{"title":"UITVERKOPING","description":"","products":[{"product_id":"9781869198251","title":"Die hemel van Heivisj","description":"\u003cp\u003eNederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser - of eerder 'betaalde vriendin' - vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat 'n mens kan koop nie? Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie - wat hulle betref is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak en is haar afsydigheid teenoor Liesl pure aanstellerigheid. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. As die noodlot onafwendbaar lyk, kry Fing op 'n wonderbaarlike wyse hulp: nie van mense nie, maar van die mynperd Heivisj en van 'n stokou lindeboom. \u003cbr\u003eDie hemel van Heivisj is 'n vervolg op Nege Oop Arms, maar kan ook selfstandig gelees word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Benny+Lindelauf\" class=\"contributor-link\"\u003eBenny Lindelauf\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Benny Lindelauf","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523829055651,"sku":"9781869198251","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869198251_1efd0400-005e-403a-bd0d-8201e127045d.jpg?v=1776608108"},{"product_id":"9781869199203","title":"Oupa Olivier weet van niks","description":"\u003cp\u003eOupa Olivier het baie seëls. Hy vertel ook lekker stories oor die seëls. Maar Stian kom agter Oupa Olivier vergeet baie dinge. Stian se sussie en boetie lag vir Oupa daaroor, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou.\u003cbr\u003eEendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twe later kon onthou waar die uitgang is nie ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lien+Roux-De+Jager\" class=\"contributor-link\"\u003eLien Roux-De Jager\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lien Roux-De Jager","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523829088419,"sku":"9781869199203","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199203_39dc554f-0e8a-49bd-87df-1b3f9c371344.jpg?v=1776608260"},{"product_id":"9781869197247","title":"Wat speel ons Versameling kinderspeletjies","description":"\u003cp\u003eWolf, Wolf, hoe laat is dit? \u003cbr\u003eAlmal ken hierdie geliefde kinderspeletjie: As die Wolf uitroep Etenstyd! dan moet jy laat spat.\u003cbr\u003eWat speel ons? is 'n versameling speletjies wat kinders al vir jare lank speel. Albasterspeletjies, blikaspaai, sakreisies, touspringspeletjies en ander gunstelinge word in hierdie boek opgeneem en met foto's en sketse geïllustreer. Kinders kan kies uit:\u003cbr\u003ebordspeletjies; balspeletjies; albasterspeletjies; binnenshuise speletjies; buitenshuise speletjies; motorspeletjies; klipspeletjies; kringspeletjies; partytjiespeletjies; raaispeletjies en nog vele meer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johanna+de+Wet\" class=\"contributor-link\"\u003eJohanna de Wet\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johanna de Wet","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523829121187,"sku":"9781869197247","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869197247_eb2fba35-5613-439f-86f8-ef5fcc1a9abc.jpg?v=1776607868"},{"product_id":"9781869198244","title":"Tirza","description":"\u003cp\u003eDaar was 'n tyd toe Jörgen Hofmeester alles gehad het: 'n vrou, 'n adres, 'n redakteurspos by 'n gesiene literêre uitgewery, twee talentvolle dogters, 'n stewige Switserse bankrekening en die satisfaksie van huurbaas speel oor 'n gedeelte van sy spogeiendom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl voorberei word vir die partytjie wat hy gereël het om sy oogappel-jongste, Tirza, se laaste skooldag te vier, leer die leser egter gaandeweg dat alles nie pluis is nie en dat Hofmeester eintlik verbete vasklou aan die laaste bietjie wat hy nog van sy skyngeluk oorhet. Eers het sy vrou hom vir 'n jonger minaar verlaat, toe is Ibi landuit agter 'n kêrel en 'n beroep aan wat Hofmeester teen die bors stuit - en toe stort die ekonomie in duie en hy verloor sy werk én sy neseier. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet Tirza as sy enigste oorblywende anker in 'n groeiende gespartel om sy identiteit te behou, is dit vir Hofmeester erg genoeg om 'n vriend soos Choukri in haar lewe te moet aanvaar. Maar dat die twee 'n wegbreekjaar na die Donker Kontinent beplan - sou enige pa opgewasse wees teen só 'n vonnis?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Die roman wat elke skrywer graag sou wou skryf.' (NRC Handelsblad)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Grunberg se meesterwerk is meedoënloos, tragies en dikwels skreeusnaaks. Meesleurend van die begin tot by die mokerhou van 'n slotsin.' (De Tijd)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'... the story never falls flat, unraveling with humor and poignancy until the end.' (Publisher's Weekly)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR:\u003cbr\u003eArnon Grunberg (1971) is gebore in Amsterdam word wyd erken as een van die belangrikste Nederlandse skrywerstemme van die afgelope dekades. Hy woon en werk in New York, van waar hy as rubriekskrywer en joernalis gereelde bydraes tot die Nederlandse De Volkskrant en internasionale publikasies soos die New York Times, The Times of London en Bookforum lewer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Arnon+Grunberg\" class=\"contributor-link\"\u003eArnon Grunberg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Arnon Grunberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523829186723,"sku":"9781869198244","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869198244_19e807e3-8149-4657-b230-d99810b3fffc.jpg?v=1776608103"},{"product_id":"9781920479930","title":"Knope, vilt \u0026 krale","description":"\u003cp\u003e50 oorspronklike projekte met maklike aanwysings en duidelik foto's demonstreer hoe om juwele en bykomomstighede te maak \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBeginnersoefeninge wys jou die basiese knoopryg-teknieke, een-voudige steke, hoe om vasstrykstof vir lae te gebruik en selfs hoe om te hekel. Wanneer jy hierdie tegnieke baasgeraak het, kan jou ontwerpe so eenvoudig of ingewikkeld wees as wat jy hulle wil maak - en jy het geen spesiale vaardighede of toerusting nodig nie. Die basiese tegnieke word gevolg deur 'n groot versameling pragtige projekte wat by die meeste handwerkers groot byval sal vind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie projekte wissel van funky, bonkige krale en bykomstighede vir kinders tot lieflike, delikate bykomstighede en prettige dekoritems vir jouself en jou huis. Daar is maklike aanwysings vir beginners, terwyl daar vir meer gevorderde handwerkers hope inspirasie is om hulle persoonlike stempel op die projekte af te druk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUitmuntende kleurfoto's van al die voltooide projekte hou hulle eie bekoring en inspirasie in, en patrone van al die ontwerpe wat in die boek gebruik is, maak dit maklik om dié inspirasie in pragtige geskenke of unieke items vir eie gebruik vas te vang.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Michelle+Felder\" class=\"contributor-link\"\u003eMichelle Felder\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Michelle Felder","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823255715,"sku":"9781920479930","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920479930_391678f8-b596-4d66-8b51-40b6c95b49d4.jpg?v=1776613746"},{"product_id":"9781920479893","title":"Loodglaskuns","description":"\u003cp\u003eHierdie ryklik geïllustreerde boek oor loodglas dek alles wat jy moet weet om hierdie eeue oue handwerkvorm te beoefen. