{"product_id":"9780624058847","title":"VII","description":"\u003cp\u003eSewe is die getal van heiligheid, van voltooiing en vervulling, 'n volmaakte sirkel. Gilbert Gibson se vierde digbundel is 'n konfrontasie met die simboliese lading van hierdie getal, 'n woordestryd teen die wete dat voltooiing die einde beteken, dat volmaaktheid noodwendig ook die dood impliseer. Dit is poësie wat vernaamlik spreek van die onoorbrugbare afstand tussen woord en wêreld, van 'geheime wat 'n haarbreedte van die werklikheid verwyder is'. Dit is poësie waarin woord en sintaksis tot breekpunt gespan word om nader te kom aan dit wat nie meer agterhaal kan word nie. Die verse verbeeld konkreet dat die poësie begin waar taal verbrokkel; dat die letterkunde juis ontspring uit die verbystering van sinne.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gilbert+Gibson\" class=\"contributor-link\"\u003eGilbert Gibson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gilbert Gibson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375694823587,"sku":"9780624058847","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624058847_c261a669-4ac9-423c-b155-a69a0df15444.jpg?v=1776478779","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624058847","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}