{"title":"Prenteboeke - Christelik Kinders","description":"","products":[{"product_id":"9781431614028","title":"Max Lucado Kinderboek-Omnibus","description":"\u003cp\u003eDrie immergewilde Pinkenolsie-stories nou in een handige omnibus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die im­mer­ge­wilde Pinkenolsie. Dit bring 'n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis 'n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wan­neer hulle al groot is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy is spesiaal\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en ta­lent­vol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oor­tuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle be­sef dat hulle self ook kosbaar is vir God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy is myne\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy 'n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos­baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie heel beste\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil al­mal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met 'n doel gemaak soos ons is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel Max Lucado Children's omnibus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMax Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Max+Lucado\" class=\"contributor-link\"\u003eMax Lucado\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Max Lucado","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377029300387,"sku":"9781431614028","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431614028_74c880da-25ff-4b50-ba53-246a1c408558.jpg?v=1776536648"},{"product_id":"9781415342732","title":"Vrede Vreugde Getrouheid","description":"\u003cp\u003eDie Vrugte van die Gees is 'n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22-23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.\u003cbr\u003eHierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat 'n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en 'n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.\u003cbr\u003ePikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie 'n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.\u003cbr\u003eDie Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Helder en kleurvolle illustrasies\u003cbr\u003e• Geestelike waarhede word prettig oorvertel\u003cbr\u003e• Inhoud moedig familiegesprekke, besprekings en Bybelse lering aan\u003cbr\u003e• Voeg waarde toe tot ouers end kinders\u003cbr\u003e• Perfekte geskenk\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jenna+Nell+Northwood\" class=\"contributor-link\"\u003eJenna Nell Northwood\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jenna Nell Northwood","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379525402787,"sku":"9781415342732","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415342732_0960a425-3a90-465f-bb19-c1eb09037bce.jpg?v=1776532019"},{"product_id":"9781415342794","title":"Liefde Geduld Vriendelikheid","description":"\u003cp\u003eDie Vrugte van die Gees is 'n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22-23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”. Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat 'n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en 'n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk. Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie 'n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel. Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jenna+Nell+Northwood\" class=\"contributor-link\"\u003eJenna Nell Northwood\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jenna Nell Northwood","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379712639139,"sku":"9781415342794","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415342794_729876ac-fb10-429f-b214-81df70cdeea4.jpg?v=1776532036"},{"product_id":"9781431625666","title":"Melo se koninkryk","description":"\u003cp\u003eMelo se koninkryk neem kinders op ŉ wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ŉ Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ŉ boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ŉ relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ŉ prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Thuli+Madonsela\" class=\"contributor-link\"\u003eThuli Madonsela\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Thuli Madonsela","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380091371683,"sku":"9781431625666","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431625666_3f519ba0-7c1a-468f-8951-7832df81d1db.jpg?v=1776536899"},{"product_id":"9781431624447","title":"My