{"product_id":"9780143539087","title":"Van sprokie tot tragedie in die kollig","description":"\u003cp\u003eDie tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eVir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur 'n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. 'n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer.\u003cbr\u003eIn die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou 'n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ilse+Salzwedel\" class=\"contributor-link\"\u003eIlse Salzwedel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ilse Salzwedel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375809282211,"sku":"9780143539087","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780143539087_d341113d-4790-418e-bc0b-c40602952021.jpg?v=1776456127","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780143539087","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}