{"product_id":"9780624044628","title":"Horrelpoot (44)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 44\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHorrelpoot is die verhaal van 'n lewensveranderende reis.\u003cbr\u003eOp 'n reënnag in Australië bel Marlouw se suster hom met 'n dringende versoek: hy moet haar seun “uit daardie donnerse land” gaan haal. Marlouw, met sy mank voet en verstokte gees, glo dit is sy lot om dié opdrag uit te voer.\u003cbr\u003eGeïnspireer deur Marlow, die hoofkarakter in Joseph Conrad se Heart of Darkness, vertrek hy na Afrika — meer spesifiek na 'n Suid-Afrika wat in puin lê ná 'n verwoestende ontploffing en onder die geweld van strydende faksies verbrokkel.\u003cbr\u003eNatgesweet ná 'n onheilspellende vlug neem sy reis hom al dieper die onbekende in — verby lydende massas langs die pad en tot in die uiterste duisternis van die platteland.\u003cbr\u003eGerugte doen die rondte dat Koert hom op die ou familieplaas bevind, nou in besit van hul voormalige werkers. Daar, afgesonder en swaar bewaak, het hy glo 'n magtige ryk opgebou as die Koning van Vleis.\u003cbr\u003eHier, op Ouplaas, aan die einde van Marlouw se verskriklike reis, word die hart van vrees oopgekloof . . .\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eben+Venter\" class=\"contributor-link\"\u003eEben Venter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Eben Venter,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47688552579235,"sku":"9780624044628","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624044628_27589eb9-5c61-454b-b9f9-1ec012bd266e.jpg?v=1779344606","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624044628","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}