groot dankie-sê-boek","description":"\u003cp\u003eSo dikwels aanvaar ons God se seëninge in ons lewe as vanselfsprekend. Met hierdie pragtig geïllustreerde boek met gebede kan jy kinders tussen 5 en 8 aanmoedig om God se seën in hul lewe raak te sien en vir God dankie te sê daarvoor. My groot dankie-sê-boek lig baie dinge uit waarvoor ons dankbaar kan wees: lewe, liefde, stories, familie, kos, ’n huis en nog baie meer. Die eenvoudige teks en lewendige illustrasies vang die wonder van die skepping vas en moedig lesers aan om met nuwe oë na die wêreld te kyk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+J.+Bradley+Wigger\" class=\"contributor-link\"\u003eJ. Bradley Wigger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"J. Bradley Wigger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380091928739,"sku":"9781431624447","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431624447_02f9065e-c758-45e3-8b22-cf445ffc60fd.jpg?v=1776536814"},{"product_id":"9780638008715","title":"Snowy 2-In-1","description":"\u003cp\u003eSnowy 2-in-1 bevat Angus Buchan se gewilde boeke Snowy en Snowy en sy maats. Die prettige plaasstories is vol waardevolle lesse vir kinders tussen 5 en 8.\u003cbr\u003eSnowy: Kom leer allerhande lesse saam met Snowy, soos om vriendelik te wees met kwaai mense en hoe om jou vrese te oorkom in moeilike situasies.\u003cbr\u003eSnowy en sy maats: Ontmoet 'n hele klomp van Snowy se nuwe vriende, soos Mê en Rooies. Hulle leer vir Snowy allerhande lesse oor om gehoorsaam te wees en hoe God ons almal uniek geskape het.\u003cbr\u003eKinders sal ook hou van die prettige aktiwiteite, soos blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe. Elkeen van die stories word afgerond met 'n teksvers en gebed. Hierdie versameling interaktiewe en opvoedkundige stories sal goddelike waardes vaslê in jong hartjies.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Omnibus van Angus Buchan se gewilde kinderboeke Snowy en Snowy en sy maats.\u003cbr\u003e• Angus Buchan is 'n topverkoper-outeur en bekende evangelis.\u003cbr\u003e• Raak ouderdomsgeskikte konsepte vir kinders tussen 5 en 8 aan, soos gehoorsaamheid, omgee vir ander en dankbaarheid.\u003cbr\u003e• Sluit speletjies in soos blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe in.\u003cbr\u003e• 100 volkleur-bladsye.\u003cbr\u003e• Sagteband.\u003cbr\u003e• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Snowy 2-in-1.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Angus+Buchan\" class=\"contributor-link\"\u003eAngus Buchan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Angus Buchan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381192442019,"sku":"9780638008715","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638008715_cbdd111a-eea1-45ce-905b-68017ec21fab.jpg?v=1776490232"},{"product_id":"9780638008463","title":"Hoekom Jesus Gekom Het: 25 Bybelstories Oor Waarom God Sy Seun Gestuur Het","description":"\u003cp\u003eBegin hierdie jaar 'n nuwe Kersfees-tradisie. Skep herinneringe wat almal in die gesin vir altyd sal koester. Lees die stories saam en onthou hoe nodig ons 'n Verlosser het - en hoe wonderlik dit is dat Hy aarde toe gekom het!\u003cbr\u003eHoekom Jesus gekom het: 25 Bybelstories oor waarom God sy Seun gestuur het neem jou en jou gesin op 'n pragtige, chronologiese reis deur antieke verhale wat God se belofte volg om Jesus, ons Verlosser, te stuur. Elkeen van die 25 Bybelstories begin met 'n kernvers en sluit af met 'n vraag wat jou en jou kinders sal help nadink en gesels oor die rede hoekom ons Jesus se geboorte herdenk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• 25 Bybelstories vir kinders tussen 6 en 10 wat God se belofte volg om 'n Verlosser te stuur.\u003cbr\u003e• Elkeen van die Bybelstories het 'n kernvers en vrae wat jou en jou kinders sal help nadink en gesels oor die rede hoekom ons Jesus se geboorte herdenk.\u003cbr\u003e• 64 volkleur-bladsye.\u003cbr\u003e• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Why Jesus came.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Laura+Richie\" class=\"contributor-link\"\u003eLaura Richie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Ian+Dale\" class=\"contributor-link\"\u003eIan Dale\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Laura Richie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381197226147,"sku":"9780638008463","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638008463_491bd747-d6ff-4030-9cf9-17ed1dec8e2e.jpg?v=1776490175"},{"product_id":"9781991237095","title":"Ek bid vir jou","description":"\u003cp\u003eEk Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEk Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.