{"title":"Rubrieke","description":"","products":[{"product_id":"9780798156868","title":"Kaalkop 3","description":"\u003cp\u003e'Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE - na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in 'n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nataniel\" class=\"contributor-link\"\u003eNataniel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nataniel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375715106979,"sku":"9780798156868","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798156868_36ac2a3a-d769-4741-8ae0-992f728434f3.jpg?v=1776501470"},{"product_id":"9781485300113","title":"Baarde, briewe en barmhartigheid","description":"\u003cp\u003eIn hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman op sy prettige dog insiggewende manier oor alledaagse dinge - van baarde, briewe en barmhartigheid tot kinders, kos en klawerjas. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Hy verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eDoc Immelman is 'n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag - en sorg vir 'n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Doc+Immelman\" class=\"contributor-link\"\u003eDoc Immelman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Doc Immelman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375732244643,"sku":"9781485300113","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300113_22c9c448-0abd-42ae-923d-dbb46b6c4457.jpg?v=1776549075"},{"product_id":"9781049201764","title":"Die lewe se lekker lesse","description":"\u003cp\u003eDie lewe se lekker lesse is allesbehalwe 'n les-boek vir die leser. Hierdie bundel, deur die rubriekskrywer Hennie Barnard, is 'n versameling verhale oor onvergeetlike gebeurtenisse wat hy oor 'n tydperk van meer as veertig jaar beleef het. Dit word nou, met die perspektief van terugskouing, kleurvol oorvertel. \u003cbr\u003e'n Beleë mensekennis, skerp waarnemingsvermoë en die talent om ervarings in woorde om te tower, is die perfekte bestanddele om dit ook 'n lekkerleesboek te maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hennie+Barnard\" class=\"contributor-link\"\u003eHennie Barnard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hennie Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376478273699,"sku":"9781049201764","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049201764_50e66622-9bc9-4958-8ca2-471e6a1ed1a4.jpg?v=1776804002"},{"product_id":"9781776095247","title":"Voetstoots","description":"\u003cp\u003eVoetstoots  is 'n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.'n Begrafnisbrief uit Holland. 'n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om 'n kind te begrawe. 'n Glips met bensien in die tamatieslaai. 'n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder 'n woord van eer.' n Eensame oom wie se hondjie op 'n sypaadjie doodgebyt is. 'n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. 'n Boks papsakwyn wat suur geword het.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in 'n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annelie+Botes\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnelie Botes\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376890790051,"sku":"9781776095247","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776095247_cefbd3f0-3cb5-4c42-9a2e-9b29e9f46c0b.jpg?v=1776580243"},{"product_id":"9781485310822","title":"Vervleg","description":"\u003cp\u003ePetro Hansen se Afrikaans smelt soos botter op die tong. \u003cbr\u003eTemas soos liefde, eensaamheid, verlange en familie word tussen hierdie blaaie vervleg.\u003cbr\u003eVerhale uit plekke soos die Bosveld, die Kalahari, Klein-Brak, Bela-Bela en jakarandapers Pretoria sorg vir herinneringe en waarnemings wat die leser sal laat nadink en nostalgies stem.\u003cbr\u003ePetro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld. \u003cbr\u003eVerskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. \u003cbr\u003eSy word in 2019 deur die Cordis-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans, maar sy glo die grootste prys wat sy kan verwerf, is wanneer haar woorde ‘n hartsnaar roer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Petro+Hansen\" class=\"contributor-link\"\u003ePetro Hansen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Petro Hansen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377155883171,"sku":"9781485310822","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310822_8a3ceadc-00ec-4e4f-a5a0-f27ccaf70408.jpg?v=1776551411"},{"product_id":"9781485313373","title":"Kodachrome","description":"\u003cp\u003eOm hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy 'n 3D-bril opsit of 'n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede. \u003cbr\u003eDreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien. \u003cbr\u003eDis 'n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos 'n vingerhoed, 'n verdwaalde los skroefie, 'n geel badeendjie op die vloer van 'n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor 'n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, 'n intakte beesoog in die pad, meerminne, 'n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander. \u003cbr\u003eDie skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tom+Dreyer\" class=\"contributor-link\"\u003eTom Dreyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tom Dreyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378028200099,"sku":"9781485313373","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313373_7763f0cf-1e8d-4777-bcb5-590548ebf5a8.jpg?v=1776552051"},{"product_id":"9781485315575","title":"Wat sê Bettina?","description":"\u003cp\u003eBettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog ’n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Dankie tog vir Bettina. 