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie inleiding beskryf al die materiale en toerusting, die soorte glas en veiligheidsmaatreëls, en word gevolg deur stap-vir-stap-tegnieke en wenke oor die natrek en uitsny van patrone, slyp- en foeliewerk, hoe om die stukke saam te stel, soldeerwerk, vertinning en die aanwending van patina. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie wye reeks projekte - in tradisionele en kontemporêre style - sluit lampkappe, kershouers, bewertjies, rame, muurhorlosies, spieëls en nog vele meer in. Die eerste paar projekte word geïllustreer met gedetailleerde stap-vir-stap-fotoís om die grondslag neer te lê vir die daaropvolgende projekte waarin meer spesifieke besonderhede uitgelig word. Al die items in die boek - hetsy dit eenvoudig of meer uitdagend is - beeld die wonderlike verskeidenheid glas wat deesdae beskikbaar is pragtig uit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die puik kleurfoto's van al die voltooide items, tegniese wenke regdeur die boek, foto's uit die studio met uitgebreide byskrifte vir ekstra inspirasie, en patrone vir die projekte is hierdie boek ín móét vir elke handwerker.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gail+Brown\" class=\"contributor-link\"\u003eGail Brown\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacqui+Holmes\" class=\"contributor-link\"\u003eJacqui Holmes\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gail Brown,Jacqui Holmes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823288483,"sku":"9781920479893","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920479893_6e45f6d9-193a-4d2d-acff-7054e8a5e4a0.jpg?v=1776613735"},{"product_id":"9781868902095","title":"Pharos Afrikaansgids","description":"\u003cp\u003eDie Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-AWS en is KABV-geskik. Dit is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers.  \u003cbr\u003eBehalwe vir die naslaangedeelte wat algemene taalreëls deur middel van eenvoudige definisies en voorbeelde verduidelik, bevat dit ook lyste van woorde wat spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pharos\" class=\"contributor-link\"\u003ePharos\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nicol+Faasen\" class=\"contributor-link\"\u003eNicol Faase\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cbr\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pharos,Nicol Faasen,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375432712355,"sku":"9781868902095","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781868902095_cedf256b-a6b9-449a-aa13-8049b18212ef.jpg?v=1776605198"},{"product_id":"9781485304074","title":"Spooksoene","description":"\u003cp\u003eSpooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang 'n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om 'n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie 'n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie ... Hoe oorkom jy 'n yslike puisie op jou neus, 'n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, 'n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle 'n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oë nie glo nie ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Troula+Goosen\" class=\"contributor-link\"\u003eTroula Goosen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Troula Goosen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831251107,"sku":"9781485304074","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485304074_3a30766f-9ab2-4b76-842a-d87f1ca9cd94.jpg?v=1776549956"},{"product_id":"9781485302285","title":"Willem die wreedaard","description":"\u003cp\u003eWillem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom 'n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem 'n nuwe blaadjie kan omslaan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+John+Fardell\" class=\"contributor-link\"\u003eJohn Fardell\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"John Fardell","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831316643,"sku":"9781485302285","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302285_368c8856-7c75-4a6f-8e01-3b584917ca34.jpg?v=1776549725"},{"product_id":"9781928201588","title":"Druktegnieke by Dosyne","description":"\u003cp\u003eDrukwerktegnieke by dosyne beskryf 'n groot verskeidenheid druktegnieke en bied pragtige praktiese projekte waarvoor jy nie pers- of spesiale vaardighede nodig het nie. Die skrywer gee aanwysings vir alles van stempel- en stensilwerk tot verskeie reliëfdrukwerkmetodes, insluitend lino-, tekstuurplaat- en kallograafdrukwerk, asook vier soorte skermdrukwerk.\u003cbr\u003eHierbenewens is daar projekte met son- en sianotipe drukwerk en kan jy leer hoe om roes en plantmateriaal vir 'eko'-tipe afdrukke te gebruik.  Daar is 'n unieke benadering tot oordragmetodes en gewysigde afdrukke wat hierdie druktegnieke baie toeganklik maak. Verreweg die grootste en opwindendste deel van die boek is dié oor mono-afdrukke en monotipe afdrukke, met die klem op gela-afdrukke.  Angie Franke gebruik haar gelatienbasis-drukkussings (die resep is ingesluit), asook Gelli Platedrukkussings en klei-afdrukke om monodrukwerktegnieke op vele verskillende maniere aan te bied. Hiermee saam gebruik sy ander prosesse in die boek om 'n fassinerende eindproduk te skep: laag-op-laag ryklik gekombineerde kleurafdrukke wat met stempel-, stensil-, maskeer- en tekstuurplaat-toerusting geskep word. Die aanwysings is maklik om te volg en die manjifieke foto's sal 'n ieder en 'n elk inspireer om afdrukmakery op die proef te stel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Angie+Franke\" class=\"contributor-link\"\u003eAngie Franke\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Angie Franke","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823681699,"sku":"9781928201588","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928201588_dc067380-3046-4b66-b470-b603bc08daa7.jpg?v=1776615443"},{"product_id":"9781928201526","title":"Doen Mosaïek","description":"\u003cp\u003eSpeel jy al 'n ruk lank met mosaïekwerk, maar voel jy moet dit nou op 'n hoër vlak beoefen? Of is jy 'n beginner wat soek na 'n uitdaging? Dan is hierdie boek net wat jy nodig het. Dit bied mosaïekwerk aan as 'n kunsvorm waar lyn, kleur en tekstuur almal saamwerk om pragtige resultate te lewer. Die treffende foto's op elke bladsy is inspirerend en leersaam.\u003cbr\u003eDie skrywer, wat oorspronklik 'n tekstielontwerper was, besef hoe belangrik die keuse van 'n ontwerp is wanneer jy 'n mosaïekprojek wil onderneem. Hierdie boek sal jou leer hoe om die regte ontwerp te kies en dit as 'n ontwerptekening weer te gee. Die tegniese inligting wat verskaf word, sal jou lei deur die proses om 'n ontwerp te kies, jou leer van die verskillende teëls wat beskikbaar is, oppervlakke waarop jy kan werk en watter vir bepaalde toestande gebruik moet word, die materiaal en\u003cbr\u003egereedskap wat nodig is, sowel as die verskillende mosaïektegnieke wat vir die voltooiing van jou projek gebruik kan word. Daar is selfs voorstelle vir alternatiewe as benodigdhede in jou omgewing moeilik bekombaar is.\u003cbr\u003eDie stap-vir-stap-projekte is pragtig en kan presies gevolg word, maar die skrywer moedig mosaïekwerkers aan om die projekte hul eie te maak deur met kleur en tekstuur te speel. Die projekte sluit groot en klein items in wat jy in jou huis of as geskenke kan gebruik, en gee alternatiewe voorstelle en idees ingeval jy 'n ander voorkoms of gevoel sou verkies.