vier. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is.” (Jeremia 31:4, AFR83).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frenette+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eFrenette van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395091677347,"sku":"9781779880840","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880840_2b8627f5-28b3-47b8-82c2-869bfaa9ff1b.jpg?v=1776805063"},{"product_id":"9780796323910","title":"Liewer as lig","description":"\u003cp\u003eDis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy van mense splinternuwe skepsels maak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLeah en Schalk leef die voorstedelike droom. Hulle is gelukkig getroud, het baie vriende, 'n goeie ondersteuningsnetwerk en alles wat hul hart begeer. Schalk is Leah se beste vriend en 'n wonderlike pa vir hul twee dogtertjies.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl Schalk meer betrokke raak by die kerk en minder tyd saam met haar en die kinders deurbring, waardeer en aanvaar Barend Lubbe haar net soos sy is. Schalk verander wanneer hy 'n Bybelstudiegroep begin bywoon.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar Schalk se lewe begin uitmekaar val. Sy ou vriende vermy hom; hy weet nie hoe om die kloof tussen hom en Leah te oorbrug nie en hy verloor sy inkomste. Uiteindelik ontdek Leah en Schalk om God se leiding van dag tot dag te vertrou en dat Hy hulle nie wil straf nie, maar sy liefde aan hulle wil bewys.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Juanita+Aggenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eJuanita Aggenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Juanita Aggenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395093053603,"sku":"9780796323910","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323910_f406aabc-d3f5-434d-b20a-f9c70cdeb0fb.jpg?v=1776803509"},{"product_id":"9780796323859","title":"Helene de Kock Inspirasie-omnibus: Kruispad vir Klara \u0026 Engel op die drumpel","description":"\u003cp\u003eHelene de Kock se eerste Inspirasie-omnibus is nou beskikbaar, met twee lekker verhale: Kruispad vir Klara en Engel op die drumpel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKruispad vir Klara: Klara Geertse is Tukkies se skatryk joolprinses met die wêreld aan haar voete. Dan sterf haar pa en sy en haar ma word sonder 'n sent gelos. Sy staan voor 'n kruispad, en sy is sielalleen. Wat, of wie, gaan haar help om staande te bly? Kruispad vir Klara is 'n roerende liefdesverhaal wat jou weer hoop vir die lewe en die liefde sal gee.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEngel op die drumpel: In Huis Exodus geld net een reël: moenie jou probleme myne maak nie. Marli Jooste ontdek dit sommer met haar aankoms. Sy word heen en weer gesleur tussen dit wat sy nog altyd geglo het en nuwe, opwindende dinge. Totdat Marli op 'n dag moet besluit oor die lewe of die dood. 'n Storie van liefde en die hoop wat nooit beskaam nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helene+de+Kock\" class=\"contributor-link\"\u003eHelene de Kock\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395118678179,"sku":"9780796323859","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323859_9767d498-1841-4ad2-abcb-27b3389bef6a.jpg?v=1776803505"},{"product_id":"9780796319692","title":"Mispa","description":"\u003cp\u003eDie nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47583651266723,"sku":"9780796319692","price":245.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796319692_c0c4c3f6-f9c1-4ca5-806d-f48e67bd4435.jpg?v=1776441578"},{"product_id":"9781779881045","title":"Groete uit Skotland","description":"\u003cp\u003eFrances vlug van 'n hartseer verlede weg na 'n koue Skotland toe. Hier, waar haar ma se mense vandaan kom, wil sy graag 'n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie, wat op 'n plaas naby Hazyview woon. Sy begin werk as 'n onderwyseres by 'n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs die pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig. Dit is nie maklik om 'n weduwee op 'n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy dit met baie liefde en geloof. Toe Frances se broer, Deon, gewerf word deur 'n skool in Pretoria, voel sy egter heeltemal alleen.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNa 'n plaasaanval besef Martie dat sy 'n plaasbestuurder sal moet aanstel, en só betree Dillon Geduld haar wêreld.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGerbrand is 'n Suid-Afrikaanse predikant in Skotland en worstel met sy eie gebrokenheid en pyn terwyl hy ander moet bystaan. Sy troos is die Skotse landskap, die Woord, sy bediening en sy ouers se ondersteuning. Een Sondag sien hy vir Frances raak ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBy die kerk ontmoet Frances 'n landheer en word na sy herehuis genooi. Daar besef sy, sonder dat hulle dit weet, dat die MacIntyres bloedfamilie is ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGroete uit Skotland is 'n verhaal van intrige, familiebande en verrassings. Gebroke mense vind hoop en bemoediging by mekaar terwyl hulle worstel deur hul eie verliese, verhoudings en teleurstellings. Soms draai dinge nie uit soos jy verwag nie …\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sunet+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eSunet du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sunet du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47609385943203,"sku":"9781779881045","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779881045_d7171542-2d01-48e7-be63-9d4a76257c31.jpg?v=1777451021"},{"product_id":"9781779881007","title":"Pompeii","description":"\u003cp\u003eVoor die uitbarsting van Vesuvius word Aeliana en haar moeder as slavinne uit Jerusalem weggevoer en bevind hulle hulself in Pompeii - 'n besige stad vol afgodtempels. 'n Vlaag teregstellings eis haar moeder se lewe en dryf die klein groepie oorlewende gelowiges na geheime ontmoetingsplekke uit vrees vir hul lewens. Haar kunstalente verseker haar 'n posisie in 'n villa, maar haar pligte strook soms nie met haar waardes nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBalthus, 'n gladiatorslaaf wat sy vryheid in 'n geveg gewen het, het haar moeder belowe om na Aeliana om te sien, maar haar wantroue veroorsaak innerlike konflik oor haar gevoelens vir hom. 'n Versigtige vriendskap ontstaan tussen die twee en sy voel toenemend veilig by hom. Maar is sy aangetrokkenheid tot haar slegs gegrond in sy skuldgevoelens en belofte? En kan sy hom vertrou om haar en die ander Christene veilig te hou?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNá die plaasmoord op haar ouers worstel Liana met bitterheid en vrae oor God se genade. Sy aanvaar 'n wegbreekkans in Pompeii om restourasiewerk te doen. Liana verdiep haar in die muurkuns, mosaïeke en gebruiksitems by die Priscus-villa terwyl haar deernis vir die eertydse skilder en slawe groei.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDoktor Ulrich Balth en Liana het 'n stormagtige ontmoeting, maar sy kennis en vriendelikheid laat haar tog geleidelik teenoor hom ontdooi. Sy onverwagse begrip vir haar sporadiese bitterheid en hartseer laat haar vermoed dat hy self ook al kennis gemaak het met tragedie. Saam vlek hulle nie net die geheime van die laaste dae voor die ramp in Pompeii oop nie, maar ook hulle harte en verledes.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bets+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bets Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47774892982435,"sku":"9781779881007","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779881007_362e82ea-955b-4d4f-87e9-cacffa160f02.jpg?v=1781463224"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/christelike_fiksie.oembed?page=2","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}