{"product_id":"9780624068303","title":"Brigadier en die raaiselponie","description":"\u003cp\u003eZahn se ouers is geskei toe sy en haar suster nog klein was, en haar pa het onlangs weer by hulle doen en late betrokke geraak. Hulle gaan vir die skoolvakansie kuier op 'n vakansieplaas in die Harkerville-woud, naby Plettenbergbaai, sodat hulle haar pa en sy nuwe vriendin, 'n juweliersware-ontwerper, beter kan leer ken. \u003cbr\u003eDie huis is spesiaal so gekies dat Zahn se perd, Brigadier, kon saamkom: Daar is stalle en ander perde en roetes vir uitritte in die bos in die omgewing. Sommer gou ontmoet Zahn twee plaaslike seuns wat haar saamnooi op 'n uitrit. Maar die oggend van die uitrit is dit mistig en reenerig, en Brigadier, wat die ooptes van Melkbosstrand gewoond is, is onrustig. \u003cbr\u003eVerder spook Sibella, die holistiese geneser wat in 'n kothuis op die plaas bly, se sydelingse opmerking oor naglopers ook nog by Zahn. Dit word 'n vakansie waarin geheime uitkom, raaisels opgelos word en 'n uitgebreide laslapgesin mekaar weer probeer vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marga+Jonker\" class=\"contributor-link\"\u003eMarga Jonker\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marga Jonker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584706724003,"sku":"9780624068303","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624068303_ddaba8f1-44af-44d4-9ff9-29ad7531b4e1.jpg?v=1776479133","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624068303","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}