\u003cbr\u003eMosaiëkkuns behels soveel meer as die blote plasing van teëls langs mekaar, en met Doen Mosaïek in die hand sal jy ontdek hoe geweldig bevredigend hierdie handwerkvorm kan wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dorophy+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eDorophy du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dorophy du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823845539,"sku":"9781928201526","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928201526_705ee1d0-268e-4d9d-be33-855a7a89c3e7.jpg?v=1776615424"},{"product_id":"9781928201564","title":"Nuwe Vintage","description":"\u003cp\u003eNuwe Vintage vertel hoe jy iets wat jy reeds het - deur herwinning, herskepping en vernuwing - kan gebruik en tot iets anders verwerk. Hierdie boek bied jou meer as 75 stap-vir-stap-projekte en meer as 25 vinnige idees, met pragfoto's om ou, ongebruikte voorwerpe in begeerlike juweliersware, dekoritems, skryfbehoeftes, meubels en nog meer te omskep.\u003cbr\u003eLeer hoe om met eenvoudige handwerktegnieke, algemene handwerkbenodigdhede en net 'n bietjie kreatiwiteit unieke voorwerpe te skep wat jy kan dra, vertoon of gebruik. Benewens die stap-vir-stap-projekte gee die skrywer nuttige advies oor hoe om voorwerpe 'n vintage-voorkoms te gee, waar jy vintage-prente kan kry en idees vir tweedehandse voorwerpe wat jy in jou projekte kan gebruik. Carla se geheim is om die moontlikhede in alles raak te sien. Ma se ou blikke, Ouma se stukkende borsspelde en Pa se versameling sleutels word omtower tot bruikbare, praktiese, pragtige kleinode.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carla+Visser\" class=\"contributor-link\"\u003eCarla Visser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carla Visser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823878307,"sku":"9781928201564","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928201564_2c3bd654-b4c4-4f83-8132-720cba38f6c7.jpg?v=1776615430"},{"product_id":"9780620048347","title":"Klein Fak - Sangbundel","description":"\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Verskeie\" class=\"contributor-link\"\u003eVerskeie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Verskeie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831349411,"sku":"9780620048347","price":40.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620048347_7a496d39-408d-4eb8-9a82-24a7995bbaa5.jpg?v=1776476470"},{"product_id":"9781920654580","title":"Die Stormsee Swyg","description":"\u003cp\u003eHelmuth Gunther, die aantreklike baas van Gunther en Vennote, styg met sy Cessna net buite Reniersburg in die Karoo op. Hy is opgewonde om 'n grondtransaksie in die Weskus te gaan beklink. 'n Verskriklike windstorm laat sy vliegtuig egter neerstort in 'n bloekombos. Die harde kopstamp wat Gunther opdoen, vlek die donker gange van sy jarelange geheueverlies oop. Sy staatmakersekretaresse, Lanie de Wet, loop haar langs Gunther se hospitaalbeeld in sy onthoubeelde vas en begin besef...die man op wie sy verlief is, is dalk iemand anders. Hoe onvoorspelbaar, hoe diep en hoe lank kan 'n stormsee sy geheime bewaar?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annemarie+J.+Pieterse\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnemarie J. Pieterse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annemarie J. Pieterse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523809460387,"sku":"9781920654580","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920654580_1182b838-ed10-4d43-a088-b69efa9607b2.jpg?v=1776614503"},{"product_id":"9780620472906","title":"Steeds Mathys","description":"\u003cp\u003eIn 'n aangrypende outobiografiese vertelling skets Mathys Roets die pad wat hy die afgelope 44 jaar geloop het. Mathys deel in hierdie eerlike, oop vertelling die pyn van die beëindiging van sy huwelik, en uiteindelik die donker dag toe sy motorfiets daar in die Vrystaat van die pad af geloop het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mathys+Roets\" class=\"contributor-link\"\u003eMathys Roets\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alita+Vorster\" class=\"contributor-link\"\u003eAlita Vorster\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mathys Roets,Alita Vorster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523809591459,"sku":"9780620472906","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620472906_079ee16b-fffb-4034-a017-68a70574005d.jpg?v=1776476723"},{"product_id":"9780624035817","title":"Poskaarte","description":"\u003cp\u003e'n Byderwetse bloemlesing gedigte van 1960 tot 1995 wat ook streektaal-Afrikaans en randpoësie dek, soos gay, feministiese en 'struggle'-gedigte - 'n wye verskeidenheid uiteenlopende 'poskaarte' wat die ontwikkeling in die Afrikaanse poësie weerspieël. Talle digters en gedigte word hier vir die eerste keer in 'n bundel opgeneem.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ronel+Foster\" class=\"contributor-link\"\u003eRonel Foster\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louise+Viljoen+(Samestellers)\" class=\"contributor-link\"\u003eLouise Viljoen (Samestellers)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ronel Foster,Louise Viljoen (Samestellers),ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375455944867,"sku":"9780624035817","price":109.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624035817_39b1bc8f-4339-4f90-bb9f-97fd39bc66be.jpg?v=1776477811"},{"product_id":"9780798180856","title":"Somtotaal","description":"\u003cp\u003eEster Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees - tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie. Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anchien+Troskie\" class=\"contributor-link\"\u003eAnchien Troskie\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cbr\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anchien Troskie,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375457386659,"sku":"9780798180856","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798180856_2ea39a90-2d08-492b-8386-c607d138ffda.jpg?v=1776505224"},{"product_id":"9780624047322","title":"Pandora se boks","description":"\u003cp\u003eNa 'n tragedie wat die Kruger-gesin beleef, trek Olga saam met haar suster, Annelie, en hul pa, A.P., na 'n plattelandse dorpie. Hier moet hulle aanpas in 'n nuwe omgewing waar hul pa 'n skoolhoof is. \u003cbr\u003eOlga, die oudste, is aantreklik en begaafd, maar opstandig en ongelukkig en die jonger Annalie is, hoewel minder talentvol, die oogappel van haar pa.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nelia+Engelbrecht\" class=\"contributor-link\"\u003eNelia Engelbrecht\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nelia Engelbrecht","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523847012515,"sku":"9780624047322","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624047322_15c1d4e3-8b17-42df-b1e0-14fc24cf592e.jpg?v=1776478114"},{"product_id":"9781485305934","title":"Koning eenoog","description":"\u003cp\u003eIn 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad - leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was 'n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van 'n lewe as buitestaander en vorm later die rooi draad in sy skilderye en literêre werk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKoning eenoog is die 'n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947-2005), 'n skrywer wat nie net 'n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas - Alan Paton Award en die Frans Kellendronk-prys, Ultramarijn - Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Toef+Jaeger\" class=\"contributor-link\"\u003eToef Jaeger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Toef Jaeger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831480483,"sku":"9781485305934","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485305934_ea50fce8-01cc-4377-a6ae-804e40140959.jpg?v=1776550244"},{"product_id":"9781485306269","title":"Die Chacma-ekspedisie","description":"\u003cp\u003eWaar die Krokodilrivier lui-lui deur die Noordwes kronkel, net 'n klipgooi van die Wieg van die Mensdom, is die wel en weë van twee histories aparte groepe op die punt om ineen te vloei. In die dorpie Kwenang (voorheen De la Rey) is korrupsie, wanbestuur en anargie aan die orde van die dag en is die vraag op die vooraand van die burgemeestersverkiesing of daar hoegenaamd nog 'n spreekwoordelike Moses is wat die dorp uit hul politieke verknorsing sal kan lei. Aan die ander kant van die rivier, teen die klipkoppies van die Schurweberg, sit Grootraad Makedaan (gerespekteerde leierbobbejaan) en tob oor die onregverdigheid van die 'groot split': die dag toe die regoplopers hulle rug op die handeviervoeters gedraai en só die gedeelde herkoms van die primate versaak het. Is dit dan nie Bo'jaan se roeping om aan Kwenang se komende burgemeestersverkiesing deel te neem, en so 'n bedeling van heling in plek van verdeling in te lui nie? