{"title":"TOPVERKOPERS","description":"","products":[{"product_id":"9781049203096","title":"Sterre is vir altyd","description":"\u003cp\u003eSy is Janie, die gewone eendjie wat haar eie verjaarsdagwegbreek Parys toe moes reël en toe in elk geval op die lughawe in die steek gelaat is. Max is presies die tipe man vir wie sy geen ooghare het nie - mooi, macho, sexy en suksesvol, wat haar nog meer gewoon laat voel as wat sy reeds is.\u003cbr\u003eMaar Parys is 'n magiese plek waar selfs gewone eendjies romantiek vind. Hy lê die Stad van Liefde se skatte voor haar voete neer; sy kan haar hande oor 'n tafel uitsteek en hom anker.\u003cbr\u003eAl wat sy moet onthou, is dat die dae vol wonder en nagte vol passie 'n sprokie is. Selfs die familieplaas met die Alpe in die agtergrond, wat hy met bloedgeld moes koop om die onreg van die verlede reg te stel, is deel daarvan. En as daar nou een eienskap is wat alle sprokies deel, is dit dat hulle tot 'n einde kom.\u003cbr\u003eGaan sy, as sy terugkeer Suid-Afrika toe, dit wat sy vir hom voel met wortel en tak uit haar hart moet ruk? Of is daar dalk vir haar 'n verhaal wat beter is as 'n sprokie, een wat in die sterre geskryf is?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sophia+Kapp\" class=\"contributor-link\"\u003eSophia Kapp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sophia Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382932062371,"sku":"9781049203096","price":324.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049203096_e23aa0cc-c76c-4649-81b7-3b5c3bf170fc.jpg?v=1776519253"},{"product_id":"9781049250809","title":"Historiese Almanak","description":"\u003cp\u003eHistoriese Almanak is 'n keur uit die skrywer se gewilde radiopraatjies en koerantrubrieke oor gebeure van die verlede. Dit is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in 'n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eReg van die begin af was dit die unieke aanslag van dié programme en rubrieke wat luisteraars en lesers vasgenael gehou het. Die wenverhaal duur voort.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie afdelingstitels is: Eie stories; Politiek en polemiek; Nuus van 'n ander aard; Uit Suid-Afrika se verlede; Oorlogsverhale; Baanbrekers, planmakers en uitskieters; Kalante, kreature en kaskenades; Kuns, vermaak en musiek; Skrywers en boeke; Silwerdoekstories; en Sportstaaltjies.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alb%C3%A9+Grobbelaar\" class=\"contributor-link\"\u003eAlbé Grobbelaar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Albé Grobbelaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395108520099,"sku":"9781049250809","price":378.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049250809_1eeff7a6-4b62-4c4b-a20c-d9585f5279e4.jpg?v=1776804031"},{"product_id":"9780798186025","title":"Kanniedood","description":"\u003cp\u003eSpeuradjudant Storm van der Merwe en haar kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in 'n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het. Sy word summier tydelik ontslaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStorm besluit op 'n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar dat 'n sindikaat net die vorige week skaars vetplantjies gestroop het en smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eToe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Blitslekker krimi deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irna+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eIrna van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irna van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395118514339,"sku":"9780798186025","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186025_127dfb82-947c-4d1a-9d96-79397b8a8eb1.jpg?v=1776803584"},{"product_id":"9780637003179","title":"Rebekka van Kameeldoornplaas","description":"\u003cp\u003eTussen oorloë, tussen lande, tussen liefde.\u003cbr\u003eOp elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderwagter vir ryk Engelse en is op 'n skip op pad Engeland toe.\u003cbr\u003eHier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe. Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk. En wanneer die boer se oudste seun kom kuier, ontdek sy 'n nuwe gloed wat rooiwarm deur haar lyf trek.\u003cbr\u003eWie is sy uiteindelik regtig? Bekkie, kaalvoet Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes? Of Rebecca, wêreldwyse jongmeisie van Oxford?\u003cbr\u003eIrma Joubert neem die leser saam op 'n onweerstaanbare ontdekkingstog - nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.