{"product_id":"9780624046493","title":"Op soek na Generaal Mannetjies Mentz (25)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 25\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorlê en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere.\u003cbr\u003eDrie Boere loop aan die spits van dié geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg.\u003cbr\u003eEn in spelonke hoog teen die berg leef Boervroue en –kinders die Anglo-Boereoorlog deur. Ma, die onverbiddelike. Aunt Soph, die roekelose. Ounooi met die groot ore. En aunt Anne, die ontluikende. Hulle plaas het hulle self laat afbrand, en ’n onderlinge verdrag laat gedy hulle daar saam met Jan Witsie en sy half-Basotho, half-Griekwa mense.\u003cbr\u003eMaar dis die verkeerde tyd vir Anne om te blom toe Mentz se burgers die gevange jong Kakie-luitenant daar los – verlief soos sy is, en blind vir die onvermydelike: dat die burgers sal terugkom, en dat hulle bloed sal soek.\u003cbr\u003eEn so word nog ’n konflik gebore, want Soph se eie broer, blink Frans Naudé, is deel van daardie Wraakkommando.\u003cbr\u003eBotsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier … Die mengsel is ryk en kragtig in hierdie verhaal wat diep en ver loop deur Afrika: tot onder sy skoonste berg, Kilimandjaro, en tot in die skadu van die grootste oorlog, in die middel van die vorige eeu.\u003cbr\u003eWenner in De Kat\/Sanlam se Groot Romanwedstryd (1997)\u003cbr\u003eEugène Marais-prys (1999)\u003cbr\u003eM-Net-prys (1999)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christoffel+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eChristoffel Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christoffel Coetzee,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375684403363,"sku":"9780624046493","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624046493_366cec27-7282-4a10-93bc-39b9ca0b740a.jpg?v=1776478055","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624046493","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}