{"product_id":"9780624058885","title":"Klara","description":"\u003cp\u003e\"Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die witlokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het. Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBoplaas het hulle afgeskud. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOf so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom - Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met 'n halwe Duitser te trou en landuit te vlug - maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKlara is 'n verhaal met 'n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks én hartverskeurend. Dis nie aldag dat 'n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mari%C3%ABl+le+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eMariël le Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mariël le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375742468259,"sku":"9780624058885","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624058885_b7e0efbe-437b-41b6-9a1e-fa7f6f70a1ff.jpg?v=1776478787","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624058885","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}