\u003cbr\u003eRebekka van Kameeldoornplaas is 'n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wíé jy is en waarheen jy op pad is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irma+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eIrma Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irma Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577188630691,"sku":"9780637003179","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637003179_38a43d9a-c5ae-48d5-a689-3a2c5c1a321e.jpg?v=1776803256"},{"product_id":"9781049260570","title":"En nog WAT - Uit die woordeskat van Afrikaans","description":"\u003cp\u003eHoor jy die ghoema? Oral waar mense Afrikaans praat, leef daar unieke woorde en uitdrukkings. In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, word dié skatte bewaar. \u003cbr\u003eAmpas en riewas. Brokkies en flentertjies. Lodderein en vlugsout. 'n Deegpop met rosyntjie-oë. Kettemekê. Bokmakierie. Braaikoebaai en hondtrovert. Kaktus, heldoring, stinkblaar. Bekkertjiesgras. Herfsblaarswerwers en towerbruintjies. Kêrels en konings. Die Polonie van Benoni. Rissie-pit-se-geitjie-ding. Blomvoetjies. Springende haantjies. Ommesientjiestyd. KI en promptografie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHieroor en meer skryf Jana Luther sedert 2018 vir Beeld, Die Burger en Netwerk24 'n tweeweeklikse taalrubriek, “Woordewisseling”. Langer weergawes word soms in die RSG-program Taaldinge uitgesaai. \u003cbr\u003eOm die 100ste bestaansjaar van die WAT te herdenk, kies sy uit dié versameling - vir taalliefhebbers - die 100 stukke in hierdie bundel. 'n Viering van Afrikaans! \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“In haar rubrieke het Jana lesers oor jare bemagtig met nuwe woorde, insig gegee in die betekenis van bestaande woorde, laat gesels oor die moontlike nuwe betekenisse van woorde en uitgedaag om te dink oor die konteks waarin woorde gebruik word. Die publikasie van hierdie bundel in 2026 is 'n belangrike merker in die eeufeesviering van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en 'n beduidende byvoeging tot die bewaring en viering van Afrikaans.” — Johanna van Eeden, Netwerk24 \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJana Luther is 'n woordeboekmaker en teksredakteur. Sy 'n mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), redakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en die Woordeboek van Afrikaans Vandag (AV), en 'n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jana+Luther\" class=\"contributor-link\"\u003eJana Luther\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jana Luther","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577199870115,"sku":"9781049260570","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049260570_865c0441-f2d2-4b2e-ac01-e7ad06e05c0c.jpg?v=1776804034"},{"product_id":"9780795803338","title":"Mei en alles daarna","description":"\u003cp\u003eNá die wêreld se mees beskaafde egskeiding, bevind 'n ontnugterde Juna Ferreira haar in 'n klein dorpie sonder 'n plan vir haar toekoms.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer sy 'n unieke litteken op 'n dorpenaar se wang herken, stuur dit haar in die teenoorgestelde rigting - ver, ver die verlede in. Sy herbesoek haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde; 'n tyd wat sy as sorgvry en gelukkig onthou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar was dit regtig so? Hoekom onthou ander mense dit anders? En hoeveel donker geheime lê vasgevang in die hartverskeurende ruïne van die eens statige ou Limestone House?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMei en alles daarna is 'n verhaal oor die geheue se dans tussen werklikheid en versinsel, die lewe se sirkelgang, en ons verbintenis met alles en almal wat ons voorafgegaan het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zelda+Bezuidenhout\" class=\"contributor-link\"\u003eZelda Bezuidenhout\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zelda Bezuidenhout","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584870596771,"sku":"9780795803338","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795803338_92fabbd8-54cf-4bc6-be3f-10810a1b3acc.jpg?v=1776803483"},{"product_id":"9780796323828","title":"Goed genoeg","description":"\u003cp\u003eGerridene Berg, motiveringspreker, entrepreneur en gelowige vrou, glo baie vroue is vasgevang in die leuen dat hulle nie goed genoeg is nie. Sy wil hulle help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning.