{"product_id":"9780624063674","title":"Hermien en die hartedief","description":"\u003cp\u003eHermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van 'n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie. \u003cbr\u003eSy wat Hermien is, het 'n baie gawe kêrel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om 'n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . hy's Jamie . . .\u003cbr\u003eHermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op 'n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou en sy sê ja, daar's 'n onverwagse swangerskap en les bes 'n verwarde vakansie in Italië. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy's te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart.\u003cbr\u003eJamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam álles kan hê, maar eers moet hy én Hermien albei 'n groot stuk grootword aanpak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anita+du+Preez\" class=\"contributor-link\"\u003eAnita du Preez\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anita du Preez","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375761637539,"sku":"9780624063674","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624063674_171ce535-c995-47c8-a9cd-924796992493.jpg?v=1776478872","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624063674","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}