\u003cbr\u003eHierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Kindervriendelike formaat: 254 mm x 245 mm\u003cbr\u003e• 32 pp\u003cbr\u003e• Pragtige hardeband-omslag, met volkleur illustrasies\u003cbr\u003e• Opregte en eenvoudige gebede\u003cbr\u003e• Fonttipe opgedateer, sodat dit ideaal is vir voorlees en vir kinders wat self begin lees\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jean+Fischer\" class=\"contributor-link\"\u003eJean Fischer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Frank+Endersby\" class=\"contributor-link\"\u003eFrank Endersby\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jean Fischer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381268758691,"sku":"9781991237095","price":119.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991237095_a5dd26bc-f855-4263-9e54-4de48bee1860.jpg?v=1776619688"},{"product_id":"9780638009118","title":"`n Groot visstorie: Die verhaal van Jona","description":"\u003cp\u003eDit is belangrik dat kinders die waarde van gehoorsaamheid leer en ook besef dat ongehoorsaamheid gevolge het. Kyk net na Jona - hy was ongehoorsaam aan God en het binne-in 'n groot vis beland!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Groot visstorie: Die verhaal van Jona is die geliefde Bybelstorie van Jona in prettige rym vir kinders tussen 5 en 8 jaar. Dit leer hulle dat dit belangrik is om gehoorsaam te wees aan God en nie net te doen wat ons wil nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Teks in prettige rym\u003cbr\u003e• Kleurvolle illustrasies\u003cbr\u003e• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Big Fish Tale\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Delores+Gully\" class=\"contributor-link\"\u003eDelores Gully\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Paul+Gully\" class=\"contributor-link\"\u003ePaul Gully\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Delores Gully,Paul Gully","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381448261795,"sku":"9780638009118","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009118_df5c77d1-a33b-4d4b-9f77-aea2f6bf2900.jpg?v=1776490323"},{"product_id":"9780638009125","title":"`n Bangmaak-storie: Die verhaal van Daniel In die leeukuil","description":"\u003cp\u003eLeer jou kind om op te staan vir waarin hulle glo - net soos Daniël!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Bangmaak-storie: Die verhaal van Daniel in die leeukuil is die bekende Bybelstorie van Daniël in die leeukuil in prettige rym vir kinders tussen 5 en 8 jaar. Dit leer kinders om op te staan vir Jesus en God te volg, maak nie saak wat gebeur nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Teks in prettige rym\u003cbr\u003e• Kleurvolle illustrasies\u003cbr\u003e• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Scary Choice\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Delores+Gully\" class=\"contributor-link\"\u003eDelores Gully\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Paul+Gully\" class=\"contributor-link\"\u003ePaul Gully\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Delores Gully,Paul Gully","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381448687779,"sku":"9780638009125","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009125_f580e004-5c1a-4c0c-b0c3-a87e75a3b408.jpg?v=1776490327"},{"product_id":"9780638009101","title":"`n Reuse kopseer: Die verhaal van Dawid en Goliat","description":"\u003cp\u003eLeer jou kinders hoe om enige reus in hulle lewe te oorwin deur geloof en moed wat van God af kom - net soos Da-wid!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Reuse kopseer: Die verhaal van Dawid en Goliat is die geliefde Bybelstorie van Dawid en Goliat in prettige rym vir kinders tussen 5 en 8 jaar. Dit leer hulle hoe ons moed en krag by God kry wanneer ons op Hom vertrou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek het plek aan die einde waar die kind sy of haar naam kan neerskryf as deel van hulle persoonlike toewyding aan Christus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Teks in prettige rym\u003cbr\u003e• Kleurvolle illustrasies\u003cbr\u003e• Plek aan die einde waar kinders hulle name kan neerskryf as deel van hulle persoonlike toewyding aan God\u003cbr\u003e• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Giant