{"product_id":"9780624044574","title":"Die swye van Mario Salviati (18)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 18\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIngi Friedlander, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe le. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos die van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem. \u003cbr\u003eIngi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra. Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloe en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wereldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Etienne+Van+Heerden\" class=\"contributor-link\"\u003eEtienne Van Heerden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Etienne Van Heerden,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377220305059,"sku":"9780624044574","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624044574_d35a2851-389b-43ba-a57b-9e6bd97079d0.jpg?v=1776477985","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624044574","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}