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl 'n bobbejaan in die noorde tot burgemeester ingehuldig word, is 'n gesiene emeritusprofessor en primaatnavorser, 'n internasionaal-erkende Britse fotograaf en 'n lenige boereblondine van die Kaap af na die Magaliesberg onderweg as deel van die Chacma-ekspedisie: 'n Brits-befondste ondersoek na pratende lede van die spesie papio ursinus. Toeval? Of die hand van die noodlot?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die Chacma-espedisie steek Marius Ackermann goedig die draak met Afrika-politiek en -problematiek en sal selfs die mees siniese leser vir mens én dier se bobbejaanstreke kan lag. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eMarius Ackermann bevind hom danksy die kombinasie van sy regsagtergrond (onder andere as regsadviseur die Staatsdiens en as lid van die Pretoriase Balie) en skrywersvernuf (hy het 'n MA in Kreatiewe Skryfkuns) in die perfekte posisie om intelligent en insiggewend die spot te dryf met al wat staatsinstelling en -formaliteit is. Sy satiriese blik op die politiek en die naby verwantskap tussen mens en dier wat in al sy boeke na vore tree, word in die skreeusnaakse Die Chacma-ekspedisie tot nuwe hoogtes gevoer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marius+Ackermann\" class=\"contributor-link\"\u003eMarius Ackermann\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marius Ackermann","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831546019,"sku":"9781485306269","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306269_29811253-8e35-447e-875d-f260c01dba15.jpg?v=1776550311"},{"product_id":"9781998958856","title":"Verdeelde stand | Divided Stance","description":"\u003cp\u003e*Verdeelde stand | Divided Stance is 'n hibried‑digbundel saamgestel uit die vermenging van onder meer tale, kulture en seksualiteite in die diverse Suid-Afrikaanse werklikheid oor verskeie tydvakke heen. Die Afrikaanse en Engelse gedigte meld aan in die digter se voorkeurtaal vir die tema, stemming of onderwerp en is nie vertalings of herwerkings van mekaar nie. Die digter gebruik die taal van die moeder en die werkstaal van die vader om wydlopende temas soos die omgewing, meertaligheid, tolking, die politieke bestel, die liefde, verlies en veroudering, die Covid-19-pandemie, metapoësie, delusies, en drome aan te roer. Agterin die bundel is 'n erkenningslys wat agtergrond by die gedigte bied. Die spreker neem in effek verskillende stemme aan, wat in gesprek tree met die dualistiese titel van die bundel.\r\n*Verdeelde stand | Divided Stance is a hybrid collection of poetry comprising a blending of languages, cultures and sexualities against the diverse South African reality over various eras. The English and Afrikaans poems arrive in the poet's language of choice for the theme, mood or subject and they are not translations or reworkings of one another. The poet uses the language of the mother and the working language of the father to address wide-ranging themes such as the environment, multilingualism, interpreting, the political order, love, loss and aging, the COVID-19 pandemic, metapoetry, delusions, and dreams. At the back of the volume is a list of acknowledgments that provides background to the poems. The speaker in effect adopts various voices that enter into dialogue with the dualistic title of the collection.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Celest%C3%A8+Fritze\" class=\"contributor-link\"\u003eCelestè Fritze\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Celestè Fritze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375472263331,"sku":"9781998958856","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781998958856_6d117c94-de00-48c3-90da-2c52ba2ae1d3.jpg?v=1776620284"},{"product_id":"9781485301790","title":"Neem gerus","description":"\u003cp\u003eDie wind skep die nota en dit kom op meneer Snippel se fiets te lande.\u003cbr\u003eMeneer Vogel is vreeslik bly hieroor.\u003cbr\u003eHy vra: 'Kan dit waar wees? Kan ek dit sommerso saamneem?'\u003cbr\u003eMeneer Snippel pluk nog appels in die boom en roep van bo uit die takke:\u003cbr\u003e'Ja, sekerlik, neem gerus, neem gerus!'\u003cbr\u003e'Dankie!' roep meneer Vogel.\u003cbr\u003e'Tot siens!' roep albei, en meneer Vogel ry met die fiets weg.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMeneer Snippel sit 'n nota met die woorde 'Neem gerus' op 'n mandjie appels sodat sy bure daarvan sal saamneem, maar as die wind die briefie skep, lei dit tot 'n reeks misverstande ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lorenz+Pauli\" class=\"contributor-link\"\u003eLorenz Pauli\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Miriam+Zedelius\" class=\"contributor-link\"\u003eMiriam Zedelius\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lorenz Pauli","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831611555,"sku":"9781485301790","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485301790_5ca4687a-4eb8-42de-8f35-6233d6cf97e7.jpg?v=1776549578"},{"product_id":"9780796318879","title":"Granate bloei in Jerusalem","description":"\u003cp\u003eBoek 1\u003cbr\u003eMarc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd - bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef - al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle (met hul uiteenlopende kulturele, politieke en godsdienstige agtergrond) 'n toekoms saam? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marzanne+Leroux-Van+der+Boon\" class=\"contributor-link\"\u003eMarzanne Leroux-Van der Boon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375511978147,"sku":"9780796318879","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796318879_29b15104-38bb-4095-bfd2-f08ffe0a5606.jpg?v=1776499839"},{"product_id":"9780798155342","title":"Roepman","description":"\u003cp\u003e'n Roepman se werk by die spoorweë was om die masjinis en sy assistent te gaan roep\/wakker te maak vir hul skofte.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie gesins- en inisiasieroman speel af in 'n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is die 13-jarige Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasieprosesse in 'n grootmenswêreld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+van+Tonder\" class=\"contributor-link\"\u003eJan van Tonder\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan van Tonder,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375528329379,"sku":"9780798155342","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798155342_c6a1a628-4175-45f8-8b02-e234cd67b2e5.jpg?v=1776501334"},{"product_id":"9780928316841","title":"Begin 'n lewe van sukses","description":"\u003cp\u003eBegin 'n nuwe lewe van Sukses:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierin kan jy leer watter stappe jy moet neem om 'n nuwe lewe van sukses te begin\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLeer hoe om jou mislukkings tot jou voordeel te gebruik\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLeer hoe om positiewe denke te hê.