{"product_id":"9780624038399","title":"Skilpoppe","description":"\u003cp\u003eNá 'n lang stilte 'n sensitiewe storie deur dié bekroonde en gewilde jeugverhaalskrywer oor die temas van dwelmmisbruik en homoseksualiteit. 'n Storie wat drama, teater en veral Shakespeare lewendig sal maak vir jeuglesers.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat is nou eintlik so duisendjarig aan die hede wat die meeste jongmense vandag beleef? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn ieder geval, hier is sy: Anna Meyer, in standerd agt, en sy moet Juliet speel in haar skool se opvoering van Shakespeare se Romeo en Juliet. Dwarsdeur die manuskrip is die verhaal van Romeo en Juliet 'n basis, en dien as parallelspel vir die dood van Sebast, Anna se ouer broer. Anna en haar suster Elise sukkel steeds om die dood van hul broer te verwerk. Die leser verneem later Sebast het selfmoord gepleeg, waarskynlik as gevolg van sy pa se brute hantering van Sebast en Ching-kung, sy gay vriend, se verhouding.\u003cbr\u003eHul ouers gaan hou vakansie in verre Rusland, ook as deel van die herstelproses, en kort na hul weggaan begin dinge in die goed geordende voorstedelike huishouding verkeerd loop - sommer op 'n galop. Dit loop lelik verkeerd; 'n mens hou jou asem vir die susters op.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar op 'n baie delikate manier, en veral deur die tussenkoms van die fantasie-element van Juliet Capulet, die fantasiekind van William Shakespeare, kom die sake stadig weer reg.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die middel van die verhaal staan 'n werklik beminlike heldin, 'n bloedwarm standerd agt-kind met 'n aptyt vir die lewe en 'n absolute hartstog vir die verwesenliking van die uitnemendheid in haarself. En sy kry dit reg ook, in 'n goed genuanseerde en dig vervlegte verhaal wat sonder twyfel hope te sê sal hê vir 'n klomp jongmense in klompe voorstedelike huise in ons land.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Barrie+Hough\" class=\"contributor-link\"\u003eBarrie Hough\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Barrie Hough","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375456272547,"sku":"9780624038399","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624038399_dc74bdc6-a749-42a9-aea9-a64b0912403d.jpg?v=1776477826","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624038399","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}