{"product_id":"9780624070153","title":"Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat","description":"\u003cp\u003e'Op 'n dag skraap ek my moed bymekaar: 'Eugene, hoe voel dit om 'n ander mens dood te maak?'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy gesigspiere trek onwillekeurig in afgryse. 'Die mens, die slagoffer, gee 'n reuk af,' sê hy. 'Ek kan die reuk vandag steeds herroep. Dit walg my tot in my siel toe, daardie reuk van vrees wat deur daardie mens se sweetgaatjies en liggaamsvog na buite bars.''\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie bloed van tientalle anti-apartheidaktiviste sit aan Eugene de Kock hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die vergestalting van boosheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIs daar enige menslikheid aan die man wat talle 'n monster noem en hoe het hy so geword? Anemari Jansen gaan soek na antwoorde in De Kock se streng grootwordjare, sy eerste blootstelling aan grutonele as jong polisieman aan die Oos-Rand en in die Grensoorlog waar hy as lid van Koevoet 'n jagter van mense geword het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJansen het eksklusiewe toegang tot De Kock se familie, asook oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas gehad. Sy skets 'n prentjie van 'n hoogs intelligente, dog komplekse mens wat van kindsbeen af 'n buitestaander was. De Kock het ook sy dagboeke en 'n ongepubliseerde manuskrip aan haar beskikbaar gestel - hieruit haal sy groot dele direk aan. In sy eie woorde is hy skreiend eerlik - De Kock skram nie daarvan weg om van sy wandade in detail te beskryf of sy opdraggewers te identifiseer nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek skets nie net die era en omstandighede wat tot Vlakplaas gelei het nie, maar bied ook insae in De Kock se menslikheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anemari+Jansen\" class=\"contributor-link\"\u003eAnemari Jansen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anemari Jansen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375684436131,"sku":"9780624070153","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624070153_8de9beb8-04a4-45a5-95f6-b75cd002fbc6.jpg?v=1776479338","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624070153","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}