Headache\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Delores+Gully\" class=\"contributor-link\"\u003eDelores Gully\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Paul+Gully\" class=\"contributor-link\"\u003ePaul Gully\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Delores Gully,Paul Gully","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381449015459,"sku":"9780638009101","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780638009101_48b3b303-13b6-4c50-86f4-9ef18b4d7d2a.jpg?v=1776490319"},{"product_id":"9781776477111","title":"Die Tuin, die Gordyn en die Kruis","description":"\u003cp\u003eDie ware verhaal van waarom Jesus gesterf het en opgestaan het uit die dood.\u003cbr\u003eDit is nie altyd maklik om die evangelie vir jong kinders te verduidelik nie. Sommige begrippe kan vir hulle moeilik en verwarrend kan wees en dit is dikwels 'n groot uitdaging om hierdie belangrike konsepte op 'n manier te verduidelik wat vir hulle sin maak.\u003cbr\u003eDie eenvoudige taalgebruik en pragtige illustrasies in Die tuin, die gordyn en die kruis maak die boodskap van die evangelie vir 3- tot 6-jariges verstaanbaar. Deur die goue draad van die evangelie van die Tuin van Eden tot in God se nuwe skepping te verweef, help hierdie boek kinders om te verstaan hoekom Jesus gesterf het en uit die dood opgestaan het, en daarom sal hulle kan sê: “Dankie, Jesus! Wat U vir my gedoen het, is wonderlik!”\u003cbr\u003e• Ideaal om jong kinders aan die evangelie bekend te stel.\u003cbr\u003e• 32 volkleur-bladsye\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+CAD\" class=\"contributor-link\"\u003eCAD\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carl+Laferton\" class=\"contributor-link\"\u003eCarl Laferton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"CAD,Carl Laferton","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381563015331,"sku":"9781776477111","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776477111_b05e4ce2-316f-4cd0-90c6-360fba3a0fa4.jpg?v=1776584982"},{"product_id":"9781920680404","title":"Lekker saamlees Bybelstories en Jesus - Liedjies","description":"\u003cp\u003eHierdie is 'n versameling Bybelstories wat gepaard gaan met 'n kosbare keur uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Phambili\" class=\"contributor-link\"\u003ePhambili\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Phambili","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382515876003,"sku":"9781920680404","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920680404_3ab242c4-9f8a-403d-8ad1-39e0b32e5660.jpg?v=1776615186"},{"product_id":"9781834924830","title":"Ek bly lief vir jou","description":"\u003cp\u003eHierdie pragtige, selfgeïllustreerde kinderboek neem klein hartjies op ’n reis deur vyf alledaagse stories waar kinders leer dat liefde nooit verdwyn nie – nie selfs wanneer hulle foute maak, jaloers voel, of sommer ’n bietjie stout was nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn elke storie word die kind herinner dat Mamma en Pappa se liefde altyd bly, net soos God se liefde vir ons nooit ophou nie. Met sagte woorde, kleurvolle prentjies en eenvoudige lesse wat maklik verstaan kan word, help hierdie boek kinders tussen 3 en 6 jaar oud om te leer wat onvoorwaardelike liefde regtig beteken.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eElke storie sluit af met ’n “onthou-vers” – ’n Bybelvers wat kinders aanmoedig om te onthou dat God se liefde altyd en oral met hulle is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e- Perfek vir saambid- of slaaptydstories.\u003cbr\u003e- Help kleintjies om God se liefde in die alledaagse te herken.\u003cbr\u003e- ’n Ware skat vir enige Christelike gesin of Sondagskoolklas.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLaat hierdie boek jou kind se hart vul met die wete:\u003cbr\u003e“Mamma en Pappa is lief vir my – en God nog meer!”\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Willa+Davis\" class=\"contributor-link\"\u003eWilla Davis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Willa+Davis\" class=\"contributor-link\"\u003eWilla Davis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Willa Davis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395117400227,"sku":"9781834924830","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781834924830_c618b169-9ca7-4534-82a3-55dc15e8738f.jpg?v=1776805460"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/prenteboeke-christelik-kinders.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}