\u003cbr\u003eGerridene vertel haar eie storie aan die hand van die volgende kwessies:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*die waarde van woorde en die invloed daarvan op ons\u003cbr\u003e*hoe vroue dikwels probeer presteer om aanvaarding te kry\u003cbr\u003e*die wortel van trauma en vrees\u003cbr\u003e*hoe mislukte verhoudings ons selfbeeld skeeftrek\u003cbr\u003e*vriendskappe en eensaamheid\u003cbr\u003e*hoe Christus die alleenheid vul\u003cbr\u003e*hoe God by ons is in ons donkerste oomblikke\u003cbr\u003e*vergifnis en\u003cbr\u003e*om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy daag vroue uit om hul storie te deel, om sodoende ander vroue te help om hul eie stories te verstaan en deur te werk. Sy wil graag mense inspireer om genesing te vind.\u003cbr\u003eHierdie boek is nie net Gerridene se storie nie; dit is 'n getuienis van hoe 'n liefdevolle God 'n gewonde vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gerridene+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eGerridene Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gerridene Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584880722083,"sku":"9780796323828","price":243.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323828_9d483ef4-2aed-4554-91f1-8127465e0bac.jpg?v=1780010547"},{"product_id":"9780798186186","title":"`n Knippie moord","description":"\u003cp\u003eKlara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae 'n gastehuis en blommeplaas op Somersee naby Hermanus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy is heldersiende en kan onheil in haar nek voel kriewel wanneer dit op haar drempel staan. Soos die oggend toe Dewald Rademeyer sonder 'n bespreking by die gastehuis sy opwagting maak. 'n Dag later daag 'n misterieuse Siamese kat met 'n oënskynlik verskerpte sesde sintuig ook by die gastehuis op en enkele minute later word Dewald se lyk met 'n naaldwerkskêr in sy nek gevind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKolonel Mack Biesenbach van Kaapstad en kaptein Schalk Mocke is eerste op die misdaadtoneel waar hulle 'n geskokte Klara met bloed op haar hande kry. Schalk is simpatiek, maar Mack, met wie Klara se pad al voorheen gekruis het, glo nie haar weergawe nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm haar onskuld te bewys, begin Klara self na leidrade soek. En dít dryf Biesenbach nog verder teen die mure uit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels, kleurryke karakters en 'n kat genaamd Judi Dench. En natuurlik ook 'n tikkie romanse!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584922665123,"sku":"9780798186186","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186186_3b0bd895-d590-4961-98f5-ab7c324c76e0.jpg?v=1776803603"},{"product_id":"9781779860644","title":"Nan \u0026 Jeannie","description":"\u003cp\u003eBoek 02.\u003cbr\u003eDie Calitze het alles op Maanschijnbaai kom verander. Almal weet teen dié tyd hulle is slette, maar is hulle nie dalk boos ook nie? Daar is selfs sprake dat hulle kan toor, want hoe anders verduidelik mens dat al wat 'n man is vir hulle val? Kyk maar hoe het Sue die arme Zach betower. En Jo vir Saul. Maar die ergste is die geliefde dominee Gideon wat skielik handomkeer 'n ander mens geword het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHet dit iets te doen met Nan se magte? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op vlug geslaan? En nou wil Jeannie boonop 'n restaurant oopmaak en toorkos bedien.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maanschijnbaai\" class=\"contributor-link\"\u003eMaanschijnbaai\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul,Maanschijnbaai","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47609385779363,"sku":"9781779860644","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781779860644_a15db44f-8a22-4dbc-8039-ad4a970ba45a.jpg?v=1777451031"},{"product_id":"9780795803390","title":"Enigma","description":"\u003cp\u003eWanneer 'n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in 'n Kaapstadse hotelkamer aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaīen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen 'n gesiene persoon, wat 'n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in ay besit? 'n New Yorkse beleggingsbestuurder, 'n Angolese skurk, en 'n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op 'n manier met die vermoorde man verbind. Maar wat het hulle met die raaiselagtige transaksies te doen?\u003cbr\u003eKassie-hulle moenie net 'n moord oplos nie, maar ook 'n internasionale netwerk van kriminele aktiwitwite ontbloot. Een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rudie+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eRudie van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47624371306659,"sku":"9780795803390","price":329.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780795803390_c69ad3de-dee2-48f1-bc65-8dfb24155c8f.jpg?v=1777925131"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/topverkopers-bestsellers.oembed","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}