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHennie J De Villiers (B.D., M.A. Psig., D.Phil.) word beskou as topskrywer in Afrikaans oor Viktor Frankl se fokus op die betekenis van lewe. Hennie het sielkunde aan twee universiteite gedoseer, waarna hy voltyds as spirituele sielkundige gepraktiseer het. Ná sy aftrede is hy heeltyds skrywer. Uit sy pen het die volgende publikasies verskyn: Hoekom is ek hier? - Ontdek jou sielskrag; To exist with meaning - Viktor Frankl's guidelines; Wat is my siel?; GLO om te kry wat jy nodig het, You are a soul - with a meaning in life (e-boek); Breek weg - vir 'n sinvolle lewe; Ontdek jou sielskrag - en leef betekenisvol ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hennie+J+De+Villiers\" class=\"contributor-link\"\u003eHennie J De Villiers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hennie J De Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523809722531,"sku":"9780928316841","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316841_c7c42e9f-27a1-4d31-9068-5c8075d513e7.jpg?v=1776517026"},{"product_id":"9781485300663","title":"Verdriet se moses","description":"\u003cp\u003eVerlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloë dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewêreld en ure se gesels om die braaivleisvuur?\u003cbr\u003eMet Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op 'n nostalgiese reis na daardie Suidwes: 'n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid 'n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe 'n misleidende ontmoeting met 'n loskop net die regte medisyne vir 'n ontspoorde wewenaar geword het, hoe 'n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as 'n hotel ontydig tjokkenblok vol is.   \u003cbr\u003eVerdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as 'bobaasverteller oor die ou dae in Namibië'.\u003cbr\u003eVerskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helm+Jooste\" class=\"contributor-link\"\u003eHelm Jooste\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Fred+Mouton\" class=\"contributor-link\"\u003eFred Mouton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helm Jooste","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831709859,"sku":"9781485300663","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300663_55c42fab-ef89-47e6-bbcd-16f67326b972.jpg?v=1776549262"},{"product_id":"9781485300762","title":"Van Manenberg, met liefde","description":"\u003cp\u003e'Ie liewe is 'n dice game; 'ie dice rol soes hy rol en jy moet 'it ma' vat, broe'.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJay en Alpha deel 'n wêreld van armoede en bendes en het al twee sonder 'n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, 'n klein bende in Manenberg, terwyl Jay 'n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer. \u003cbr\u003eVir Jay is dit 'n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met dié van 'n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik.\u003cbr\u003eWaarheen gaan 'n student met 'n baba? \u003cbr\u003eDie welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl 'n bendeoorlog dreig?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mike+Michaels\" class=\"contributor-link\"\u003eMike Michaels\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mike Michaels","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831742627,"sku":"9781485300762","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300762_a539af9c-85cc-4a48-9ece-0e5cc1f814a1.jpg?v=1776549306"},{"product_id":"9780928316162","title":"Sorrie maak nie gesond nie","description":"\u003cp\u003eDie mans in Rose se lewe het haar almal in die steek gelaat. Na haar boetie, Gerard, se dood het haar ouers ook van haar vergeet. Deesdae kyk haar ma hopeloos te diep in die bottel en dwaal haar pa se oog heeltemal te veel. Vir Rose is hulle net Blackie en Verona, die mense met wie sy 'n huis moet deel tot sy agtien is. Haar laaste hoop en anker was Rodriek, maar ook hy begin vreemd optree. Hoekom maak hy asof sy saam met hom iets spesiaals gedeel het? Het hy haar drankie gedokter om haar in die bed te kry? Hoekom kan sy niks van die aand onthou nie? Vir die eerste keer in haar lewe is Rose werklik alleen. Selfs haar boesemvriendinne mag nie die detail van die verskriklike aand weet nie. In 'n tyd waar niks sin maak nie, is Rose van een ding seker: sy moet Rodriek terugkry. As sy haar kaarte reg speel kan sy dalk haar ouers se aandag ook terugkry. Sorrie maak nie gesond nie is 'n verhaal van oorsaak en gevolg, waarheid en leuens en wat dit beteken om verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem. Anzil Kulsen toor met woorde sodat jy wegraak in 'n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak. Met Anzil se sukses tot op hede, is dit geen verassing nie dat hierdie boek moeiteloos alle rasse en kulture insluit sonder om 'n wroeg-en-preek-boek te wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anzil+Kulsen\" class=\"contributor-link\"\u003eAnzil Kulsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anzil Kulsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523809624227,"sku":"9780928316162","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316162_e9653956-15f5-4c37-9e70-cc37da3a7adf.jpg?v=1776516892"},{"product_id":"9781485300878","title":"Sonde van Lusinda","description":"\u003cp\u003e'Vir Stéfan is die oorgang van seksuele dier tot voorbeeldige pa 'n naatlose een. Dis soos verskillende kamers in jou kop, sê hy vir homself, wat niks met mekaar te doen het nie, waar jy kan ingaan en uitkom nes jy wil, die deure agter jou toemaak. Aan dié manier van dink en handel is daar vir hom niks onsedelik of selfs ongemaklik nie; dit is hoe jy oorleef in 'n wêreld wat byna om elke hoek teen homself draai. Trouens, hy is trots op sy vermoë om 'n verkleurmannetjie te wees. Nee, nie 'n verkleurmannetjie nie, eerder 'n man van vele fasette, a man for all seasons - dit verg immers 'n sekere intelligensie.' \u003cbr\u003eSonde van Lusinda is die verhaal van Stéfan, 'n 43-jarige prokureur en geskeide pa van 'n tienerdogter, wat by 'n braai verlief raak op 'n 20-jarige model sonder matriek. 'Age is just a number!' verseker sy hom. Sal hy dié 'blonde bom' kan weerstaan? Wat sou die impak van so 'n onmoontlike verhouding wees op sy familie, sy vriendekring en sy werk? Is dit hoe 'n midlife crisis lyk?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anton+Schoombee\" class=\"contributor-link\"\u003eAnton Schoombee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anton Schoombee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831775395,"sku":"9781485300878","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300878_7af3b370-8d31-4351-a4ac-163d17cad67e.jpg?v=1776549373"},{"product_id":"9781485302971","title":"Water op Mispah","description":"\u003cp\u003eNog  'n lekkerlees liefdesverhaal van Dot Serfontein.\u003cbr\u003eEmma is baie ongelukkig getroud en kinderloos.  Haar lewe neem egter  onverwagte draaie wanneer  'n boer, Van Greunen, op hul plaas kom boor vir water. Sy staan voor  'n moeilike keuse: Moet sy getrou bly aan haar man en hul ongelukkige huwelik voortsit, of moet sy haar hart volg?\u003cbr\u003eDot Serfontein is op 30 April 1925 gebore. In 1949 word sy aangestel as redakteur van Die Volksblad en begin ook kortverhale vir Sarie Marais skryf. Haar vervolgverhaal, Liefde in die kwepertyd, verwerf gou gewildheid en word in 1960 as haar eerste boek gepubliseer. Hierop volg verskeie boeke. Dot ontvang in 1982 die Helpmekaar-prys vir gewilde prosa en later oorhandig die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein 'n oorkonde aan haar.