'n Broodnodige stem in Afrikaans.' – Marita van der Vyver\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eBettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, eertydse prokureur en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Daarna volg gewilde misdaadfiksie soos Slaafs, Jagter, Vuilspel en Lokval uit haar pen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bettina+Wyngaard\" class=\"contributor-link\"\u003eBettina Wyngaard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bettina Wyngaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378249384099,"sku":"9781485315575","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485315575_d1709ad0-657c-4a1c-b4c1-105f5336d6e6.jpg?v=1776552303"},{"product_id":"9780624091424","title":"Met My Rooi Rok Voor Jou Deur","description":"\u003cp\u003eDie onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, “onwennige ouma” skryf dalk oor vervloë dae, maar op so 'n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandág se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Audrey+Blignault\" class=\"contributor-link\"\u003eAudrey Blignault\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Audrey Blignault","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378296799395,"sku":"9780624091424","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624091424_d7184547-f946-4fae-83ec-fb5ac941937c.jpg?v=1776481707"},{"product_id":"9781776356904","title":"Poskaarte van 'n reis","description":"\u003cp\u003ePoskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld. Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.\u003cbr\u003ePoskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacqueline+Leuvennink\" class=\"contributor-link\"\u003eJacqueline Leuvennink\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jacqueline Leuvennink","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378628739235,"sku":"9781776356904","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776356904_95084a19-cdf4-4aa6-ae6f-b5dbf37bdc2b.jpg?v=1776583994"},{"product_id":"9781869190590","title":"Klitsgras","description":"\u003cp\u003eBellingan het nie ontsag vir heilige koeie nie. In haar brief aan meneer Mbeki vermeld sy: 'Ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het.' Kunstefeeste? Op plekke soos Afganistan, Irak en Aardklop sien jy dinge wat geen sielkundige kan regpraat nie. Dalk is dit hoekom sy 'n play wil skryf, Jakkals is ook die bliksem in. Sy onderskat ook nie die Engelse nie. Hulle het ''n reuserol gespeel in die ontwikkeling van die spoeltoilet'. Scotland Yard soek steeds na haar nadat sy agterop 'n Nederlandse vrugtelorrie die land onwettig verlaat het. Advokaat Dubbel D lyk soos Saartjie Baartman wat op haar hande loop. En al dra die meeste mans in Kaapstad maskara en noem mekaar 'dahling' is dit ten minste een plek in die land waar mans dink Patricia Lewis is 'n meubelwinkel op Drie Susters.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maretta+Bellingan\" class=\"contributor-link\"\u003eMaretta Bellingan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Maretta Bellingan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524178657443,"sku":"9781869190590","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869190590_6b24b2df-d733-4f9e-9d96-9d28e0aecead.jpg?v=1776605657"},{"product_id":"9781485312321","title":"#Kouekoffie","description":"\u003cp\u003eAs slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra's moet dra - o ja, en jy gewoond is aan koue koffie - dan is hierdie rubriekbundel vir jou!\u003cbr\u003e'n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carla+Lang\" class=\"contributor-link\"\u003eCarla Lang\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carla Lang","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379254280355,"sku":"9781485312321","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485312321_70e0c394-60a3-427a-a441-03ef12874e34.jpg?v=1776551793"},{"product_id":"9780798182461","title":"107 Kaalkoppe","description":"\u003cp\u003eNataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 Kaalkoppe geskryf vanaf 2012 tot 2021. Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie. Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit 'n beter tyd vir 'n boek soos dié nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Natani%C3%ABl\" class=\"contributor-link\"\u003eNataniël\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nataniël","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379384074403,"sku":"9780798182461","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798182461_9200fbcb-17e8-4049-a7a1-88c9730ba706.jpg?v=1776505653"},{"product_id":"9781485312383","title":"Bekkies se “ding” met die volstruis - en ander stories","description":"\u003cp\u003eDit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? G'n wonder nie die assuransie-assessor het net sy kop geskud toe hy die vernielde Toyota-bakkie ondersoek het.\u003cbr\u003eIn hierdie rubriekbundel vertel Gustaf Pienaar staaltjies oor sy bure en familie; oor modelmotortjies en régte motorkarre. Daar's iets oor vliegtuie en oor bekendes soos JFK, Churchill, Smuts, Vorster en Ian Smith. Vergeet ook nie die hand vol vermaaklike stories geïnspireer deur die skrywer se loopbaan as SAUK-omroeper en daarna as regspraktisyn nie.