{"title":"TOPVERKOPERS","description":"","products":[{"product_id":"9781049203096","title":"Sterre is vir altyd","description":"\u003cp\u003eSy is Janie, die gewone eendjie wat haar eie verjaarsdagwegbreek Parys toe moes reël en toe in elk geval op die lughawe in die steek gelaat is. Max is presies die tipe man vir wie sy geen ooghare het nie - mooi, macho, sexy en suksesvol, wat haar nog meer gewoon laat voel as wat sy reeds is.\u003cbr\u003eMaar Parys is 'n magiese plek waar selfs gewone eendjies romantiek vind. Hy lê die Stad van Liefde se skatte voor haar voete neer; sy kan haar hande oor 'n tafel uitsteek en hom anker.\u003cbr\u003eAl wat sy moet onthou, is dat die dae vol wonder en nagte vol passie 'n sprokie is. Selfs die familieplaas met die Alpe in die agtergrond, wat hy met bloedgeld moes koop om die onreg van die verlede reg te stel, is deel daarvan. En as daar nou een eienskap is wat alle sprokies deel, is dit dat hulle tot 'n einde kom.\u003cbr\u003eGaan sy, as sy terugkeer Suid-Afrika toe, dit wat sy vir hom voel met wortel en tak uit haar hart moet ruk? Of is daar dalk vir haar 'n verhaal wat beter is as 'n sprokie, een wat in die sterre geskryf is?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sophia+Kapp\" class=\"contributor-link\"\u003eSophia Kapp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sophia Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382932062371,"sku":"9781049203096","price":324.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049203096_e23aa0cc-c76c-4649-81b7-3b5c3bf170fc.jpg?v=1776519253"},{"product_id":"9780637003179","title":"Rebekka van Kameeldoornplaas","description":"\u003cp\u003eTussen oorloë, tussen lande, tussen liefde.\u003cbr\u003eOp elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderwagter vir ryk Engelse en is op 'n skip op pad Engeland toe.\u003cbr\u003eHier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe. Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk. En wanneer die boer se oudste seun kom kuier, ontdek sy 'n nuwe gloed wat rooiwarm deur haar lyf trek.\u003cbr\u003eWie is sy uiteindelik regtig? Bekkie, kaalvoet Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes? Of Rebecca, wêreldwyse jongmeisie van Oxford?\u003cbr\u003eIrma Joubert neem die leser saam op 'n onweerstaanbare ontdekkingstog - nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.\u003cbr\u003eRebekka van Kameeldoornplaas is 'n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wíé jy is en waarheen jy op pad is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irma+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eIrma Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irma Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577188630691,"sku":"9780637003179","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637003179_38a43d9a-c5ae-48d5-a689-3a2c5c1a321e.jpg?v=1776803256"},{"product_id":"9780798186186","title":"`n Knippie moord","description":"\u003cp\u003eKlara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae 'n gastehuis en blommeplaas op Somersee naby Hermanus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy is heldersiende en kan onheil in haar nek voel kriewel wanneer dit op haar drempel staan. Soos die oggend toe Dewald Rademeyer sonder 'n bespreking by die gastehuis sy opwagting maak. 'n Dag later daag 'n misterieuse Siamese kat met 'n oënskynlik verskerpte sesde sintuig ook by die gastehuis op en enkele minute later word Dewald se lyk met 'n naaldwerkskêr in sy nek gevind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKolonel Mack Biesenbach van Kaapstad en kaptein Schalk Mocke is eerste op die misdaadtoneel waar hulle 'n geskokte Klara met bloed op haar hande kry. Schalk is simpatiek, maar Mack, met wie Klara se pad al voorheen gekruis het, glo nie haar weergawe nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm haar onskuld te bewys, begin Klara self na leidrade soek. En dít dryf Biesenbach nog verder teen die mure uit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels, kleurryke karakters en 'n kat genaamd Judi Dench. En natuurlik ook 'n tikkie romanse!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584922665123,"sku":"9780798186186","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186186_3b0bd895-d590-4961-98f5-ab7c324c76e0.jpg?v=1776803603"},{"product_id":"9780624095583","title":"Grensloos","description":"\u003cp\u003eSabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.\u003cbr\u003eHaar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, 'n eks-Interpolagent wat deesdae 'n top-onderhandelaar is vir 'n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat.\u003cbr\u003eNou bevind Sabine haar in 'n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is 'n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?\u003cbr\u003eDit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie 'n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.\u003cbr\u003eGrensloos is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wilna+Adriaanse\" class=\"contributor-link\"\u003eWilna Adriaanse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wilna Adriaanse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979785891,"sku":"9780624095583","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624095583_b06061d0-7b19-402a-b53b-972fecab827a.jpg?v=1777753977"},{"product_id":"9780624096009","title":"Bethulie","description":"\u003cp\u003e“Nou wil ek hier neerskryf wat ek nooit mag vergeet solank ek leef nie.”\u003cbr\u003eRensche van der Walt was maar 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin in April 1901 van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Die Britse verskroeideaardebeleid het toe reeds groot verwoesting in die Vrystaatse platteland gesaai.\u003cbr\u003eRensche het van die begin af dagboek gehou van hul ervarings, en haar ongekunstelde beskrywings verplaas die leser direk na die kamp se tentedorp. Jy ervaar saam met haar honger en dors, en beleef die ongemak van blootstelling aan die elemente.\u003cbr\u003eHaar eerlike beskrywings van skokkende wanvoeding, siektes en oorbevolking gee nuwe betekenis aan koue statistieke. Jy beleef ook saam met haar die kommer oor broers, pa's en eggenote wat nog iewers op kommando of in die krygsgevangenekampe is.\u003cbr\u003eMet hierdie publikasie sien Rensche se dagboek vir die eerste keer in 50 jaar weer die lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rensche+van+der+Walt\" class=\"contributor-link\"\u003eRensche van der Walt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rensche van der Walt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979818659,"sku":"9780624096009","price":324.