{"title":"Dagstukke - Vroue","description":"","products":[{"product_id":"9780796320490","title":"Bruistablette vir die lewe","description":"\u003cp\u003eIn hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag 'n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe - om jou innerlik te versterk as mens. Dit is 'n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Susan+Coetzer\" class=\"contributor-link\"\u003eSusan Coetzer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Susan Coetzer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376662134947,"sku":"9780796320490","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796320490_af1d384a-4b5a-4e11-a19a-68dca18f96e6.jpg?v=1776500106"},{"product_id":"9780638009835","title":"Mini-Oordenkings vir Jong Vroue","description":"\u003cp\u003eIs jy ’n gelowige jong vrou wat aan die begin van jou lewensreis as volwassene staan? Het jy dalk raad nodig oor verhoudings, jou loopbaan, die huwelik of sommer net die lewe waar jy op hierdie opwindende nuwe pad staan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMini-oordenkings vir jong vroue bied 180 kort dagstukkies wat jou aanmoedig om voluit te lewe as die pragtige vrou wat God jou bedoel het om te wees. Ontdek hoe jy keuses kan maak wat God verheerlik te midde van die lewe se stampe en stote, terwyl jy ander in liefde dien en in elke situasie geleenthede raaksien om jou geloof uit te leef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mallory+Larsen\" class=\"contributor-link\"\u003eMallory Larsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mallory Larsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377210540195,"sku":"9780638009835","price":59.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009835_00d4a866-b1ac-4e2a-83df-41eaf340e986.jpg?v=1776803359"},{"product_id":"9781431625932","title":"Vroue Van Die Bybel","description":"\u003cp\u003eDie eise van die lewe maak dit dikwels moeilik om die eggenoot, ma, dogter of vriendin te wees wat jy wil wees. Hoe bemoedigend om te weet jy is nie die enigste vrou wat so voel nie! Vroue van die Bybel fokus op 52 besondere vroue van die Bybel wat dieselfde uitdagings in hulle lewe en geloof ervaar het as wat die moderne vrou daagliks het. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 vroue, met:\u003cbr\u003e• ’n Inspirerende blik op haar lewe (Maandag)\u003cbr\u003e• Meer inligting oor haar leefwêreld (Dinsdag)\u003cbr\u003e• ’n Kort Bybelstudie oor haar lewe en hoe jy dit in jou lewe kan toepas (Woensdag)\u003cbr\u003e• Bybelse beloftes (Donderdag)\u003cbr\u003e• ’n Gebed (Vrydag)\u003cbr\u003eVroue van die Bybel bevat ook:\u003cbr\u003e• ’n Tematiese indeks\u003cbr\u003e• ’n Lys en tydlyn van die vroue van die Bybel\u003cbr\u003e• ’n Lys van die vroue in Jesus se stamboom\u003cbr\u003e• ’n Lys van die vroue in Jesus se lewe en bediening\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ann+Spangler\" class=\"contributor-link\"\u003eAnn Spangler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jean+E.+Syswerda\" class=\"contributor-link\"\u003eJean E. Syswerda\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ann Spangler,Jean E. Syswerda","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378262130851,"sku":"9781431625932","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625932_6f28fd15-df82-4064-a460-24d236ff4b5a.jpg?v=1776536917"},{"product_id":"9781431626540","title":"Moed Vir Elke Môre","description":"\u003cp\u003eIn 'n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir elke môre.\u003cbr\u003eDie 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrouwees daagliks moedig uit te leef.\u003cbr\u003eMoed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Milanie+Vosloo\" class=\"contributor-link\"\u003eMilanie Vosloo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Milanie Vosloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378300960931,"sku":"9781431626540","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431626540_376f6e66-76d2-4b7c-ac0c-e898a1c1555d.jpg?v=1776804396"},{"product_id":"9781431626984","title":"Leef Vry: 366 Oordenkings","description":"\u003cp\u003eHou vrees vir die verlede, hede en toekoms jou gevange met spyt, stres en onsekerheid?\u003cbr\u003eDie 366 dagstukke in Leef vry sal jou lei tot 'n dieper verstaan van die lewe wat joune is deur Jesus se kruisdood. Hierdie daaglikse oordenkings, vrae, gebede en vrae om oor na te dink, sal jou uitdaag, inspireer en bemoedig terwyl jy die vryheid ontdek wat joune is in God, maak nie saak in watter seisoen jy is of wat jou omstandighede is nie.\u003cbr\u003eDag een tot vyf bevat 'n Skrifgedeelte en oordenking, terwyl dag ses vrae bevat oor die voorafgaande vyf dae se dagstukke. Dit kan vir persoonlike of groepstudie gebruik word. Dag sewe fokus daarop om hierdie waarhede in jou lewe toe te pas deur gebed of jou eie dagboekinskrywings.