{"product_id":"9780624051527","title":"Die Suid-Afrikaanse Reg: Wat elkeen moet weet","description":"\u003cp\u003eElkeen van ons word een of ander tyd met 'n regskwessie gekonfronteer. Of daar nou 'n bouer is wat jy wil dagvaar vir sy knoeiwerk aan jou huis, en of dit jou dogter is wat kom vertel dat jou skoonseun skielik van haar wil skei, die reg is iets waarvan jy kennis gaan moet neem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOok alledaagse situasies vereis dikwels regskennis. Jy het 'n kontrak nodig om 'n huiswerker aan te stel en jy het 'n testament nodig as jy familietwis na jou dood wil vermy.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAlles wat jy nog altyd wou weet van die reg, maar te bang was om te vra: Die Suid-Afrikaanse Reg: Wat elkeen moet weet is 'n verstaanbare en gesaghebbende oorsig van die regslandskap in Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSpaar jouself geld en slapelose nagte deur dié betroubare bron te raadpleeg voor jy in die prokureur se kantoor - of in die hof - beland.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVind uit:\u003cbr\u003e- watter slaggate om in kontrakte te vermy\u003cbr\u003e- wat jou regte in die werksituasie is\u003cbr\u003e- wat om te maak as die ongeluk jou tref\u003cbr\u003e- hoe jy familieprobleme kan hanteer\u003cbr\u003e- wat moeilike regsbegrippe beteken\u003cbr\u003e- hoe hofprosedures werk\u003cbr\u003e- waar jy om hulp kan aanklop\u003cbr\u003e- hoe jy jou regskostes laag kan hou\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Suid-Afrikaanse Reg: Wat elkeen moet weet verduidelik nie net bostaande en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit gee ook 'n mondvol praktiese raad oor 'n wye reeks probleme waarmee jy een of ander tyd te doene gaan kry.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francois+Smuts\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancois Smuts\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francois Smuts","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375745876131,"sku":"9780624051527","price":430.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624051527_b851b300-fe56-421c-8f22-7a8e348bfae1.jpg?v=1776478284","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624051527","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}