{"product_id":"9780624063957","title":"Die jaar toe Emma begin kook het","description":"\u003cp\u003eSjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar ná die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met 'n mes mis. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op dié kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte . . . \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNet toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met 'n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en 'n sukses van haar nuwe werk maak? \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ilse+de+Korte\" class=\"contributor-link\"\u003eIlse de Korte\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ilse de Korte","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375554674851,"sku":"9780624063957","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624063957_0e52d4d9-2b8a-40ca-b198-cb46343ad743.jpg?v=1776478894","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624063957","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}