{"title":"PRETORIA FM \/ NUUSWEEK","description":"","products":[{"product_id":"9780624096009","title":"Bethulie","description":"\u003cp\u003e“Nou wil ek hier neerskryf wat ek nooit mag vergeet solank ek leef nie.”\u003cbr\u003eRensche van der Walt was maar 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin in April 1901 van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Die Britse verskroeideaardebeleid het toe reeds groot verwoesting in die Vrystaatse platteland gesaai.\u003cbr\u003eRensche het van die begin af dagboek gehou van hul ervarings, en haar ongekunstelde beskrywings verplaas die leser direk na die kamp se tentedorp. Jy ervaar saam met haar honger en dors, en beleef die ongemak van blootstelling aan die elemente.\u003cbr\u003eHaar eerlike beskrywings van skokkende wanvoeding, siektes en oorbevolking gee nuwe betekenis aan koue statistieke. Jy beleef ook saam met haar die kommer oor broers, pa's en eggenote wat nog iewers op kommando of in die krygsgevangenekampe is.\u003cbr\u003eMet hierdie publikasie sien Rensche se dagboek vir die eerste keer in 50 jaar weer die lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rensche+van+der+Walt\" class=\"contributor-link\"\u003eRensche van der Walt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rensche van der Walt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979818659,"sku":"9780624096009","price":324.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624096009_43df9d14-9d8e-4e96-a2ce-f990dc19df29.jpg?v=1777753966"},{"product_id":"9780795711312","title":"Soetroos van Saron","description":"\u003cp\u003eSoetroos van Saron vertel die verhaal van Delicia Basson, 'n jong vrou van Saron, wat 'n gesogte beurs van die welgestelde Nicol-familie ontvang om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.\u003cbr\u003eDelicia is opgewonde én angstig wanneer sy ouma Toesie en haar vertroude wêreld agterlaat om haar studies voort te sit. Sy is heeltemal oorweldig deur die prag en praal waarin die Nicol-familie woon.\u003cbr\u003eMaar geleidelik besef sy daar is iets sinisters wat onder die oppervlak broei. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia 'n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek—insluitend Deyoncé, 'n plaasmeisie wat op geheimsinnige wyse verdwyn het.\u003cbr\u003eKan Delicia, soos Nancy Drew, die leidrade ondersoek en die donker waarheid blootlê?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theolla+Langenhoven\" class=\"contributor-link\"\u003eTheolla Langenhoven\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theolla Langenhoven","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47624370454691,"sku":"9780795711312","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780795711312_18f7f710-a1bc-4a3e-822d-c2e968ff0418.jpg?v=1777925142"},{"product_id":"9781779992093","title":"Spookasem","description":"\u003cp\u003eOm 'n spook te wees is nie REGTIG so sleg as wat almal dink nie. Veral nie as jy in 'n besige winkelsentrum bly nie. Daar's hope cool goed om te doen. Mia kan snags gaan fliek, in die speletjiesarkade rondhang of die nuutste modes in die klerewinkels aanpas. Daar is selfs 'n paar ander spoke om haar geselskap te hou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eToe Mia boonop 'n meisie ontmoet wat spoke kan sien, is dit die begin van 'n ietwat ongewone vriendskap. Jodi se dertiende verjaardag is om die draai, en Mia beplan 'n groot verrassing vir haar nuwe vriendin.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar 'n spokerige geheim kan dalk alles bederf …\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Stephen+Wallace\" class=\"contributor-link\"\u003eStephen Wallace\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47807189680291,"sku":"9781779992093","price":207.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779992093.jpg?v=1782392020"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/pretoria-fm.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}