{"product_id":"9780624054467","title":"Om die gedagte van geel","description":"\u003cp\u003eVan een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel  besing word as die bron van lewe. Dit begin met 'n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.\u003cbr\u003eAan die een kant skakeer die geel uit na wit - hoofsaaklik van die maan - en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. \u003cbr\u003eDie gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke - in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta - maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê 'in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê'.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Petra+M%C3%BCller\" class=\"contributor-link\"\u003ePetra Müller\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Petra Müller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375704490147,"sku":"9780624054467","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624054467_6fd3eab4-b087-46f8-b5de-2d07adcd680b.jpg?v=1776478473","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624054467","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}