\u003cbr\u003eKom ervaar self wat dit beteken om vrygemaak te wees van vrees sodat jy kan voel, vra, floreer, volg, liefhê, leer, gee, rus, misluk en droom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dalene+Reyburn\" class=\"contributor-link\"\u003eDalene Reyburn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dalene Reyburn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378707251363,"sku":"9781431626984","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431626984_54a8d1d6-6384-47c1-b398-d76a9acb8f33.jpg?v=1776537050"},{"product_id":"9780638008418","title":"Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Vroue","description":"\u003cp\u003eOntdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks groei.\u003cbr\u003eDie sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke waardig en sterk in God is. Elke dag bevat 'n versameling kernverse uit die Skrif en 'n kort oordenking oor temas soos geestelike groei, wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar is ook 'n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor jy wonder.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Norma+Rossouw\" class=\"contributor-link\"\u003eNorma Rossouw\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Norma Rossouw","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378826559651,"sku":"9780638008418","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638008418_128e68fb-df84-4dea-a039-b9304a133ecd.jpg?v=1776490163"},{"product_id":"9781431625529","title":"Daaglikse Bemoediging vir Vroue","description":"\u003cp\u003eDit is so maklik om in hierdie besige lewe oorweldig te voel. Soms raak ons so gefokus op al die dinge wat van ons verwag word dat dit voel of die lewe bloot om oorlewing gaan. Tog gaan die lewe oor meer as net oorlewing; ons is veronderstel om te floreer en elke dag oorwinnend te leef terwyl ons op God gefokus bly.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEenminuut-oordenkings: Daaglikse bemoediging vir vroue bied 365 kort en bemoedigende oordenkings wat vroue sal help om opnuut op God te fokus. Wanneer jy herinner word aan God se getrouheid en oneindige liefde sal jy in staat wees om verby jou eie kommer, frustrasie en pyn te kyk en opnuut vreugde en hoop te ontdek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEenminuut-oordenkings saamgestel uit ’n Veilige skuilplek\u003cbr\u003eGerieflike sakpas-grootte\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nina+Smit\" class=\"contributor-link\"\u003eNina Smit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eenminuut+Oordenkings\" class=\"contributor-link\"\u003eEenminuut Oordenkings\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nina Smit,Eenminuut Oordenkings","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379336364195,"sku":"9781431625529","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625529_b17562b6-42b6-4eda-9722-ee0d4c71ae6d.jpg?v=1776804393"},{"product_id":"9780796322784","title":"`n Sonneblom vir elke dag","description":"\u003cp\u003eDie wêreld het meer sonneblommense nodig - mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer soos Hy wil wees. Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek - al agter die Son aan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Susan+Coetzer\" class=\"contributor-link\"\u003eSusan Coetzer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Susan Coetzer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379346849955,"sku":"9780796322784","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322784_f91787b0-651b-4541-90a1-7ecdb7b6c9a1.jpg?v=1776500416"},{"product_id":"9780796321206","title":"`n Palet vol vreugde","description":"\u003cp\u003eAletté-Johanni Winckler, influencer, voorkomskonsultant, vrou en ma neem jou met hierdie 366 dagstukkies nader aan God. Sy daag jou reguit uit om die Here te vertrou in elke aspek van jou lewe: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en nog soveel meer. Ontdek saam met Aletté God se palet vol vreugde vir elke dag. Met insette van vriendinne soos Marciel Hopkins, Anel Alexander, Christi Panagio, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alett%C3%A9-Johanni+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eAletté-Johanni Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Aletté-Johanni Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379388399779,"sku":"9780796321206","price":219.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796321206_db38fd06-6200-49e7-b9f3-49f37ecfc204.jpg?v=1776500194"},{"product_id":"9781776342976","title":"Moed Vir Elke Dag: Maak Elke Dag Jou Beste Dag","description":"\u003cp\u003eMet die konstante eise en druk van die daaglikse lewe, kan dit moeilik wees om tot stilstand te kom en God te ervaar. Topverkoperskrywer Joyce Meyer se praktiese manier van onderrig in hierdie geestelike oordenkings vir 365 dae sal jou aanmoedig om tyd vir jouself te maak sodat jy Moed vir Elke Dag kan ontvang!