\u003cbr\u003ePienaar se skryfwerk getuig van 'n ondeunde sin vir humor, 'n uitstekende mensekennis en 'n wye belangstellingsveld. \u003cbr\u003eDie perfekte boek om mee te ontspan aan die einde van 'n lang dag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKort stukkies elke aand voor slaaptyd lees? Moenie glo nie, ek kon nie ophou lees nie, en is deur 'n rykdom van pittige wetenswaardighede en ervarings meegesleur. Gustaf Pienaar se sin vir geskiedenis maak hom 'n boeiende verteller. - Fransjohan Pretorius\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gustaf+Pienaar\" class=\"contributor-link\"\u003eGustaf Pienaar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gustaf Pienaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379426377891,"sku":"9781485312383","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485312383_a5aa3dad-f8a7-465a-a0a1-813cd3c15417.jpg?v=1776551814"},{"product_id":"9781776392278","title":"Laastegoed - Rubrieke 2020-2024","description":"\u003cp\u003eAnnelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van 'n era ingelui. 'n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met 'n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke 'n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.\u003cbr\u003eDie rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, 'n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare 'n vertroude instelling geraak het, is haar menings 'n besielende kleinood waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.\u003cbr\u003eHierdie bundel is 'n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref - bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona 'n voorspel tot haar eie finale periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annelie+Botes\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnelie Botes\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380124172451,"sku":"9781776392278","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776392278_32999ec3-54c0-4c81-86ce-119192622b2d.jpg?v=1776584798"},{"product_id":"9780795710520","title":"Misfit stories vannie anne kant","description":"\u003cp\u003eMisfit: stories vannie anne kant bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualitieit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing - die misfists. Ons leer ken vir Nana, 'n onverwagse geestelike gids (dink Boeddha met geperoxide hare in 'n updo), die lockdown-familiebraai oor Zoom, en hoe seksualiteit innie bruin gemeenskap navigeer word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chase+Rhys\" class=\"contributor-link\"\u003eChase Rhys\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chase Rhys","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380183646371,"sku":"9780795710520","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795710520_3ca20891-8b33-4595-ae74-0386fa1ba274.jpg?v=1776497441"},{"product_id":"9781776172962","title":"Weerkaats","description":"\u003cp\u003eOns dink dikwels dat die diepere betekenis van die lewe iewers ver, byna op ŉ mitiese bestemming wag om eendag aan ons geopenbaar te word. Maar sien ons die ewigheidswaarde, mekaar se werklikhede en menslikheid in die alledaagse gebeure wat om ons afspeel, raak? Of bly dit bloot ŉ weerkaatsing van waarhede, antwoorde op ons diepste vrae, wat ons stil en ongesiens verbygaan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie skrywer vra die leser deurlopend om fyner en dieper te kyk na dit wat soms as niksseggende en vlietende oomblikke kan lyk Watter waarhede sal ons sien in die oomblikke wanneer die lewe homself in die alledaagse aan ons openbaar?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWEERKAATS is ŉ keur van rubrieke wat van 2017 2023 in Netwerk 24 en Beeld verskyn het In die rubrieke neem Esté Gross jou saam op ’n unieke reis uit die perspektief van ŉ nuusleser, joernalis, sangeres en liedjieskrywer, en bloot as mens met haar eie daaglikse vraagstukke.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Est%C3%A9+Gross\" class=\"contributor-link\"\u003eEsté Gross\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Esté Gross","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382522069155,"sku":"9781776172962","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172962_3da6550c-6f0b-4b35-8375-a8fd8e4fe519.jpg?v=1776580717"},{"product_id":"9781037024160","title":"Lig en skadu in die paradys","description":"\u003cp\u003eLig en skadu in die paradys is 'n bundeling van Cornelia de Kock se rubrieke wat sy vir Netwerk24 geskryf het. Hierdie rubrieke is almal grepe uit die lewe: 'n kortstondige ervaring, gebruike wat van kindsbeen af deel is van haar grein, musiekstukke wat onthoustukke word, onverwagse ontmoetings wat tot vriendskappe lei … Een van die belangrikste eienskappe van 'n goeie rubriekskrywer is 'n skerp waarnemingsvermoë. Sy wys dit vir ons in haar (soms humoristiese) vertellings omtrent ouerskap, kind wees, die ervaring van vreugde en verlies. Kortom, dit wat van ons mense maak. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE SKRYWER\u003cbr\u003eCornelia de Kock is 'n gebore en getoë Vrystater. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy 'n doktorsgraad in Kultuurgeskiedenis verwerf. Sy hou skool op Stellenbosch en doseer aan die Opvoedkunde-fakulteit. As 'n nooi Spies het sy getrou met Johan de Kock, 'n soöloog, wat in 2024 oorlede is. Hulle het drie kinders: Johan, Corlie en Annemarie, en drie kleinkinders.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cornelia+de+Kock\" class=\"contributor-link\"\u003eCornelia de Kock\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cornelia de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382569975971,"sku":"9781037024160","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037024160_2467c439-0522-48de-9980-267d0ef64352.jpg?v=1776519012"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/rubrieke.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}