{"product_id":"9780521167239","title":"Ons onthou vir Ouma Grootboek","description":"\u003cp\u003e'Ons onthou vir Ouma' begin met die koms van 'n pasgebore babasussie vir Andrina. Die baba word verwelkom deur almal, insluitende ouma. Kort daarna sterf ouma en Andrina is verslae. Sy huil by die skool en weet nie hoe om haar hartseer te hanteer nie. Maar toe kom mense wat haar ouma geken het, by haar huis in. Elkeen het 'n storie en 'n herinnering oor ouma. Deur die verhale besef Andrina dat 'n deel van haar ouma in die harte en gedagtes van ander leef, vanweë die vriendelikheid wat sy aan hulle bewys het en die goeie dade wat sy gedurende haar leeftyd gedoen het. Die waarde van hierdie storie lê in die sagte hantering van die dood as deel van die lewe; 'n hartseer, maar in hierdie geval, natuurlike gebeurtenis. Alhoewel daar werklike en diep hartseer is, is daar ook troos en ondersteuning van familie en vriende. Daar is ook 'n nuwe baba in die huis. Die storie wys aan kinders die siklus van lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+CAMBRIDGE\" class=\"contributor-link\"\u003eCAMBRIDGE\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Little+Library\" class=\"contributor-link\"\u003eLittle Library\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"CAMBRIDGE,Little Library","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584608354467,"sku":"9780521167239","price":341.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780521167239_0aef2cda-9b93-4762-b2ee-3a307ac3b9e7.jpg?v=1776473219","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780521167239","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}