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dot+Serfontein\" class=\"contributor-link\"\u003eDot Serfontein\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dot Serfontein","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831808163,"sku":"9781485302971","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302971_8c38a5ee-e8fb-491c-96ea-f1bdbdced90a.jpg?v=1776549851"},{"product_id":"9780928316452","title":"God op soek","description":"\u003cp\u003eWaar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9\/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons 'sekerhede' en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frits+Gaum\" class=\"contributor-link\"\u003eFrits Gaum\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frits Gaum","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523809984675,"sku":"9780928316452","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316452_3eeb8f4d-60ef-454b-a78b-dfac88a1e9fe.jpg?v=1776516959"},{"product_id":"9781485307167","title":"Die aarde is 'n eierblou ark","description":"\u003cp\u003eIn Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds 'n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In dié nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop. Soos die titel aandui, word die aarde gesien as 'n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes  help bewaar:\u003cbr\u003edie aarde is 'n eierblou ark\u003cbr\u003ewat deur die melkweg veer\u003cbr\u003e[...]\u003cbr\u003ewaarin ons waterdeurdronge \u003cbr\u003edeur soutreën en sleepmistonge \u003cbr\u003e\u003cbr\u003ehiermaals vaar en as bede \u003cbr\u003eom vergiffenis en genade \u003cbr\u003e\u003cbr\u003edaagliks silwer woordspane \u003cbr\u003edeur water stuur\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eSusan Smith is dosent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare. As navorser ondersoek sy veral die poësie se bydrae tot die gesprek ook die omgewing.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Susan+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eSusan Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Susan Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375558574243,"sku":"9781485307167","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485307167_5b9f263b-2cd8-4e7e-ae22-7b568bc6aa89.jpg?v=1776550516"},{"product_id":"9781485307686","title":"`n Leeftyd later - Herinneringe aan Angola","description":"\u003cp\u003eMarthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is 'n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel 'n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer 'n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. 'n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van 'n sterk, intelligente vrou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eMarthie Voigt is 86 jaar oud en woon in Namibië.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marthie+Prinsloo-Voigt\" class=\"contributor-link\"\u003eMarthie Prinsloo-Voigt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marthie Prinsloo-Voigt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831873699,"sku":"9781485307686","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485307686_6e23c1ef-f37b-47e0-b6cb-98f345dc37f0.jpg?v=1776550653"},{"product_id":"9781485306825","title":"Van kant gemaak","description":"\u003cp\u003eIn België loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle. Dit sal nie ’n gelukkige huwelik word nie. As Elisabeth agt maande later aan ’n tweeling geboorte skenk, is die eersgeborene ’n pragtige seun, Valentyn. Die tweede kind is so mismaak dat Guillaume weier om hom ’n naam te gee. Tog bly Naamloos lewe. Omdat sy voorkoms sy vader en die dorpenaars ontstel, gaan Naamloos gesluierd deur die lewe. Dan tree die Eerste Wêreldoorlog op die toneel.\u003cbr\u003eVan kant gemaak vertel ’n broeierige verhaal vol dorpsgefluister. Vir almal verloop die toekoms anders as wat hulle verwag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eKris van Steenberge (1963) is (toneel)skrywer, regisseur en dosent. Stories van sy oupa, wat by hulle ingewoon het, oor die “Groot Oorlog” vorm die kiem vir sy debuutroman Woesten.  Sy tweede roman, Blindelings, het in 2016 verskyn.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE VERTALER\u003cbr\u003eFanie Olivier is ’n bekende Afrikaanse digter en akademikus, maar ook joernalis en regsgeleerde. Hy het ses digbundels gepubliseer en was die samesteller van drie ander, waarvan Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte reeds vyf uitgawes gehad het. Die Nederlandse Reina Prinsen-Geerligsprys is aan hom toegeken vir die manuskrip van sy eerste, gom uit die sipres. Naas sy studiejare in Utrecht, het hy ook vir die grootste deel van sy akademiese loopbaan kontak met Nederlands behou as dosent in Nederlandse letterkunde.  Hy het in hierdie proses heelwat Nederlandse poësie vertaal, maar dit nooit gepubliseer nie. As deel van sy werk as besoekende professor by die Adam Mickiewicz-universiteit in Pole tussen 2004 en 2016, het hy ook begin met ’n projek om Poolse gedigte saam met studente in Afrikaans te vertaal.\u003cbr\u003eNaas enkele vroeëre gepubliseerde vertalings uit Engels, was hy ook verantwoordelik vir die vertaling van J.M. Coetzee se Disgrace.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kris+van+Steenberge\" class=\"contributor-link\"\u003eKris van Steenberge\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kris van Steenberge","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831906467,"sku":"9781485306825","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485306825_3003253d-2694-4d8d-9a87-caad6771668f.jpg?v=1776550401"},{"product_id":"9780928316001","title":"Geagte Jahwe","description":"\u003cp\u003eWillie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wêreldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met dié eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wêreld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy dié trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die 'gees van omgee' wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wêreld wat menslik en leefbaar vir almal is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Willie+Esterhuyse\" class=\"contributor-link\"\u003eWillie Esterhuyse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Willie Esterhuyse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523809656995,"sku":"9780928316001","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316001_1a1c26ef-2047-46cf-929d-09cfa4b322a2.jpg?v=1776516866"},{"product_id":"9781485305477","title":"Goeie dood wat saggies byt","description":"\u003cp\u003eVir Hilda is veeartsenykunde 'n ongemaklike roeping, 'n pynlike passie, 'n tweesnydende swaard. Daar's die hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid weet dat sy 'n positiewe verskil maak. Daar's egter ook die swart hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos 'n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by prentjies teken gebly het en haar diereliefde op 'n spul troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa - of haar ma! - van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie 'n veearts kan wees nie, wie is sy dan? In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van 'n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ilse+van+Staden\" class=\"contributor-link\"\u003eIlse van Staden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ilse van Staden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523831939235,"sku":"9781485305477","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485305477_95274d6f-75e4-4be7-92c8-85e931706a02.jpg?v=1776550130"},{"product_id":"9781485304333","title":"Post mortem","description":"\u003cp\u003eDrie hopies grond van drie grafte en die drie mense aan wie die grafte behoort: Vytjie, Basjan en Gulu. Elkeen moet vertel hoe hy of sy aan sy dood gekom het. Trien is die sameroeper van hierdie byeenkoms na die dood. Sy behartig die post mortem. Hoe het dit gebeur dat haar man, haar huiswerker en plaaswerker dood is?  \u003cbr\u003eIn hierdie drama deur Pieter Fourie moet Basjan, Vytjie en Gulu aan Trien vertel en demonstreer wat gelei het tot hul dood. Dit word duidelik dat Trien se pienk pilletjies haar blind gemaak het vir die dinge wat rondom haar gebeur ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pieter+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003ePieter Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pieter Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523832791203,"sku":"9781485304333","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485304333_98145489-5d87-4bfc-a272-8d8edd00b0e3.jpg?v=1776550007"},{"product_id":"9780928316025","title":"Dik vir dieet","description":"\u003cp\u003eJy voel al so lank moeg, tam, lam en futloos dat jy nie eers meer besef hoe gedaan jy is nie. Of jy sukkel oor en oor om dieselfde paar kilogramme af te skud - en dikwels kom daar net nog by. Niks werk nie! En die kere wanneer dit wel werk, is dit net as jy streng by die voorskrifte hou, want sodra jy weer begin 'normaal' eet, keer dinge maar net weer terug na waar dit voorheen was. Jy is nie siek nie, het nie 'n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter Niks verkeerd nie ...nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Kan dit so ingewikkeld wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mariza+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eMariza van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mariza van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523810050211,"sku":"9780928316025","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316025_edd1f354-de6b-4657-bc37-8215f6c0013a.jpg?v=1776516873"},{"product_id":"9781920188535","title":"Gespreksgenoot: 'n brieweboek","description":"\u003cp\u003eHierdie lywige bundel van sowat 700 bladsye is deur Heilna du Plooy saamgestel uit briewe van Elize Botha en verskeie skrywers en ander bekendes. Skrywers en digters soos Audrey Blignault, Hennie Aucamp, NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en baie ander het met Botha gekorrespondeer. Party briewe is diep ontroerend, ander laat jou hardop lag en 'n klompie lees jy herhaaldelik om die besonderse insig daarin. Die briefskrywers skets die klein en groot gebeure in hulle lewens, deel hul menings oor boeke en mense en vertel van die dinge wat hul lewens moeilik of vreugdevol maak. Dit is 'n intieme teks wat by baie lesers byval sal vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elize+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eElize Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Heilna+du+Plooy+(Samesteller)\" class=\"contributor-link\"\u003eHeilna du Plooy (Samesteller)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elize Botha,Heilna du Plooy (Samesteller)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523812966563,"sku":"9781920188535","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781920188535_d504dc91-3742-4219-9da7-d703d40d8d76.jpg?v=1776612035"},{"product_id":"9781485300595","title":"Die pad byster","description":"\u003cp\u003eDie pad byster bevat twee van Nicola Hanekom se grensverskuiwende dramas, Hol en Trippie wat verskeie benoemings gekry het by KKNK en Aardklop. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nicola+Hanekom\" class=\"contributor-link\"\u003eNicola Hanekom\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nicola Hanekom","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375591800995,"sku":"9781485300595","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485300595_e6629b36-8086-4b91-bca3-c3ee6249cead.jpg?v=1776549245"},{"product_id":"9781869195274","title":"Mamma Lucinda","description":"\u003cp\u003eMamma Lucinda.\u003cbr\u003eSy het 'n onpeilbare hart.\u003cbr\u003eHaar oë is rooi, haar gedagtes is swart.\u003cbr\u003eMamma Lucinda.\u003cbr\u003eSy is nou eenmaal ongewoon.\u003cbr\u003e'n Rare mamma uit 'n nare droom.\u003cbr\u003eSy het 'n bleek vel en kloue vir hande,\u003cbr\u003een vreeslike skerp oogtande.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat doen jy as jy agterkom jou mamma is nie soos ander mammas nie? As jy sien sy drink bloed in plaas van wyn en dat haar oogtande nogal skerp is? Mamma Lucinda is 'n verhaal oor 'n mamma wat anders is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Koen+van+Biesen\" class=\"contributor-link\"\u003eKoen van Biesen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Koen van Biesen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523835150499,"sku":"9781869195274","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869195274_94de95f4-e8f6-411c-8c51-964e41792fe6.jpg?v=1776607597"},{"product_id":"9781869196998","title":"Uit die wolf se bek","description":"\u003cp\u003eRooikappie en die wolf, die ouma en die jagter. Die karakters van die beroemde fabel is aan almal bekend. Maar uit dié illustrasies kan 'n mens egter aanvoel hoe verskillend die karakters se eienskappe, die landskappe en die atmosfeer van die oorspronklike fabel kan wees. Miskien is selfs die afloop van hierdie weergawe anders. Hierdie boek is 'n uitnodiging om nie na die gelui van 'n enkele klok te luister nie; om altyd ander se motiewe te probeer verstaan. In hierdie boek doen die skrywer juis dít, en nooi hy die leser uit om na te dink.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fabian+Negrin\" class=\"contributor-link\"\u003eFabian Negrin\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fabian Negrin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523835478179,"sku":"9781869196998","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869196998_e5393659-a697-4005-a2b8-bf6d1259e730.jpg?v=1776607841"},{"product_id":"9780624093312","title":"Watermeisie","description":"\u003cp\u003eIn 'n wêreld waar water al skaarser word, onderneem die dapper jong Akwa 'n epiese tog uit Vervlakte. Sy oorreed Orrelman om haar met sy motor te neem na Wonderstroom, waar daar nog baie water is. Onderweg ontmoet hulle vir Watersmous. Daar is vele ontberings op hulle ekspedisie, en later word Akwa en Orrelman gevange geneem deur Neptunus - 'n wreedaard wat die streek se water opgepot het en daaroor heerskappy voer. Dit is ook Neptunus wat weet wat met Akwa se pa, Akwarius, gebeur het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marissa+Badenhorst\" class=\"contributor-link\"\u003eMarissa Badenhorst\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marissa Badenhorst,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375595143331,"sku":"9780624093312","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624093312_24757c05-8a8a-4aa4-b12c-2a6efd116f81.jpg?v=1776482088"},{"product_id":"9781485307570","title":"Krap uit die see","description":"\u003cp\u003eKrap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha. Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit. Die see is 'n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eFourie Botha word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir 'n paar jaar opvoedkundige boeke uit. In 2008 voltooi hy 'n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir 'n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad. Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel 'Nuwe stemme 4', waarna hy debuteer met die digbundel 'Donkerkamer' in 2011.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fourie+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eFourie Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fourie Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375608217763,"sku":"9781485307570","price":70.