\n\nOntvang elke dag nuwe genade en seëninge wanneer jy tyd saam met God spandeer: terwyl jy sy Woord lees, luister en bid om sy leiding. Wanneer jy dit doen, sal God jou versterk en jou in staat stel om die lewe met wysheid en vrede in jou gemoed te hanteer, in plaas daarvan om bloot die dag agter die rug te probeer kry.\n\nGod sal jou deur moeilike tye verkwik en bemagtig met geduld en hoopvolle verwagting op die goeie dinge wat Hy vir jou beplan.\n\nHierdie boek met dagstukke vir die hele jaar het ook 'n pragtige ontwerk en omslag, en is die ideale geskenk vir die vrou in jou lewe.\n\nVerkoopspunte:\n• Bekende en gerespekteerde topverkoperskrywer\n• Lojale lesersaanhang\n• 365 voorsien daaglikse moed en krag\n• Ideale geskenk\n• 140 x 190 mm, hardeband met pragtige afwerkings\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joyce+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eJoyce Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joyce Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379448627363,"sku":"9781776342976","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776342976_6a09de39-9e92-40d7-9a84-906a872c4100.jpg?v=1776582406"},{"product_id":"9780638010466","title":"In Genade en Dankbaarheid","description":"\u003cp\u003eDie geheim tot ’n gelukkige lewe is om met dankbaarheid te leef. Ontdek opnuut God se genade en kweek dankbaarheid in jou lewe namate jy leer om op God se oorvloedige seën in jou lewe te fokus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOntdek die wonder van God se genade met die 366 dagstukke van In genade en dankbaarheid: 366 Oordenkings van Vreugde en Vrese.\u003cbr\u003eElke dag bevat ’n toepaslike teksvers, ’n kort oordenking deur Carolyn Larsen en vrae om oor na te dink.\u003cbr\u003eHierdie dagstukke sal jou hart met genade vul wanneer jy die seën van God se liefde, vreugde en hoop in jou lewe herken.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e366 oordenkings.\u003cbr\u003eElke dag het ’n toepaslike teksvers, ’n kort oordenking en vrae vir nadenke.\u003cbr\u003eHardeband.\u003cbr\u003e388 tweekleur bladsye.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carolyn+Larsen\" class=\"contributor-link\"\u003eCarolyn Larsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carolyn Larsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380091601059,"sku":"9780638010466","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638010466_0b3cf4aa-f0f3-4177-8084-a5bba94ff89f.jpg?v=1776803395"},{"product_id":"9780638009866","title":"Gebede uit ’n vrou se hart","description":"\u003cp\u003eIn elke seisoen van jou lewe is daar een ding wat konstant bly: God se liefde en teenwoordigheid. As jy toelaat dat God jou treë rig, sal jy altyd sy vrede ervaar – selfs wanneer jy deur ’n winterseisoen gaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGebede uit ’n vrou se hart bevat 366 gebede wat elke vrou sal inspireer om in elke seisoen van haar lewe aan God oorgegee te leef. Word geïnspireer om in die lente gebede van hoop en moontlikheid te bid, en in die somer gebede van dapperheid om te antwoord op God se roepstem. Skuil in die herfsmaande by God terwyl jy Hom toelaat om sy werk te doen. En roep in die winter van die lewe uit na die God van lig en lewe wat jou toevou met die versekering dat die lente weer sal kom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e’n Alfabetiese indeks van die gebede is ingesluit sodat jy die gebed wat jy nodig het maklik kan opspoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e366 gebede vir vroue.\u003cbr\u003eDie gebede sentreer rondom die vier seisoene in ’n mens se lewe: lente, somer, herfs en winter.\u003cbr\u003eAlfabetiese indeks van gebede.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dalene+Reyburn\" class=\"contributor-link\"\u003eDalene Reyburn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dalene Reyburn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380220412067,"sku":"9780638009866","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009866_48f88c09-1146-4e67-9917-da82aa53f037.jpg?v=1776803370"},{"product_id":"9781431623228","title":"`n Lewe Naby God","description":"\u003cp\u003eGrootdruk . God se teenwoordigheid is iets wat jy doelbewus moet soek, maar te midde van ’n besige program en krisisse verloor ons so maklik perspektief.