{"product_id":"9780620956406","title":"Liedjes Liedjies","description":"\u003cp\u003eWijnberg se poësie word gekenmerk deur helder, byna deursigtige taal. In hierdie bundel is daar ’n durende soeke na die regte woorde waarmee ragfyne verhoudings, vervlietende oomblikke en eenvoudige dinge soos die geur van appels, ’n tuin, ’n voël in die lug, ’n sonsondergang of die nabyheid van mense bestendig kan word. Liedjies moet soms herstel wat gebreek het, soms die vergeet besweer, soms naboots wat net half onthou word. Al is daar musiek, dans en grappe, soek die digter steeds na dié liedjie wat dalk iewers bly lê het en wat dalk die droefheid oor wat verbygaan en verlore is, kan besweer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOor die outeur\u003cbr\u003eNachoem Wijnberg debuteer in 1989 as digter en het sedertdien 18 digbundels en vyf romans gepubliseer. Vir sy poësie het hy onder meer die Ida Gerhardt-, VSB- en P.C. Hoofdprys ontvang.\u003cbr\u003eWijnberg is hoogleraar in Kulturele Ekonomie en Ondernemerskap aan die Sakeskool van die Universiteit van Amsterdam.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nachoem+M.+Wijnberg\" class=\"contributor-link\"\u003eNachoem M. Wijnberg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nachoem M. Wijnberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47676501590179,"sku":"9780620956406","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780620956406_37a77f3b-bfcf-49dc-a2da-6d9bedba7afd.jpg?v=1778974445","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620956406","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}