{"product_id":"9780624064831","title":"Sondag op 'n voëlplaas","description":"\u003cp\u003e\"Hy het op 'n voëlplaas grootgeword - 'n volstruisboerdery naby Oudtshoorn. En so gou as wat hy kon, is hy daar weg. Weg van al die kleindorpse benepenhede, die boersheid en die saai bestaan op 'n plaas. Weg van daai voëls! Het die wêreld daar buite hom nie kleintyd al geroep nie? Van die dag toe hy die eerste keer gehoor het van Parys en die uitspattige verekostuums van die Moulin Rouge. \u003cbr\u003eSy lewe ná die plaas verloop egter op die tipiese Suid-Afrikaanse patroon. Hy gaan weermag toe, trou, word 'n onderwyser, doen al die mannedinge . . . Maar iets klop net nie, en algaande kom hy in die greep van 'n groeiende onrus in hom, eintlik 'n soort intense verskeurdheid, wat onder meer lei tot 'n intense weersin in alle vorme van manlike kragdadigheid.\u003cbr\u003eEn toe word die mat heeltemal onder hom uitgeruk: twee skoolseuns beskuldig hom van molestering.\u003cbr\u003eHy weet nie presies wat hom getref het nie, veral nie waarom dit vir hom so 'n geweldige krisis is nie. Maar dit is asof hy instinktief aanvoel dat hierdie krisis, en ook die voorafgaande onrus in hom, te make het met sy verlede, met daardie plasie en daardie tyd wat hy as jongeling so naarstig wou agterlaat. \u003cbr\u003eHy gaan dus terug Oudtshoorn toe. Na sy jeugherinneringe. Na die tragiese geskiedenis van sy tante met haar eenoogseun, na die enigmatiese Andri met haar geheim in die Kangogrotte, na die ryk buurman John Bruwer wie se enigste seun in die grensoorlog gesneuwel het. \u003cbr\u003eSondag op 'n voëlplaas is 'n heerlike en holderstebolder indompeling in die raaisels van die lewe, maar dit is ook 'n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en die wyse waarop dit vir soveel Suid-Afrikaners deur 'n plaasverlede gevoed word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johann+Nell\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann Nell\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johann Nell","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375759147171,"sku":"9780624064831","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624064831_80e7eb98-181e-40ef-b2f4-b53063dc43ad.jpg?v=1776478910","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624064831","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}