\u003cbr\u003eGeliefde skrywer Nina Smit wil vroue met 366 oordenkings in ’n Lewe naby God deur praktiese riglyne help om nader aan God te kom sodat sy Teenwoordigheid vir hulle ’n werklikheid kan word. Belangrike temas wat uitstaan, is onder andere:\u003cbr\u003e• gefokusde tyd met die Woord\u003cbr\u003e• gebed as anker van jou geloofslewe\u003cbr\u003e• betroubaarheid van God se beloftes\u003cbr\u003e• dankbaarheid as uitvloeisel van geloof\u003cbr\u003e• hantering van seer en mislukking in jou verlede\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nina+Smit\" class=\"contributor-link\"\u003eNina Smit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nina Smit","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380380352675,"sku":"9781431623228","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431623228_ddd35eba-ad34-496e-99c3-e8056519be18.jpg?v=1776536755"},{"product_id":"9780796323941","title":"Genesing vir elke vrou","description":"\u003cp\u003eOntvang genesing vir jou emosionele wonde en ontdek jou lewensdoel as God se kind in hierdie 90 - oordenkings dagstukkieboek. Genesing vir elke vrou 90 oordenkings delf diep in Joyce Meyer se eie lewensverhaal en haar reis na genesing. Ten spyte van jare se mishandeling, verwerping en verraad deur die mense die naaste aan haar, glo Joyce dat elke vrou wat diep seergekry het deur lewensomstandighede, ten volle genees kan word in hart en siel. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar onwankelbare aanspraak het ontstaan uit haar eie reis na genesing, en ook die pad wat sy gestap het met soveel vroue wat nie wou glo dat hulle hul pyn ten volle sou oorwin nie. Joyce neem jou op 'n 90-dae-reis om jou te bemoedig deur die lewe se struikelblokke om jou ware lewensdoel te bereik. Die Here kan jou pyn genees, en Hy wil dit in jou hart doen sodat jy die wonderlike, vreugdevolle toekoms wat God vir jou beplan het kan leef!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joyce+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eJoyce Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joyce Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380409909411,"sku":"9780796323941","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323941_fa161cd7-28ad-4dd1-9cd4-c91c495cec96.jpg?v=1776803512"},{"product_id":"9781776358243","title":"Olie vir jou lamp","description":"\u003cp\u003e180 dagstukkies vir inspirasie en bemoediging\nOlie vir jou lamp bevat 180 maklik-lees dagstukkies vir geestelike inspirasie en bemoediging in moeilike tye, tye waarin mense soms tou opgooi omdat dinge net te veel raak, en tye wanneer ’n mens emosionele en sielgerigte onderskraging nodig het. Die skrywer deel waarhede oor leiding uit die Woord wat mense soms nie wil hoor nie, maar tog so nodig het. Die doel van hierdie boek is om ander te inspireer, te bemoedig en geestelik\nte versterk in geloof. Die skrywer het mense se nood ondervind in versoeke oor seer, bitterheid, vergifnis, familietwis, koue geestelike lewe, huweliksprobleme, verwerping, ontrou, selfdood van geliefde, selfverwyt,\nafguns, die nagevolge van die Covid-19-pandemie en vele meer relevante temas.\nOlie vir jou lamp is ’n uitersgewilde Facebook-groepblad met meer as 25,000 lede en hierdie dagstukkie boek spruit daaruit. Lede is meestal vrouens tussen die ouderdomme van 18 tot 65+, maar almal sal kan aanklank vind by hierdie kragtige boodskappe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Emsie+Martin\" class=\"contributor-link\"\u003eEmsie Martin\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Emsie Martin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380676575395,"sku":"9781776358243","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776358243_c91b7d7b-5e6b-45e6-b702-567d3f145f3e.jpg?v=1776584111"},{"product_id":"9781431626069","title":"Net soos jy is","description":"\u003cp\u003eMilanie Vosloo het een boodskap in hierdie dagboek vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef.\u003cbr\u003eMilanie bespreek in Net soos jy is se 366 dagstukke temas soos God se liefde wil jou seën, Hy het élke faset van jou lief, Hy is lief vir jou verál wanneer jou hart huil, Hy het álmal lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak.\u003cbr\u003eDie skrywer sal lesers in Net soos jy is oortuig dat God hulle liefhet, net soos hulle is. Maar Hy wil elkeen steeds elke dag liewer hê. Daarom wil Hy ons nie los soos ons is nie, maar help om Hom te leer ken, te groei en meer en meer soos Hy te word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Milanie+Vosloo\" class=\"contributor-link\"\u003eMilanie Vosloo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Milanie Vosloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381053800611,"sku":"9781431626069","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431626069_cab1222b-409e-4e5b-b9b4-2907dca9d705.jpg?v=1776536940"},{"product_id":"9781776358205","title":"Kom saam - Inspirasie vir jou lewensreis","description":"\u003cp\u003eKom saam: Inspirasie vir jou lewensreis is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise - en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSonja Goldberg is die suster van die bekende skrywer Elsa Winckler, en het 'n graad in teologie. Haar inspirerende boodskappe kan gereeld op die radio gehoor word en sy skryf gereeld oordenkings vir die You Version Bybeltoep.