{"product_id":"9780624046684","title":"Lien se lankstaanskoene","description":"\u003cp\u003eLien se lankstaanskoene is die Goue wenner in vanjaar se Sanlam-prys vir Jeuglektuur.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie keurders het die boek só opgesom:\u003cbr\u003eLien is die oudste kind in 'n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou 'n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, 'n alkoholis word.  Die besorgheid van 'n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar 'n eie plek. Sy doen loswerkies vir 'n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in 'n vermomming op 'n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Derick+van+der+Walt\" class=\"contributor-link\"\u003eDerick van der Walt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Derick van der Walt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375463514275,"sku":"9780624046684","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624046684_e8f7d25d-80df-4cc6-b9af-bbd8ddefb42f.jpg?v=1776478069","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624046684","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}