{"product_id":"9780624056935","title":"Vegter en balling","description":"\u003cp\u003eHoe moet dit voel om vir maande, selfs jare, van jou familie geskei te wees en geen idee te hê of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Dít was die lot van duisende Vrystaatse en Transvaalse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog krygsgevange geneem is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVeldkornet Charles von Maltitz se merkwaardige dagboek bied 'n blik op wat gevangenes in die kampe in Groenpunt, St. Helena, Ceylon, Indië en elders deurgemaak het. Vir die meeste het dit fisieke ontberings en emosionele swaarkry gebring, vir sommiges selfs die dood.\u003cbr\u003eMet sy raak waarnemings skets hy 'n prentjie van die alledaagse lewe in die kamp: hoe die mans besig gebly het, hul verhouding met hul Britse bewaarders en hoe die politieke stryd tussen die hendsoppers en die bittereinders in die kamp voortgesit is. Daar is ook skokkende onthullings oor sekere Boervroue se ontrouheid gedurende hul mans se aanhouding.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVon Maltitz se lieflike humorsin sorg voorts vir kostelike beskrywings van mede-gevangenes en kamptoestande. Dit is ook sy humorsin wat hom red wanneer hy onsuksesvol probeer ontsnap uit sy kamp in Indië en daarna vir weke in eensame aanhouding is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chris+Schoeman\" class=\"contributor-link\"\u003eChris Schoeman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chris Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375694856355,"sku":"9780624056935","price":215.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624056935_d7ec8360-5680-4478-8ab9-a72246a702af.jpg?v=1776478656","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624056935","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}