{"product_id":"9780620905022","title":"Alles Keer Om","description":"\u003cp\u003eTomas Gösta Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015) was ’n Sweedse digter wat in 2011 die Nobelprys vir sy poësie ontvang het. Sy poësie het dikwels die lang, koue winters in Swede beskryf en die uitsonderlike natuurskoon van sy land. Dele van sy oeuvre is in meer as sestig tale vertaal. Hy het ’n baie ingrypende invloed gehad op digters en digkuns reg oor die wêreld, iets wat nog steeds geld. Tranströmer het in sy jonger jare heelwat gereis en lande in Asië, Afrika en Europa besoek. Hy het ook bekend geraak in die VSA en daar lesings gelewer. In 1990 het hy ’n beroerte gekry wat hom aan die regterkant verlam het en sy spraak feitlik onverstaanbaar gemaak het. Hy het egter bly skryf daarna. \u003cbr\u003eTranströmer het sy hele lewe lank klavier gespeel. Na sy beroerte het hy homself geleer om die klavier met sy linkerhand te bespeel. Daar is spesiaal vir hom klavierstukke gekomponeer vir die linkerhand. Talle van sy gedigte is ook deur verskeie komponiste getoonset.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eCharl-Pierre Naudé skryf oor die digter: \u003cbr\u003eTomas Tranströmer is een van die belangrikste digters wat ná die Tweede Wêreldoorlog in Europa op die toneel gekom het. In sy gedigte neem die natuur, en die vervloeiing van wakker- en slaaptoestande die sentrale posisie in. Tranströmer se werk is tipeerbaar met die woord 'post-surrealisties'. Hier is amper niks te sien van die 'ontsporing van die sintuie' van die vroeë surrealisme nie, waarin grillige verbande en 'n enigmatiese woord-'chaos' die botoon gevoer het soos by Arthur Rimbaud, byvoorbeeld. By Tranströmer is daar 'n versigtige soeke na nuwe geordenhede maar nié nuwe sekerhede nie. Dít is vir altyd op sy kop gekeer. Die gedigte is baie beeldryk en sintuiglik, maar tegelyk oorwoë en deurdink. Elke gedig beding van nuuts af die individu se psigiese oorlewing.\u003cbr\u003eDis tentatiewe, misterieuse gewaarwordings wat die leser telkens oorbluf laat - gedigte gewy aan 'n sublieme onrustigheid.\\\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tomas+Transtr%C3%B6mer\" class=\"contributor-link\"\u003eTomas Tranströmer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tomas Tranströmer,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378725896355,"sku":"9780620905022","price":285.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620905022_1bad5dc0-61ec-4367-9fb6-35ce9fc25ff7.jpg?v=1776477393","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620905022","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}