{"title":"Gebed","description":"","products":[{"product_id":"9781770008045","title":"Kragtige Gebed Deur God Se Woord Gebedeboek","description":"\u003cp\u003eStormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in  Kragtige gebed deur God   se Woord - Gebedeboek  is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord. \u003cbr\u003e     Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in 'n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.\u003cbr\u003e      Kragtige gebed deur God se Woord - Gebedeboek  is 'n wonderlike geskenk vir elke gelowige.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stormie+Omartian\" class=\"contributor-link\"\u003eStormie Omartian\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stormie Omartian","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376480174243,"sku":"9781770008045","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770008045_68aa5e2d-9b60-466f-a684-d7c56b2a2d68.jpg?v=1776569767"},{"product_id":"9781431620791","title":"Gebede uit die hart","description":"\u003cp\u003eBaie mense het vrae oor presies wat om te bid en hoe om te bid. In Gebede uit die hart gee dr. Warren Wiersbe antwoorde op sommige van hierdie vrae terwyl hy ook ondersoek instel na hoekom en hoe God mense vra om te bid.\u003cbr\u003eGebede uit die hart bied praktiese hulpmiddels wat nuwe en ervare gelowiges help om gebed deel te maak van hulle daaglikse lewe. In hierdie boek sal hulle God se wil vir hulle gebedslewe ontdek, hoe hulle verhouding met God en ander mense hulle gebedslewe beïnvloed en wat dit beteken om vir hulle vyande te bid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet hierdie diep geestelike boek lei dr. Wiersbe lesers doelbewus weg van streng godsdienstige reëls oor gebed wat in die Bybelse tyd toegepas is. Hy moedig gelowiges eerder aan om vreugde te vind in God se teenwoordigheid terwyl hulle die daaglikse gewoonte beoefen om in gesprek met God te tree.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Warren+W.+Wiersbe\" class=\"contributor-link\"\u003eWarren W. Wiersbe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Warren W. Wiersbe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377111384227,"sku":"9781431620791","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431620791_d093459b-54d0-45da-92f1-f369af590bf6.jpg?v=1776536693"},{"product_id":"9781779881298","title":"Die geheime van effektiewe gebed","description":"\u003cp\u003e“Gebed is lewensbelangrik.” \u003cbr\u003eBaie gelowiges voel soms asof God slegs sommige van hulle gebede verhoor, en ander nie. Of dalk voel dit selfs asof jou gebede nooit beantwoord word nie, terwyl dit lyk asof ander mense sonder faal antwoorde en resultate ontvang wanneer hulle bid. Baie kinders van God voel moedeloos oor hul gebedslewe en wonder dikwels, “Bid ek reg? Waarom voel dit partykeer asof my gebede nie verder as die plafon gaan nie?” Jesus sê dan in Matteus 7:7, “Bid, en vir julle sal gegee word ...” \u003cbr\u003eHierdie is eeueoue vrae wat meeste gelowiges hulself al gedurende hulle wandel met die Here afgevra het. Is dit omdat God meer vir ander omgee as vir jou, of dalk net sekere geheime gebede verhoor wat jy nie van kennis dra nie? En indien dit die geval is, waarom dan bid as God reeds besluit het of Hy gaan antwoord, of nie. \u003cbr\u003eDie vraag is egter: Weet jy wat God van jou verwag wanneer jy bid? In Die geheime van effektiewe gebed ondersoek en beantwoord Stephan Joubert hierdie vrae en meer, en lei die leser op 'n heerlike en interessante ontdekkingsreis deur Habakuk in die Woord waar die geheime van effektiewe gebed gevind kan word. In hierdie gebedsgids sal jy die sleutels ontdek van hoe om waarlik volgens God se wil te bid, Hom in die proses te eer en te verheerlik, en jou daaglikse kommunikasie met Hom na nuwe vlakke van vreugde en vervulling te neem.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stephan+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eStephan Joubert\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stephan Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378519261347,"sku":"9781779881298","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779881298_9af274b7-806c-4deb-98e0-28b44ce6425c.jpg?v=1776805077"},{"product_id":"9780637000819","title":"Gebed vir elke geleentheid","description":"\u003cp\u003eGebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul. Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing. Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hennie+Maartens\" class=\"contributor-link\"\u003eHennie Maartens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hennie Maartens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378721636515,"sku":"9780637000819","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637000819_90f424fb-e54e-4bea-b5b0-45c6fcc8d880.jpg?v=1776488294"},{"product_id":"9781776351251","title":"Die net is gebreek","description":"\u003cp\u003eGebed, die weg na vrede en vervulling\u003cbr\u003eDie net is gebreek brei uit op die boodskap van Psalm 124:7, “Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.'