{"product_id":"9780620865111","title":"Maryke se sprokie","description":"\u003cp\u003eMaryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ŉ tamatiekissie word nie ŉ sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde, Gerhard, se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.\u003cbr\u003eDie laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.\u003cbr\u003eMaryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.\u003cbr\u003eGaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tosca+de+Villiers\" class=\"contributor-link\"\u003eTosca de Villiers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tosca de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377465409699,"sku":"9780620865111","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620865111_dfa67740-91f8-4fe3-ba10-8b5d7ab270b4.jpg?v=1776477272","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620865111","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}