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624096009_43df9d14-9d8e-4e96-a2ce-f990dc19df29.jpg?v=1777753966"},{"product_id":"9780795803376","title":"My skaduwee loop los","description":"\u003cp\u003e“Dis so onthutsend as om agter te kom dat die skaduwee wat nog altyd aan my voete gekluister was, hom losgeruk het en nou elders dwaal, op vrye voet.”\u003cbr\u003eOp sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy 'n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue.\u003cbr\u003eDit lei tot 'n speurtog wat hom na uiteenlopende mense op sy broer se lewenspad neem—elkeen met 'n verrassende storie om te vertel. Gou begin 'n prentjie vorm van iemand wat heel anders is as André self, al word hy tydens sy soektog voortdurend vir sy broer aangesien.\u003cbr\u003eHoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken.\u003cbr\u003eMy skaduwee loop los is 'n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is, en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zirk+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eZirk van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zirk van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979949731,"sku":"9780795803376","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780795803376_13489fc2-ee4e-4030-9444-ba93c7f93a7f.jpg?v=1777753921"},{"product_id":"9780795803390","title":"Enigma","description":"\u003cp\u003eWanneer 'n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in 'n Kaapstadse hotelkamer aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaīen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen 'n gesiene persoon, wat 'n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in ay besit? 'n New Yorkse beleggingsbestuurder, 'n Angolese skurk, en 'n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op 'n manier met die vermoorde man verbind. Maar wat het hulle met die raaiselagtige transaksies te doen?\u003cbr\u003eKassie-hulle moenie net 'n moord oplos nie, maar ook 'n internasionale netwerk van kriminele aktiwitwite ontbloot. Een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rudie+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eRudie van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47624371306659,"sku":"9780795803390","price":329.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780795803390_c69ad3de-dee2-48f1-bc65-8dfb24155c8f.jpg?v=1777925131"},{"product_id":"9781049262277","title":"Afrikanerman","description":"\u003cp\u003eDie eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans in postapartheid-Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGebaseer op navorsing onder 300 mans oor al nege provinsies — 88 vrae aan elke respondent, 300 stemopnames, 26 400 individuele datasegmente — bied Afrikanerman empiriese bewys van verlies, veerkragtigheid en die soeke na 'n nuwe Afrikaneridentiteit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMeer as dertig jaar ná 1994 dra Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar 'n swaar en dikwels selfgesensureerde las. Die data wys die omvang van hierdie las, maar skets ook mense wat vasberade bly.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mart-Mari%C3%A9+Uys\" class=\"contributor-link\"\u003eMart-Marié Uys\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mart-Marié Uys","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47739722956963,"sku":"9781049262277","price":329.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781049262277_6ad04b3d-406b-4dce-9be8-97afb073ea90.jpg?v=1780638950"},{"product_id":"9781779860408","title":"Wat die witbors wou sê","description":"\u003cp\u003eJy weet nooit wat vir jou wag as jy die verlede opgrawe nie ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNa haar onlangse egskeiding is Louise Rabe broos en onseker oor die toekoms. Dan sterf haar pa onverwags en alles stort in duie. Sy bedank haar werk en trek terug in by haar ma in Bloubergstrand, vanwaar sy probeer om die legkaart van haar lewe oor te bou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy soek ondersteuning by haar tweelingbroer Frans, maar dié moet boer en sy eie familie onderhou. Kleinboet Simon is net al te gretig om aan te beweeg en sy stuk erfgrond te ontwikkel. Maar dan grawe die bouers 'n kind se gebeendere op, en alles kom tot stilstand. Wie was die kind? Waar kom hy vandaan? En hoekom is hy op hulle grond begrawe?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie raaisel bied vir Louise afleiding en sy begin deur die familie se verlede soek vir antwoorde. Maar wanneer sy begin krap, besef sy daar wag meer vir haar as wat sy kon raai.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat die witbors wou sê is 'n liriese verhaal oor families en die verledes wat hulle saamsnoer, die soeke na 'n tuiste en die herontdekking van liefde.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elmarie+Dercksen\" class=\"contributor-link\"\u003eElmarie Dercksen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elmarie Dercksen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47774892720291,"sku":"9781779860408","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779860408_496e8904-27d9-41db-a456-f5a99d5dae22.jpg?v=1781463303"},{"product_id":"9781779860521","title":"'n Ierse knoop","description":"\u003cp\u003eToe die vier Ierse O'Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om 'n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai te bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAnke, 'n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in hul area. Miné du Toit, sosialemedia-beïnvloeder, maak geraas oor bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns bewustheid skep oor die broosheid van die Kogelberg-biosfeer. En Lika Bester, 'n skrywer en boekwinkeleienaar, ondersoek die verdwyning van 'n skooldogter 'n jaar tevore.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die eerste opgrawings van die O'Connor-broers se ontwikkeling kom hulle op menslike oorblyfsels af. Is dit die vermiste skoolmeisie, of 'n ander slagoffer van vuilspel?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47774892753059,"sku":"9781779860521","price":252.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779860521_8432961c-1305-4be2-9ac5-aa27980d2421.jpg?v=1781463292"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/topverkoper.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}