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sonja+Goldberg\" class=\"contributor-link\"\u003eSonja Goldberg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sonja Goldberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381106983075,"sku":"9781776358205","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776358205_2168aa07-3e3c-4a63-a460-c31e4ec7c866.jpg?v=1776584106"},{"product_id":"9781991237064","title":"Psalms vir elke dag","description":"\u003cp\u003ePsalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit sal jou:\u003cbr\u003e• Nader aan Jesus bring, en\u003cbr\u003e• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is, jou eie te maak.\u003cbr\u003e• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm\u003cbr\u003e• 376 pp\u003cbr\u003e• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk\u003cbr\u003e• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joyce+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eJoyce Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joyce Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381139488931,"sku":"9781991237064","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991237064_788da080-bf7b-49b8-ba53-faa6cc082874.jpg?v=1776619684"},{"product_id":"9780638008760","title":"Laat Sy Liefde Jou Lei: 365 Koester-Oordenking","description":"\u003cp\u003eLaat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en jy sal sy vrede en vreugde ervaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die positiewe wat 'n mens kry uit 'n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos: die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo die beste.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God, hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is nie, liefde is die antwoord.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Milanie+Vosloo\" class=\"contributor-link\"\u003eMilanie Vosloo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Milanie Vosloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381451571363,"sku":"9780638008760","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638008760_40de90db-69bb-4256-aad9-0f336a33dc51.jpg?v=1776490241"},{"product_id":"9780796323422","title":"Lekkergoed vir die lewe","description":"\u003cp\u003eTen spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en daaglikse gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie 'n noemenswaardige, positiewe verskil in 'n mens se lewe maak nie. Hoe kan 'n mens dan in 'n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeur 'n ware konneksie met die Here te maak en die werking van sy Heilige Gees eerstehands te begin ervaar. Dit help jou om anders te begin reageer in situasies wat vroeër 'n sneller vir jou kort lont sou wees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan doodgewone alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar: van die trapmeul by die werk tot die verantwoordelikhede by die huis tot die glasskerwe op jou lewenspad. Die boek is ook daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek en in te oefen. Dit sal jou bemoedig om geestelik sterker te word sodat jy as gelowige staande kan bly in ongekende moeilike tye in ons land.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Susan+Coetzer\" class=\"contributor-link\"\u003eSusan Coetzer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Susan Coetzer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381543452835,"sku":"9780796323422","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323422_7cb8f087-eb8f-4537-bedf-e63206b7f50c.jpg?v=1776500546"},{"product_id":"9781779880208","title":"Kom Saam - Wysheid vir jou lewensreis","description":"\u003cp\u003eKom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en hoogtepunte van elke dag. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise - en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sonja+Goldberg\" class=\"contributor-link\"\u003eSonja Goldberg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sonja Goldberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381633106083,"sku":"9781779880208","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880208_0679728a-9d7f-4e6b-a82f-b21fac23aa25.jpg?v=1776585757"},{"product_id":"9780638009088","title":"Die Krag van 'n Biddende Vrou Oordenkings","description":"\u003cp\u003eSmag jy na 'n meer vervullende huwelik? Is daar areas in jou verhouding met jou man wat hoop en genesing nodig het? Die krag van 'n gelowige, biddende vrou kan nie oorskat word nie. Stormie Omartian bied verrykende insigte wat jou sal versterk en bemoedig terwyl jy vir jou huwelik bid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie krag van 'n biddende vrou oordenkings se 100 dagstukke deur topverkoper-outeur Stormie Omartian bied:\u003cbr\u003e• Sielsverrykende oordenkings wat innerlike krag en vrede sal bring.\u003cbr\u003e• Vars perspektief op die situasies en uitdagings wat jy elke dag in die gesig staar.\u003cbr\u003e• Gebede wat fokus op jou eie behoeftes, gebede spesifiek vir jou man en gebede vir julle huwelik.