{"product_id":"9780620678124","title":"Hekel vir jou Hartedief","description":"\u003cp\u003eHekel vir jou Hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwêreld en sluit onder meer in somergoed, wintergoed, kombersies, rokkies en speelgoed.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAl die patrone word met diagramme toegelig vir dié wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geïnspireerd is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKaren Adendorff was tien jaar lank uitgewer van niefiksie by LAPA Uitgewers. In hierdie tydperk het sy bykans 100 boeke die lig laat sien, maar sy is ook die outeur en samesteller van 12 titels van haar eie. Bykans almal was topverkopers. Sy het in 2015 haar eie uitgewery, HankiDori, begin met Hekel: idees en patrone vir vroue as eerste publikasie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy was die aanbieder van 'n reeks oor kreatiewe herwinningsprojekte op die kykNet-program Droomhuis en lewer op 'n gereelde basis handwerkbydraes vir tydskrifte soos Vrouekeur, Idees en Lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karen+Adendorff\" class=\"contributor-link\"\u003eKaren Adendorff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karen Adendorff","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523823911075,"sku":"9780620678124","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620678124_a09ed2f0-b983-49bb-93af-0c325dd5b3a5.jpg?v=1776477006","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620678124","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}