{"product_id":"9780620891424","title":"Die ossewa en sy spore","description":"\u003cp\u003eHedendaagse Suid-Afrikaners assosieer die ossewa onvermydelik met die Groot Trek en groot geskiedkundige gebeure soos die Slag van Vegkop en Bloedrivier. Sonder die ossewa sou hierdie gebeure inderdaad ook nie denkbaar wees nie. Maar Erik Holm toon in hierdie boek aan dat die ossewa 'n onmisbare en onmiskenbare betekenis vir die ganse ontwikkeling van Suider-Afrika gehad het: in die verkenning van die binneland, die migrasie van verskillende groepe setlaars gedurende die 18de tot diep in die 20ste eeu, die vervoer van swaar toerusting deur transportryers vanaf kushawens na die nuwe mynbougebiede in die Noord-Kaap en die ou Transvaal, as mobiele tenk en blokhuis gedurende die Anglo-Boereoorlog en, voor die algemene gebruik van motorvoertuie, as algemene vervoermiddel van mense en hulle bagasie. Daarby het die ossewa 'n groot invloed op die Afrikaanse taal en letterkunde gehad en duik dit selfs vandag nog op as onderwerp van populêre liedjies. Talle kunstenaars het die ossewa in hul werk uitgebeeld en as simbool het ossewaens op munte, seëls en die wapens van talle instansies en lande verskyn. \u003cbr\u003eTegniese aspekte van die bou en bedryf van die ossewa word in fyn besonderhede beskryf, en die geduldige trekos kry deernisvolle aandag. Hierdie formidabele publikasie is ryklik geïllustreer met tekeninge, kunswerke en foto's en bied 'n verrassende nuwe blik op die geskiedenis van Suid-Afrika vanuit 'n ongewone hoek aan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDIE OUTEUR\u003cbr\u003eErik Holm is 'n man van vele ambagte. Hy is een van Suid-Afrika se baanbreker-entomoloë met 'n groot aantal wetenskaplike publikasies op sy kerfstok en het wye bekendheid verwerf vir sy deelname aan radioprogramme soos Hoe verklaar jy dit. Hy skryf 'n gereelde rubriek vir Beeld en tree op as raadgewer oor ekologies-haalbare boerdery- en ander praktyke. Daarby restoureer hy ou ossewaens en het die Ossewa-lodge by Hartbeespoortdam begin. In 2019 is die Senior Kaptein Scott-medalje deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Erik+Holm\" class=\"contributor-link\"\u003eErik Holm\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Erik Holm,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378328879267,"sku":"9780620891424","price":800.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620891424_97850040-666a-46c0-8bff-6b2ce8de9998.jpg?v=1776477330","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620891424","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}