{"product_id":"9780620827812","title":"Vat jou goed en trek Ferreira","description":"\u003cp\u003eTerwyl die vlaktes duskant Uppington droomverlore in die maanlig gelê het, het ek aan Matt White se woorde gedink: 'I want to die with my boots on.' Miskien was dit ook hoe die Ferreiras wou sterf?\u003cbr\u003eDie ink op die Vredesverdrag van Vereeninging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry.\u003cbr\u003eTien dae lank het die 'Ferreiras' die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan.\u003cbr\u003eMense weet van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie. Louis Bothma, onafhanklike navorser en skrywer van Die Buffel Struikel, Vang 'n Boer en Rebelspoor - het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas. \u003cbr\u003eNadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot 'n dramatiese einde.\u003cbr\u003eAlles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+LJ+Bothma\" class=\"contributor-link\"\u003eLJ Bothma\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"LJ Bothma","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377001250979,"sku":"9780620827812","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620827812_3be35ba4-a239-499e-93b8-f5e6504f38cb.jpg?v=1776477211","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620827812","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}