{"product_id":"9780624069652","title":"Konstante Revolusie","description":"\u003cp\u003eDie geskiedenis van Naspers en Media24 saamgevat.  Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne 'n eeu gegroei het tot 'n globale mededinger - en dit boonop op die gebied van tegnologie. Dié versameling essays, deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawêreld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eProfessor Lizette Rabe was die eerste vrou wat aangestel is as redakteur van 'n Afrikaanse publikasie by Naspers, en ook die eerste vrou aan die hoof van die Universiteit van Stellenbosch se joernalistiekskool. Sy was redakteur van die vrouetydskrif Sarie van 1994 tot 2001 toe sy haar joernalistieke loopbaan van twintig jaar verruil het vir een in die akademie.\u003cbr\u003eRabe is outeur, mede-outeur of samesteller van verskeie boeke, lid van verskeie professionele verenigings, nasionaal en internasionaal, was raadslid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en sameroeper en lid van verskeie beoordelaarspanele, onder meer vir Media24 en Vodacom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lizette+Rab%C3%A9\" class=\"contributor-link\"\u003eLizette Rabé\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lizette Rabé","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584708624547,"sku":"9780624069652","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624069652_49e79a9e-c514-4969-9227-0f4c87e1445b.jpg?v=1776479302","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624069652","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}