{"product_id":"9780624054979","title":"Die bleek man op my hakke: 'n skisofreen vertel","description":"\u003cp\u003e'n Hoogswanger vrou stort in 'n koffiewinkel in duie, en word daarna wakker van die verskriklikste pyn. Sy lê op 'n hospitaalbed, langs haar die man met die strepieshemp wat sy in die koffiewinkel herken het voordat sy inmekaar gesak het. Hy is besig om haar ongebore kind stuk vir stuk uit haar te sny...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar niemand weet hiervan behalwe Harriet nie. Niemand hoor ook die stemme wat so duidelik in haar kop praat nie. Niemand weet dat sy nie eers kan bad nie omdat haar bad voortdurend vol bloed is ... en tog is dit alles vir Harriet die allerverskriklikste werklikheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNiemand weet van Harriet Christou se lewe met skisofrenie nie, trouens, dit is een van die mees verborge aspekte van menswees in die algemeen. In hierdie aangrypende boek vertel sy 'n uiters sonderlinge verhaal, en sy vertel dit onverskrokke en openhartig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is 'n onthutsende verhaal. Skokkend. Maar ook 'n verhaal van volharding, hoop, menslikheid en begrip vir die kompleksiteit en broosheid van die menslike lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Harriet+Christou\" class=\"contributor-link\"\u003eHarriet Christou\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Harriet Christou","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375745941667,"sku":"9780624054979","price":245.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624054979_d00603b4-9c67-4c4a-b6dc-5ecca00fbcff.jpg?v=1776478523","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624054979","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}