\u003cbr\u003eDie meeste mense beland die een of ander tyd in 'n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.\u003cbr\u003eIn die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van 'n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader.\u003cbr\u003eDie blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van 'n gesonde gebedslewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die net is gebreek word ons herinner dat 'n groot krisis tot innerlike groei en verryking lei. Dan kan daar betekenis wees in 'n tyd van teenspoed, en 'n nuwe pad kan uit die doodloopstraat lei.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chris+van+der+Merwe\" class=\"contributor-link\"\u003eChris van der Merwe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chris van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379499090083,"sku":"9781776351251","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351251_2242a89e-ba61-4593-895f-77098e739410.jpg?v=1776582589"},{"product_id":"9780796322777","title":"Tussen angs en sekerheid","description":"\u003cp\u003eWanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, 'n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak. In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie. Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ferdinand+Deist\" class=\"contributor-link\"\u003eFerdinand Deist\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ferdinand Deist","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379907510435,"sku":"9780796322777","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322777_007a4685-769e-4ce9-a052-4d010fc856b6.jpg?v=1776500412"},{"product_id":"9780638010473","title":"Dankbaar en Geseënd Dankie-Sê-Joernaal","description":"\u003cp\u003eHierdie pragtige Dankbaar en Geseënd Dankie-Sê-Joernaal bevat verse uit die Skrif, asook inspirerende aanhalings oor verskeie aspekte van dankbaarheid deur bekende Christelike skrywers. Dit bevat ook genoeg plek om jou eie gedagtes en gebede neer te skryf. Ontgin die krag van dankbaarheid vir die seën en genade uit God se hand.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDankie-sê-joernaal met teksverse en inspirerende aanhalings, en genoeg plek om jou eie gebede en gedagtes neer te skryf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+JPL062\" class=\"contributor-link\"\u003eJPL062\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"JPL062","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380091535523,"sku":"9780638010473","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638010473_7fb6551f-2848-4347-a452-80ee83775cb7.jpg?v=1776803399"},{"product_id":"9780638010442","title":"Manne van Geloof Gebedsjoernaal","description":"\u003cp\u003eGebed is ’n kragtige hulpmiddel om enige uitdaging met God se krag en wysheid te oorkom. Vind die leiding en genade wat jy nodig het in jou daaglikse stiltetyd by God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Manne van geloof Gebedsjoernaal ondersoek topverkoper-outeur Angus Buchan die lewens van 30 geloofshelde wat berge verskuif het deur getroue gebed, waaronder Charles Spurgeon, Oswald Chambers, E.M. Bounds, Johannes Calvyn, Augustinus, en ook Bybelkarakters soos Dawid, Job, Abraham en Salomo.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel sal hierdie gebedsjoernaal jou help om die man van God te word wat jy bedoel is om te wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Angus+Buchan\" class=\"contributor-link\"\u003eAngus Buchan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Angus Buchan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380091633827,"sku":"9780638010442","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638010442_2f141194-401b-46dd-9a24-7b1dcdb3b5df.jpg?v=1776803389"},{"product_id":"9781431622696","title":"Gebede om jou hart te seën","description":"\u003cp\u003eGebede om jou hart te seën is propvol inspirasie vir elke gelowige wat in gebed tot God wil nader, maar sukkel om die regte woorde te vind. Dit bevat gebede uit die Woord, asook klassieke gebede van skrywers soos Dietrich Bonhoeffer, Amy Carmichael, St. Augustinus en Ruth Bell Graham. Van die temas wat aangeroer word, is lofprysing, danksegging, tye van swaarkry en geestelike groei.