{"product_id":"9780620963374","title":"Bitter daisies","description":"\u003cp\u003eBitter daisies is nie net nóg ’n kortverhaalbundel nie. Die verhale speel af in die Bokveld waar ’n kind soos ’n blouvalk oor die waterval vlieg, by Koeboes in die Richtersveld waar halfmense soos soldate teen die kliprant staan, in ’n Kaapse blommemark, op die Franse platteland en in Wulai by Ruby se Kafee waar blou eksters soos straatkatte skree. Met haar unieke skryfstyl vervleg die skrywer vernuftig die kom en gaan van karakters wat afsonderlik, maar tog verweefd in die verhale hul verskyning maak. Fantasie en werklikheid raak dikwels verstrengel, soos waar ’n winkelier in ’n kruiwa op die stoep sit, ’n bokboer met groot witbokke boer en ’n vrou met ’n geelslang by ’n soetwaterfontein dans terwyl ’n ander ’n baba tussen possakke optel en grootmaak. Die titelverhaal, “Bitter Daisies”, is as die wenverhaal in die US-Woordfees se 2020-kortverhaalbundel, Aanhou beweeg en geraas maak, aangewys.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marie+Toerien\" class=\"contributor-link\"\u003eMarie Toerien\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marie Toerien","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375532163235,"sku":"9780620963374","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620963374_3bebf8d0-0c32-4d4f-9f22-756bae3354e2.jpg?v=1776477519","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620963374","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}