{"product_id":"9780624063704","title":"Blinde liefde","description":"\u003cp\u003eKarla bedank haar werk by 'n trattoria op Stellenbosch om as sjef en bemarker op 'n gasteplaas naby Malmesbury te gaan werk. Eers nadat sy op die plaas aangekom het, hoor sy dat daar kort tevore 'n moord gepleeg is en dat die uiters aantreklike nuwe eienaar, Hugo Joubert, die hoofverdagte is. Nogtans is sy dadelik baie sterk aangetrokke tot hom. \u003cbr\u003eTot haar skok is daar ook groot finansiële probleme op die plaas en Karla moet bitter hard werk om van die gastehuis 'n sukses te maak. Intussen word haar innerlike woelinge daagliks meer. Is Hugo sy broer se moordenaar? Wat behels die eienaardige verhouding tussen hom en die beeldskone Natalie van die buurplaas? En kan Karla regtig daarop reken dat daar nie ná al die jare ook in Londen, waar hy eintlik bly, 'n meisie op Hugo wag nie? \u003cbr\u003eDie moord, die spoke in die gastehuis, haar eksman en Natalie maak Karla se lewe daagliks ál moeiliker. Dit is asof haar lyf een taal praat en haar verstand 'n ander. Is dit dalk 'n geval van blinde liefde?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Hamersma\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Hamersma\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Hamersma","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375761735843,"sku":"9780624063704","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624063704_3ab0da2c-d416-4d69-a9c8-7a671d0b3d21.jpg?v=1776478876","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624063704","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}