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christelike+Uitgewersmaatskappy\" class=\"contributor-link\"\u003eChristelike Uitgewersmaatskappy\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christelike Uitgewersmaatskappy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380098285731,"sku":"9781431622696","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431622696_e8fbd791-61fa-4365-add0-c27c884e09ba.jpg?v=1776536710"},{"product_id":"9781431623150","title":"Gebede vir my seuntjie","description":"\u003cp\u003eGebede vir my seuntjie bied 40 kosbare gebede wat ouers oor hulle kleinding kan bid. Die gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg, beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carolyn+Larsen\" class=\"contributor-link\"\u003eCarolyn Larsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carolyn Larsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380098613411,"sku":"9781431623150","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431623150_ebd866c7-cd90-4038-a9ed-631b20e18694.jpg?v=1776536740"},{"product_id":"9781431623631","title":"Gebede Vir My Dogtertjie","description":"\u003cp\u003eDie gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg, beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carolyn+Larsen\" class=\"contributor-link\"\u003eCarolyn Larsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carolyn Larsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380116963491,"sku":"9781431623631","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431623631_ac2f7f19-fd83-4b1c-9528-a639d5553b1b.jpg?v=1776536788"},{"product_id":"9780796322111","title":"Ontmoet God in gebed","description":"\u003cp\u003eWat is gebed? Watter waarde vind ons daarin? Hoe bid 'n mens? In hierdie boek probeer Esté Geldenhuys die wêreld van gebed oopbreek deur:\u003cbr\u003e * God se karakter te ontgin\u003cbr\u003e * Die DNS van gebed te ondersoek en\u003cbr\u003e * Verskeie getuienisse oor die grootheid en almag van die lewende God.\u003cbr\u003e Mag hierdie boek vir elkeen wat dit lees 'n nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat Jesus gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Est%C3%A9+Geldenhuys\" class=\"contributor-link\"\u003eEsté Geldenhuys\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Esté Geldenhuys","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380311474339,"sku":"9780796322111","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322111_7a56520d-ee34-4e9e-b96d-0c8ca16c8ab8.jpg?v=1776500303"},{"product_id":"9781431626076","title":"Sakpas gebede vir elke dag","description":"\u003cp\u003eIs daar kommer in jou hart, of onbeantwoorde vrae? Neem dit na God toe in gebed!\r\nAngus Buchan is jou gebedsvennoot met die 365 kort, kragtige en Skrifgebaseerde gebede. Elke gebed word afgerond met ’n sleutelvers en aanhaling, asook ’n praktiese wenk om geloofsgroei in jou lewe aan te moedig. Wat jy ook al nodig het – of dit geduld, vrede, vreugde of genade is – Sakpas-gebede vir elke dag sal jou lei om jou hart oop te maak teenoor jou Skepper en só jou verhouding met Hom te verinnig.\r\nVind nuwe krag en inspirasie wanneer jy met jou Skepper praat en sy troos, liefde en genade ervaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Angus+Buchan\" class=\"contributor-link\"\u003eAngus Buchan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Angus Buchan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380474396835,"sku":"9781431626076","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431626076_cccb6f25-0b25-4562-b724-65d821fd0617.jpg?v=1776536944"},{"product_id":"9780796140364","title":"Sielskos","description":"\u003cp\u003eIrene Nel skryf al nege jaar elke dag ’n geestelike boodskap op Facebook wat sy “Sielskos” noem. Dit bestaan uit ’n Bybelteksvers, gedagte en gebed om mede-Christene te voed en te bou “omdat so baie van ons meer gereeld net daardie ietsie nodig om ons gemoed te lig”, sê sy. Nou het Irene van hierdie dagstukkies uitgesoek en in boekvorm beskikbaar gestel … ’n versameling wat vir 366 dae van die jaar ’n kort, opbouende boodskap bied om jou in gesprek met God te bring.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irene+Nel\" class=\"contributor-link\"\u003eIrene Nel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irene Nel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381413396643,"sku":"9780796140364","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796140364_c40cb1d5-38b2-4578-b35e-466df302778d.jpg?v=1776498222"},{"product_id":"9781037015533","title":"God kan wanneer ons bid","description":"\u003cp\u003eLewensveranderende Geloofstories\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGod kan wanneer ons bid: 40 kraggebede vir jou kinders en kleinkinders is 'n gebedsreis van 40 dae waarin jy daagliks vir verskillende aspekte van jou kinders en kleinkinders se lewens bid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit bevat ook meer as 80 getuienisse van ouers wat vertel hoe God hulle kinders beskerm, genees, met wysheid gevul en aan hulle guns gegee het omdat hulle aan God opgedra is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die boek word die storie vertel van 'n ma wie se kind in die voertuig was toe die kaper daarmee wegjaag, 'n pa wie se kinders vir hom gebid het terwyl hy in doodsgevaar was, 'n enkelma wie se kind uit die kloue van bendes gered is en selfs 'n ouma wat met haar vergifnis genesing vir haar kleinkinders gebring het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die meer as 80 stories getuig ouers en grootouers van voorsiening, beskerming en bonatuurlike wysheid vir hulle kinders en kleinkinders wanneer hulle begin het. Gebed skuif werklik berge!