{"product_id":"9780624055839","title":"So was dit: Stories van gister en vandag","description":"\u003cp\u003e\"So was dit beskryf 'n plattelandse leefwêreld waar eenvoud en outydse waardes die botoon voer. Die verhale is propvol enigmatiese karakters, vreemde gebeure en stofpaaie na afgeleë plase.\u003cbr\u003eDie versameling aangrypende en humoristiese stories dokumenteer nie net 'n wêreld wat vinnig aan die verdwyn is nie, maar beskryf ook die menslike kondisie. Op die oppervlak gaan dit dalk oor windpompe, skuurdanse, aande deurgebring om Aga-stowe, Boerejode in die Hantam, mooi ou motors en vakansies by die see. \u003cbr\u003eMaar in werklikheid spreek dit universele temas aan soos liefde, armoede, vriendskap, sterflikheid en ouerskap. Die skrywer se breë verwysingsraamwerk en wye ervaringsveld as deurwinterde joernalis voeg unieke insigte en grativas by al die verhale.\u003cbr\u003eMet titels soos ''n Mooi en lekker begrafnis', 'Die Ondervelders gaan stad toe' en 'Vier vryers en 13 pap wiele' is die leser verseker van 'n besonder genotvolle leeservaring.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375619784867,"sku":"9780624055839","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624055839_0777facd-0bc2-44cf-85a1-f28a59b3ab68.jpg?v=1776478560","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624055839","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}