{"product_id":"9780620902793","title":"Juweel van die Oosgrens","description":"\u003cp\u003eDie mengsel van tale het ŉ groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in 'n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eCeleste het grootgeword in die Kaap van Storms met ŉ oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ŉ 'beroep' gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het. Haar unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ŉ aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar natuurlike skoonheid trek sy die aandag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBarend Olivier, die toonbeeld van manlikheid en dapperheid, is op soek na ŉ vrou wat sal aanpas by sy lewe aan die Oosgrens. Tydens ŉ tweeweke-lange patrollie leer die twee mekaar ken. Maar die pad is lank, warm en rof en ŉ man kan net so lank van ŉ aantreklike vrou af wegbly voor die fisiese begeertes oorneem. Sal hulle betyds ŉ prediker kan vind?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie belangrikste vraag is: Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lynelle+Clark\" class=\"contributor-link\"\u003eLynelle Clark\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lynelle Clark","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378725929123,"sku":"9780620902793","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620902793_f3d9ad45-6bbb-45d1-95d9-62955cfd5844.jpg?v=1776477355","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620902793","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}