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer jy jouself en jou man in gebed voor die Here bring, maak jy jou lewe oop vir al die liefde, genade en voorsiening wat God oor julle kan uitstort. Versterk julle huwelik deur elke dag die Heilige Gees se leiding te soek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stormie+Omartian\" class=\"contributor-link\"\u003eStormie Omartian\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stormie Omartian","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381716304035,"sku":"9780638009088","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009088_3b8a2aa0-d130-4408-a993-d909c4bcde46.jpg?v=1776490310"},{"product_id":"9780638009699","title":"Kaalvoet Sielsgedagtes: 366 Dagstukke vir Vroue Wat in God Se Genade-lig wil Wandel","description":"\u003cp\u003eWens jy soms dat jy alles wat in jou hart is onbevange kan deel met Iemand wat jou volkome verstaan? Die goeie nuus is: Daar is so Iemand! En Hy het jou liewer as wat jy ooit kan besef.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTopverkoper-outeur Milanie Vosloo nooi vroue met Kaalvoet Sielsgedagtes om ongekunsteld by God stil te word. Die 366 dagstukke moedig elke vrou aan om sonder voorgee na God toe te kom - net soos sy is. God wil hê ons moet eerlik met Hom wees oor ons behoeftes, ons vreugdes en ons vrese sodat Hy ons met sy teenwoordigheid en genade kan troos op die manier wat ons nodig het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSluit by Milanie aan op 'n eerlike stilword-reis en ervaar dat God jou hart aanraak met sy liefde en vrede.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• 366 dagstukke vir vroue\u003cbr\u003e• Topverkoper-outeur\u003cbr\u003e• 392 eenkleur-bladsye\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Milanie+Vosloo\" class=\"contributor-link\"\u003eMilanie Vosloo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Milanie Vosloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382495297699,"sku":"9780638009699","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009699_9e466191-2e91-4c6b-91c1-eed140374b98.jpg?v=1776490387"},{"product_id":"9781776477234","title":"Vertrou God elke dag","description":"\u003cp\u003eVertrou jy op jouself ... of vertrou jy op God?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWaar die wêreld 'n mens aanmoedig om op omstandighede, sukses en ander se opinies staat te maak, sê God ons moet Hom ten volle vertrou. As 'n mens dit doelbewus doen, kan dit jou help om goeie keuses te maak, angstigheid te oorkom en 'n positiewe lewensuitkyk te kweek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Vertrou God elke dag help internasionale spreker en New York Times-topverkoper-outeur Joyce Meyer jou om elke dag van die jaar reg te begin. Elke dag se stukkie bevat praktiese raad en hulp van Joyce, asook lewensveranderende beloftes uit God se Woord wat jy vinnig en maklik in jou eie lewe kan toepas.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e365 Dagstukke om jou te help om goeie keuses te maak, kommer teë te werk, angstigheid te oorkom en 'n positiewe lewensuitkyk te kweek.\u003cbr\u003eSagteband.\u003cbr\u003e388 eenkleur bladsye.\u003cbr\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel Trusting God Day by Day.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joyce+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eJoyce Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joyce Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577220022435,"sku":"9781776477234","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776477234_35b6db24-a997-4e74-ab3b-b6dc578a4924.jpg?v=1776804986"},{"product_id":"9780796323699","title":"Meer van U, Heer","description":"\u003cp\u003eOns almal soek na 'n anker vir ons siel in hierdie wêreld wat konstant om ons aandag meeding, waar die geraas van die alledaagse lewe ons gees oorweldig en waar onseker tye ons hart met vrese vul.\u003cbr\u003eMeer van U, Heer deur Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai en 'n bekende smaakmaker, is 'n reisgenoot wat jou sal lei op 'n transformerende reis van geloof, vertroue en geestelike groei.\u003cbr\u003eFarren ondersoek dinge wat vroue se harte aanraak en hul daaglikse lewe beïnvloed. Elke dag bevat 'n Skrifgedeelte om te lees, 'n oordenking en 'n gebed wat saamwerk om jou hart te vorm en jou geloof te versterk.\u003cbr\u003eBegin vandag jou reis. Laat hierdie boek jou lei van onsekerheid na vertroue, van vrees na geloof, van inwaartse fokus na uitwaartse sending.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Farren+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eFarren Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Farren Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979982499,"sku":"9780796323699","price":234.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780796323699_426c681c-1b8d-4e7b-b576-96c33f9b1b10.jpg?v=1777753910"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/dagstukke-vroue.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}