{"product_id":"9780620810890","title":"Aan die deur van die wis en die onwis","description":"\u003cp\u003eIn hierdie versameling kortverhale van Pirow Bekker is daar groot verskeidenheid: liefdesverhale (“Die liefde het nie 'n wysvinger nie”), verhale met as hoofgegewe die geskiedenis (“Die soettandoorlog”) of die aktualiteit, soos die gebeure van 11 September 2001 (“Grepe vir 'n ronde dag”), 'n spookstorie of twee (“Waar 'n mens hoort”) en stories vol humor (“Die appel” en “Die Humber-waterkar”).\u003cbr\u003eBekker het 'n slag om 'n vertelling so te plooi dat die leser dikwels na die begin van die verhaal moet terugkeer of soek na daardie klein besonderheidjie wat jy dalk nie raakgelees het nie en dalk op die slot kan lig werp. Die leser moet ook mooi kyk na die plekname, name en byname van persone, want daarin skuil soms ook allerlei nuanses en implikasies. Die titels van die verhale dra dikwels verder tot die betekenis van die storie by en eers aan die einde van die storie besef jy waarom die titel so gepas is (bv. “Mossie maar man”).\u003cbr\u003eVanselfsprekend is taalgebruik en woordkeuse belangrik, maar in Bekker se geval is die digterlike vermoë om woorde op mekaar te laat inspeel opvallend. Selfs die skynbaar onbenullige gegewens wen dus aan betekenis, al is die leser nie altyd seker presies wát die implikasies is nie!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pirow+Bekker\" class=\"contributor-link\"\u003ePirow Bekker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pirow Bekker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377189503139,"sku":"9780620810890","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620810890_8f6fd561-bfdf-41cb-96bc-f6bcd9491521.jpg?v=1776477191","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620810890","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}