{"product_id":"9780624072942","title":"Ena Murray Keur 6","description":"\u003cp\u003eSkynglans van die maan\u003cbr\u003eWewenaar van Groene Weide\u003cbr\u003eTerug na Kolkbaai\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoe, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel... Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lewe die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Wewenaar van Groene Weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is haar skuld. Nou is dit ook haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda teesinnig betrek by die wee van miljoeners en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die verskyning van die haas perfekte Lucille Herbst.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Terug na Kolkbaai keer Hannelore na elf jaar in die stad na die vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar...tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nie wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ena+Murray\" class=\"contributor-link\"\u003eEna Murray\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Omnibus\" class=\"contributor-link\"\u003eOmnibus\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ena Murray,Omnibus","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375687844003,"sku":"9780624072942","price":245.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624072942_9e6e39ab-9762-43c9-b6a6-afe10e941470.jpg?v=1776479607","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624072942","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}