{"product_id":"9780620547772","title":"In die loopgraaf","description":"\u003cp\u003eMet In die loopgraaf word daar nie net gekyk na Siener en Bybelse profesieë nie, maar ook na gebeure én persoonlikhede wat direk meegedoen het om dit in vervulling te bring.\u003cbr\u003eDie ware profeet se woord sny meedoënloos heen oor mens, rang, titel of status; dit betuig van reg en geregtigheid; is barmhartig, maar ook genadeloos; dit striem soos 'n sweep, maar bring ook troos soos 'n moeder in haar mededoë; dit spreek die taal van hemelbodes en laksmanne.\u003cbr\u003eDie profeet se skaal weeg nie woorde nie, maar dade.\u003cbr\u003eEn as sy woorde kasty of kwets, vra hy nie om verskoning nie.\u003cbr\u003eGewis en seker sal dit die ashope van gister, vandag en môre omdolwe — die skande en skades oopvlek tot op die been…\u003cbr\u003eHet dr. H.F. Verwoerd dalk iets hiervan vooruitgesien toe hy in 1961 die SA-Klub in Londen toegespreek en gesê die blankes in Suid-Afrika het net 'n paar keuses — eerstens kan hulle hulself, hulle besittings, asook die geslagte wat nog kom, opoffer deur aan 'n Swart Regering oor te gee.\u003cbr\u003eOf hulle kan hulself bluf deur geringe toegewings te maak, en te hoop dat die bose dag nog 'n rukkie uitgestel word, sodat hulle kinders en kleinkinders daaronder sal ly, maar nie hulleself nie. En wat gebeur as die swartes alleenheerskappy kry? Sal hulle dan erken dat hulle gefaal het, en hulle in die laaste loopgraaf gaan ingrawe om te veg?\u003cbr\u003eDie dag toe mnr. De Klerk in 1995 besef dat hy gefaal het, het hy met 'n “glimlag en 'n lied in sy hart”(sy eie woorde) sy hoed gevat, die laer verlaat — gedros, om sonder gewetenswroeging sy volksgenote alleen in die loopgraaf agter te laat.\u003cbr\u003eSiener van Rensburg het reeds 80 jaar gelede al hierdie verraad en oorgawe voorspel; maar hy het ook 'gesien' sy volk neem dinge in eie hande vir daardie laaste, verbete stryd.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Adriaan+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eAdriaan Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Adriaan Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382581149859,"sku":"9780620547772","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620547772_edd3581c-709d-4ac7-88ca-aca244466483.jpg?v=1776476800","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620547772","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}