{"product_id":"9780624056652","title":"Aan die stuur: My leierskapreis","description":"\u003cp\u003eBrand Pretorius wéét wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die 'alles loop reg'-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot dié groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat 'n suksesvolle ondernming wil bedryf.  Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan  die dag kan lê en Suid-Afrika só kan help verbeter. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBrand Pretorius wéét wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePretorius praat openhartig oor die 'alles loop reg'-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe dié maatskappy byna ondergegaan het, tot dié groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om 'n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Min Suid-Afrikaanse leiers het meer opregte en deurdagte leierskap getoon as Brand Pretorius op sy soms uitdagende pad, soos beskryf in hierdie boek.' - Mark Lamberti, voorsitter van Massmart\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Brand+Pretorius\" class=\"contributor-link\"\u003eBrand Pretorius\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Brand Pretorius","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375694659747,"sku":"9780624056652","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624056652_47bc4ab0-2b6b-40eb-8d62-07ecf7927643.jpg?v=1776478631","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624056652","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}