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAlhoewel die boek oor 40 dae strek, is die hoop dat om vir ons nageslag te bid 'n leefstyl word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is immers ons grootste geskenk aan hulle!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Benescke+Janse+Van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eBenescke Janse Van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Benescke Janse Van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382539075747,"sku":"9781037015533","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037015533_091a95b0-72f2-4e98-9d1f-8080970ba51c.jpg?v=1776518986"},{"product_id":"9780638010435","title":"Vroue van Geloof Gebedsjoernaal","description":"\u003cp\u003eOm elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring, kan ons help om ons verhouding met Hom te verdiep. Dit is tydens hierdie tye van gemeenskap met God waar ons leiding, krag en genade ontdek om elke nuwe dag in die oë te kyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVroue van geloof is ’n gebedsjoernaal wat deur die lewens van 30 geloofsreuse soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester die noodsaaklikheid, moontlikhede en krag van gebed ontdek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVroue sal hul verhouding met God versterk deur die vrae om oor na te dink, inspirerende aanhalings, bypassende teksverse en gebedsriglyne wat aansluit by die lewens en leringe van hierdie geloofsreuse.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e’n Gebedsjoernaal vir vroue.\u003cbr\u003e30 oordenking oor die lewe van vroue van geloof soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester.\u003cbr\u003eElke stukkie bevat vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel.\u003cbr\u003eSagteband\u003cbr\u003e128 tweekleur-bladsye.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Verskeie+skrywers\" class=\"contributor-link\"\u003eVerskeie skrywers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Verskeie skrywers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47383057563811,"sku":"9780638010435","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638010435_6478ba9a-2eb2-4639-b2fd-35a515810b1c.jpg?v=1776803385"},{"product_id":"9789000041664","title":"Nuut, alles nuut","description":"\u003cp\u003eGedigte en gebede oor die naweek wat die wêreld verander het. Hierdie digbundel begin met sewe gedigte van sewe strofes elk in ŉ elegies-verhalende styl. Hierdie gedigte besin en herleef Jesus se lydenstyd met die sewe temas:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e1) Sewe profesieë oor Jesus se laaste dae,\u003cbr\u003e2) Sewe woorde in die Tuin van Getsemane,\u003cbr\u003e3) Sewe woorde in die hof,\u003cbr\u003e4) Sewe herinneringe langs Via Dolorosa,\u003cbr\u003e5) Sewe kruiswoorde,\u003cbr\u003e6) Sewe trane by sy begrafnis, en\u003cbr\u003e7) Sewe opstandingswoorde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTer afsluiting is daar ŉ versameling gedigte en gebede uit die skrywer se Paasroman, Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure.\u003cbr\u003e“In donkerste donkerte \/ met sy keel kurkdroog, brandend \/ die Heer van die hele skepping \/ smeek Skrifvervullend: 'Ek is dors.'” (Jesus van Nasaret)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jopie+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eJopie Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jopie Coetzee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395108126883,"sku":"9789000041664","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041664_fafc8af6-1aab-410a-93c6-57f823af96e1.jpg?v=1776805696"},{"product_id":"9781779881762","title":"My gunsteling gebedsjoernaal","description":"\u003cp\u003eMy gunsteling gebedsjoernaal is 'n pragtige metgesel vir jou stiltetyd, met handige notas oor gebed gebaseer op die Woord. Hierdie joernaal moedig nadenke oor dankbaarheid, voorbidding, gebedsversoeke en Bybelverse aan om die leser tot 'n dieper verhouding met die Here te lei.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet elegante blomontwerpe, 'n SOS Skrifgids, 'n lys van gebede uit die Bybel en plek om beantwoorde gebede aan te teken, sal hierdie kreatiewe joernaal gelowiges inspireer en motiveer in hul daaglikse gesprekke met God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBeleef hernude hoop, vrede en doelgerigtheid terwyl jy jou gebedslewe verkwik en die herstellende krag van gebed ervaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie joernaal is die ideale geskenk vir jouself of 'n geliefde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” - Jeremia 29:12-13\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+LUCA\" class=\"contributor-link\"\u003eLUCA\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"LUCA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830987341987,"sku":"9781779881762","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779881762.jpg?v=1782997371"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/gebed.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}