{"product_id":"9780620982993","title":"Rakelinks","description":"\u003cp\u003eRakelinks is Pirow Bekker se tiende digbundel sedert sy eerste digbundel Die klip sing in 1965. Naas digbundels skryf Bekker ook akademiese studies, radiodramas, romans en kortverhale.\r\n\r\nTen spyte van sy uitgebreide oeuvre, bestaan daar weinig kritiese ondersoeke na sy werk. Phil van Schalkwyk se profiel oor Bekker in Perspektief en profiel Deel 1 (2015) gee vir die leser ‘n oorsig oor Bekker se werk en lig die prominente temas uit. Odendaal (in Van Schalkwyk, 2015: 354) sluit Bekker in by die groep Afrikaanse digters wat ouderdomspoësie skryf. Die digter kyk dikwels met ’n ironies-getinte oog na ouerwording, soos ook die geval in Rakelinks. Ook Amanda Lourens (2017:93) klassifiseer sy werk as laatwerk wat “wys in die rigting van laatwerk wat veral op transformasie, oorbrugging en vrywording fokus, met die liefde wat ʼn deurslaggewende rol speel.” Van Schalkwyk (2015:354) meen dat die puer aeturnus of die ewige jongeling heelwat in Pirow Bekker se oeuvre aangetref word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pirow+Bekker\" class=\"contributor-link\"\u003ePirow Bekker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pirow Bekker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375463448739,"sku":"9780620982993","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780620982993_61030f64-3448-45d1-89bc-da5aaab4659a.jpg?v=1776477577","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780620982993","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}