{"product_id":"9780624069881","title":"Diepsee","description":"\u003cp\u003eDiepsee is 'n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: 'Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgelê word.' Daar is verlate soutpanne waar mense ná jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te bewandel; 'n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders in dié onherbergsame wêreld, in 'n tyd toe die beskawing nog ver kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van 'n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die humoristiese. Die unieke landskap is aan dié verteller en mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis daarheen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+E.+Kotze\" class=\"contributor-link\"\u003eE. Kotze\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"E. Kotze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375806628003,"sku":"9780624069881","price":245.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624069881_0e619d14-52f2-4b13-bef8-562c51b5738a.jpg?v=1776479308","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624069881","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}