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485307570_f18c4258-cbba-41f5-81ac-7caf5a0ba4d8.jpg?v=1776550607"},{"product_id":"9781485302377","title":"Skrik kom huis toe","description":"\u003cp\u003e'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor 'die buitestaander\/outcast'. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart lê word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid.\u003cbr\u003eAlbert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe - die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhê.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dolf+van+Niekerk\" class=\"contributor-link\"\u003eDolf van Niekerk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dolf van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523836166307,"sku":"9781485302377","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302377_6a64a493-1904-4d4a-9356-5cdeff527f41.jpg?v=1776549757"},{"product_id":"9781485302414","title":"Liefde in Die Kwepertyd","description":"\u003cp\u003eDot Serfontein het Liefde in die kwepertyd as 'n vervolgverhaal in Sarais Marais geskryf. Dit was egter so gewild, dat dit in boekvorm verskyn het gedurende 1960. In hierdie verhaal raak 'n teruggetrokke boer verlief op die foto van 'n hartseer donkerkopnooi in sy bure se huis. 'n Briefwisseling ontstaan en die boer is oortuig dat hy sy trouvrou ontmoet het. Wanneer sy op die plaas aankom, is die briefskrywer - 'n sagggeaarde blondine met kuiltjies in haar wange - egter glad nie die meisie op die foto nie ...Die boer moet besluit of liefde 'n illusie of werklikheid is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dot+Serfontein\" class=\"contributor-link\"\u003eDot Serfontein\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dot Serfontein","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523836199075,"sku":"9781485302414","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485302414_3e4fb10a-68e5-4b54-848d-7a0fc1d77218.jpg?v=1776549766"},{"product_id":"9781869191092","title":"Aan 'n beentjie sit en kluif","description":"\u003cp\u003eAan 'n beentjie sit en kluif is 'n tematiese verruiming van Marius Crous se oeuvre. Waar sy debuutbundel Brief uit die kolonies (2003) van 'n teoretiese kennis oor postkoloniale diskoerse getuig, is die fokus van Aan 'n beentjie sit en kluif die praktyke van die liggaam.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marius+Crous\" class=\"contributor-link\"\u003eMarius Crous\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marius Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375610445987,"sku":"9781869191092","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869191092_b8053cab-f5d2-476f-8ab3-76395d777060.jpg?v=1776605888"},{"product_id":"9780620678124","title":"Hekel vir jou Hartedief","description":"\u003cp\u003eHekel vir jou Hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwêreld en sluit onder meer in somergoed, wintergoed, kombersies, rokkies en speelgoed.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAl die patrone word met diagramme toegelig vir dié wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geïnspireerd is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKaren Adendorff was tien jaar lank uitgewer van niefiksie by LAPA Uitgewers. In hierdie tydperk het sy bykans 100 boeke die lig laat sien, maar sy is ook die outeur en samesteller van 12 titels van haar eie. Bykans almal was topverkopers. Sy het in 2015 haar eie uitgewery, HankiDori, begin met Hekel: idees en patrone vir vroue as eerste publikasie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy was die aanbieder van 'n reeks oor kreatiewe herwinningsprojekte op die kykNet-program Droomhuis en lewer op 'n gereelde basis handwerkbydraes vir tydskrifte soos Vrouekeur, Idees en Lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karen+Adendorff\" class=\"contributor-link\"\u003eKaren Adendorff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karen Adendorff","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823911075,"sku":"9780620678124","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620678124_a09ed2f0-b983-49bb-93af-0c325dd5b3a5.jpg?v=1776477006"},{"product_id":"9781869199692","title":"Wannie van die woonstel","description":"\u003cp\u003eWannie woon alleen in 'n klein kamertjie op die boonste verdieping van 'n gebou. Hy maak hier vriende met Zaza, die kokkerot, en Dollie, die vriendelike duif wat wéét wanneer om haar ding te doen. Kort voor lank moet Wannie sy dierevriende uit die moeilikheid help. Met sy rooi insleeplorretjie, en saam met Agie (die sindelike meisie wat net pienk dra) en die Stampertjies (ses broertjies met die vreeslikste kapsels), beleef hy groot avonture. Maar kan 'n klomp kinders regtig 'n park, en die diere wat in die park woon, red wanneer die grootmense daar wil bou?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annie+M.G.+Schmidt\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnie M.G. Schmidt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annie M.G. Schmidt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523836231843,"sku":"9781869199692","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781869199692_a0ce2571-914f-42ef-8332-970f1fd40495.jpg?v=1776608438"},{"product_id":"9781485304104","title":"Narokkong","description":"\u003cp\u003eIn hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken. Dit is egter 'n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is. Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poësie neerslag gevind het nie, word deurgaans verwoord vanuit die subjektiewe ervaring van die vader, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote  wêreld van die kind.\u003cbr\u003eDie narokkong van die bundeltitel verwys na 'n geheimsinnige voël van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig 'Koggelbos' figureer, maar eintlik verder terugverwys na 'n kortverhaal, 'Koors', deur Sangiro. Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong 'n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook 'n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word. In Franzsen se bundel is daar ook 'n vreemde band tussen die outistiese kind en die voël wat alles met sy afsydige swart oë dophou en is dit nie altyd duidelik of die voël bedreiging of beskerming inhou nie.  \u003cbr\u003eDie gedigte bring die leser te staan voor die wêreld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie ('Paasfees'). Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos ('Hippokrates het sy hande vol'). Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in 'n wêreld wat vir hom onbegryplik is - 'Hoe dans mens in sirkels\/in hierdie vierkantige plek?' word in 'Outisme I'gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid ('Kerker'). Daar is egter ook momente van troos ('Engel in die bos'), van humor ('Beseringstyd') en deernis ('Denmar'). Die bundel eindig met 'n aangrypende gebed ('Slotgesang').\u003cbr\u003eRiël Franzsen is hoogleraar in Belastingbeleid en -bestuur aan die  Universiteit van Pretoria en is 'n internasionale kenner op die gebied van belastingreg. Voëlkyk en natuurlewefotografie is van sy stokperdjies. Hy woon in Pretoria. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ri%C3%ABl+Franzsen\" class=\"contributor-link\"\u003eRiël Franzsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riël Franzsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375618244771,"sku":"9781485304104","price":60.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485304104_31fd500b-e239-404e-a121-71d547d5edce.jpg?v=1776549962"}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/collections\/uitverkoping-sale.oembed?page=16","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}