{"product_id":"9780624046837","title":"Die boek van Ester","description":"\u003cp\u003eAs politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede van ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. \u003cbr\u003eEster pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. \u003cbr\u003eTwee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor wat betrokke is by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies.Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wilna+Adriaanse\" class=\"contributor-link\"\u003eWilna Adriaanse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wilna Adriaanse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375463579811,"sku":"9780624046837","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624046837_115cd63b-317a-46d7-ba02-7ebaa4ec6770.jpg?v=1776478090","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624046837","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}