{"product_id":"9780624068242","title":"Louisa du Toit Omnibus 8","description":"\u003cp\u003eWaaisand\u003cbr\u003eOorkant op die eiland \u003cbr\u003eDie uurgals\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters 'n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder 'n voertuig in. Dié gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van 'n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Oorkant op die eiland vertrek Gert en Corrie Pullen oorsee, en hul dogter Janetta gaan kuier saam met haar kêrel, Isidor, by sy ouerhuis teen die Oranjerivier. Corrie is bekommerd om haar dogter na totale vreemdelinge te stuur. In die weke wat volg, sou Janetta meermale wonder of haar ma 'n voorgevoel gehad het, want op Stroomlangs is daar gesindhede en duisterhede wat haar mateloos ontstel. \u003cbr\u003eBoweal is daar die moontlikheid dat haar lewe in gevaar is. . . \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn in Die uurgals wentel worstel die inwoners van Victorina, die ietwat verwaarloosde maar steeds sierlike woning, met intense problem soos drankmisbruik, buite-egtelike verhoudings en familietwiste. Dan word die uurglas omgekeer, en saam daarmee almal se lewens.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louisa+du+Toit\" class=\"contributor-link\"\u003eLouisa du Toit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Omnibus\" class=\"contributor-link\"\u003eOmnibus\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louisa du Toit,Omnibus","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375596748963,"sku":"9780624068242","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624068242_bc24b4a6-be8e-4544-ad81-0ea8b61f0104.jpg?v=1776479128","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624068242","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}